aksie tel Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Aksie agter jou woorde …
deur Surene Esterhuizen

Aksie agter jou woorde – dis wat saak maak!

Verlede Vrydagaand het ek Cape Town Happening se Season Finale van Battle of the Sexes bygewoon in Brackenfell by The Vineland on Alpha Guesthouse. Soos dit mos maar gaan by sulke events loop mens altyd iemand raak wat jy lanklaas gesien het. Leoné groet my ook met ŉ “wanneer kom jy by my braai” en voordat ek nog my mond kon oopmaak om haar te antwoord, antwoord sy sommer self met “seker wanneer ek jou nooi”!! Netso!! Nou ja, daar word toe dadelik ŉ vinnige braai gereël vir Saterdagmiddag.

Ek is nogtans skepties, want mens is mos maar gewoond aan die raakloop van iemand en die “ons moet kuier” en die feit dat daar niks van kom nie, want ek is self skuldig daaraan.

Voor Vrydagaand se curfew het sy vir my hulle location gestuur en weer die afspraak bevestig. Was dit nou die lekkerste kuier wat ek in ŉ lang tyd gehad het!! My selfoon was in my handsak en ons het so lekker en wyd gesels, dat ek nie eens een maal gedink het daaraan om vir boodskappe te kyk op my foon nie! Sjoe! En soos ons twee gechat en geclick het sou mense nooit kon raai dat daar ŉ 20 jaar ouderdomsverskil is nie. Dankie, liewe Leoné, vir die on the spur of the moment kuier wat alle verwagtinge oortref het. Vir die herinner daaraan, dat mens aksie agter jou woorde moet sit. Dis my doel om ook aksie agter my woorde te sit vir die res van 2020 en daarna.

Nou weer terug op die raakloop van mense … ek self was al vele kere in ŉ situasie waar jy iemand raakloop wat sê ons moet koffie of kuier of iets. Omdat ek redelik flexible is, los ek dit maar altyd in die hande van die ander persoon deur te sê hulle kan afspraak reël soos dit vir hulle gerieflik is, want ek is flexible – veral as hulle nog kleiner kinders ook het wat in ag geneem moet word – voordat ŉ mamma vir haarself ŉ bietjie tyd kan vat.

Die ander situasie waarin mens jou soms bevind is wanneer iemand vir jou ŉ oop uitnodiging gee en sê kom kuier enige tyd. Ek voel soms ek wil nie voorbarig wees nie, maar na aanleiding van die naweek en ŉ oop uitnodiging aan my, het ek vanmiddag besluit: dis nou tyd, ek gaan daardie oop uitnodiging opvolg en myself uitnooi, want ek is lus vir ŉ kuier saam met dié lekker mense.  Oor ŉ paar weke deel ek foto’s met julle oor ŉ stukkie hemel op aarde – sommer ŉ hanetreetjie uit die Kaap! Ek kan nie wag nie.  En by the way as jy ŉ oop uitnodiging het, is dit nie voorbarig om jouself te nooi op ŉ tyd wat jy kan gaan nie. Die persoon kan steeds sê as daardie tyd nie pas nie en ŉ nuwe kuier tyd voorstel.

Verder, en steeds
na aanleiding van die naweek, is daar ŉ paar mense met wie ek in die laaste
paar maande gechat het en die woorde “ons
moet kuier” is elke keer gebruik … I’m
gonna make it happen! Want ek het dit nie net gesê oor ek dit ŉ gewoonte
sê-ding wil maak nie, maar omdat ek werklik
ŉ tydjie saam met daardie spesifieke persone wil deurbring en ek nie
meer gaan wag tot wanneer hulle die moed bymekaar gaan skraap om dit te reël
nie. En as daar daarna nie iets van kom nie, dan het ek gedoen wat ek moes. Watch this space!!!

The post Aksie agter jou woorde … appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.