LAPA Kinder en Jeug Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Jakkals en Wolf 2
Jakkals en Wolf 2 deur Wendy Maartens met illustrasies deur Gerda Smit, uitgegee deur Lapa Kinder- en Jeug.

Ek het so lekker gelees aan Jakkals en Wolf 2 dat ek skoon spyt is dat ek nie die eerste Jakkals en Wolf boek ook onder oë gehad het nie. Ek het so verlang na my pa, want hy het altyd vir ons Jakkals en Wolf stories vertel toe ons kinders was, want soos op die agterblad staan word Afrikaanse kinders al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf.

Ten spyte daarvan dat Jakkals en Wolf mekaar nog al die pad probeer uitoorlê, bly hulle steeds beste maats. Arme Wolf is nie heeltemal so slim soos Jakkals nie en trek baie kere aan die korste end.

Ek het heerlike gelag vir die avonture en streke van die twee maats.

Jakkals en Wolf 2 is ideaal vir kinders van 5 jaar en ouer. Mamma en Pappa sal ook die stories geniet en lekker nostalgies raak oor hulle kinderjare.

The post Jakkals en Wolf 2 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Resensie -Jani Jonker gloei in die donker
Jani Jonker gloei in die donker deur Fanie Viljoen, met pragtige illustrasies deur Emily House

ISBN 9780637005586, LAPA Kinder-  en Jeugboeke, Sagteband @ R160

I wish I was a glow worm: A glow worm’s never glum. ‘Cos how can you be unhappy When the sun shines out your bum!

Hierdie oulik boekie wat geskik is vir jong lesers van 9+ jaar het my onmiddellik aan dié gediggie laat dink!

Jani Jonker en haar jonger boetie, Martin, jag vuurvliegies. Jani probeer hard om die eerste een te vang om te keer dat Martin haar vir ŉ derde keer wen.

Sy word verras deur ŉ besonder helder vuurvliegie. Maar toe die vuurvliegie haar byt, is sy minder beïndruk. Die bytplek brand soos vuur. Daardie aand in die bed gebeur ŉ vreemde ding. Jani begin in die donker gloei! Sy besef sy gaan die bespotting van die skool wees. Sy probeer hard om haar ma te oortuig om nie skool toe te gaan nie, maar sy slaag nie daarin nie.

Allerhande dinge begin gebeur wat haar in situasies plaas waar sy saans saam met maats moet wees … in die donker! Hoe gaan sy die geheim vir haar klasmaats wegsteek? Wat gaan hulle doen wanneer hulle uitvind Jani Jonker gloei in die donker? Uitvind gaan hulle verseker, want daar is net te veel dinge wat teen Jani tel!

Dis ŉ lekker-lees boek en laat my weer in verwondering oor die wonderlike kinder- en jeugboeke wat beskikbaar is. Ek beny mense soos Fanie Viljoen hulle wonderlike verbeelding om sulke lekker stories uit te dink.

Ek gee hierdie boek maklik 5 sterre, want as ek dit so geniet het sal ons kinders dit beslis nog méér geniet.

The post Resensie -Jani Jonker gloei in die donker appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.