#leefliefde Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Stefaans Coetzee – Onbeskryflike genade
Titel: Onbeskryflike genade
Skrywer: Stefaans Coetzee
ISBN: 978-0796-32328-6
Uitgewer: Lux Verbi, druknaam van NB-Uitgewers/Publishers

Boek gelees op Libby, maar dis verkrygbaar by alle boekwinkels. Hulle kan ook vir jou bestel of bestel by Graffiti Boeke.

Dis nie ‘n resensie of jou gewone lesersindruk nie, maar dis wat ek wou sê nadat ek die boek gelees het.

Ek het eers te vining begin lees. Toe begin ek oor en toe lees ek proe-proe verder, want dis ‘n boek wat ‘n mens bietjie moet oor na dink na elke hoofstuk. Ek het hierdie boek reeds gedurende Oktober 2023 gelees en ek wou graag dadelik ‘n lesersindruk skryf, maar ek kon net nie onmiddellik nie.

“In Desember 2022 het die opskrif ‘Blomplanter skryf resensie’ my op ‘n geestelike reis gesit, op soek na myself.” Sê Stefaans Coetzee.

As Onbeskryflike genade jóú, die leser, nie ook op ‘n geestelike reis gaan plaas nie, dan weet ek nie. Dis waarom ek nie onmiddellik iets kon skryf nie. My eerste gedagtes was hoe kon die man staande bly te midde van al die dinge wat hy moes deurmaak? (Ja, ek wéét hy het gekies. Maar nogtans … hoe?) Na ‘n gesprek met iemand wat ‘n resensie moes skryf, maar dit nie gedoen het nie, omdat sy nie geglo het dat hy eerlik is nie, kon ek net nie dadelik iets skryf nie. Ek was te bang die invloed van daardie gesprek wys.

Soms kan mense maar lekker uitgesproke wees oor ander, en dan vergeet dat woorde ook die siel doodmaak. Daar loop dalk nie bloed nie, maar die emosionele skade vat soms jare om te herstel. Soms herstel dit nooit.

Ek het wel geweet: as ek myself ‘n Christen wil noem, dan moet ek met ander oë na hierdie boek begin kyk sonder invloede van buite. Ek het intusssen ook die eerste boek, Wit Wolf, gelees, wat geskiedkundig maar net alles bevestig wat in die tweede boek staan. Maar in Onbeskryflike genade het daar nou al ‘n paar jaar verloop.

So is ek en Stefaans Facebook vriende en ek sien alles wat hy skryf. Ek sien hoe hy ander skrywers se nuwe boeke deel op Facebook en hulle bemark. Ek neem kennis hoe hy die stigma wat aan hom kleef letterlik dood leef en dood skryf. Ek sien hoe hierdie man nie wegkruip agter sy verlede nie. Hy LEEF! Ja, hy leef in hoofletters! En ek dink … dis nou tyd om te skryf wat ek dink van Onbeskryflike genade. Toe lees ek Wit Wolf en luister na ‘n getuienis van so ongeveer ‘n jaar gelede en my trane rol.

God het daai dag toe die bomme geplant is reeds geweet hy gaan vir Stefaans Coetzee gebruik. Stefaans se eerste tree op pad na die man wat ons vandag van weet, was toe hy homself gaan oorgee het nadat hy gehoor het daar is kinders dood daardie dag. Hy wou miskien toe niks weet van Christenskap nie, maar God se plan was anders. Hy wou miskien nog steeds die swartmense dood hê, maar daardie dag was die eerste saadjie reeds geplant toe hy homself gaan oorgee het. So hard soos wat Satan werk om sy volgelinge te hou, net so geduldig is God wanneer Hy met jou begin werk.

Die pad was lank en ons stap deur Onbeskryflike genade saam met Stefaans en ons sien hoe die Here met hom bly bemoeienis maak het terwyl hy niks van Hom wou weet nie. Hy was gevonnis vir 40 jaar, maar het slegs sowat 19 jaar uitgedien. God het omstandighede in die tronk so gebruik dat Stefaans geleidelik in ‘n rigting beweeg het, waar hy uiteindelik sy hart vir die Here gegee het. Soos hy sê hy het daardie oggend nog met dwelms gesmokkel en geen planne gehad om tot bekering te kom nie. But God!

Ons stap die pad saam met hom deur sy kinderjare eers verlaat deur sy ma en toe gee sy alkolis-pa ook moed op. Later as jongman wat deur ‘n ideologie beinvloed was, sy swaarkry jare in die tronk, sy bekering, sy pad van vergifnis vra aan sy slagoffers, sy parool, sy aanpassing in die samelewing, sy hunkering na ‘n vrou en kinders. Hy wou ‘n man en pa wees op wie sy gesin trots kan wees. Vandag leef hy God se opdrag uit om sy naaste lief te hê deur die welwillendheidswerk wat hy doen.

Die dag toe hy uit die tronk kom, was hy gewapen met die sowat 3000 boeke wat hy gelees het, die programme en opleiding waarby hy betrokke was en die skryfkursusse wat hy gevolg het deur die jare.

Stefaans is vandag ‘n radio omroeper, skrywer, motiveringspreker, resensent en die organiseerder van die Santuary Boekfees in Klerksdorp. Steeds is daar mense wat die bomplanter-etiket om sy nek wil hou, want die son moet asseblief tog nie op ander skyn nie.

God glimlag oor jou, Stefaans, elke keer wat jy met liefde na jou vrou en kinders kyk en hulle druk en soen, elke keer wat jy entoesiasties is en vol vreugde daai video’s vir ons speel wanneer jy ‘n boek-pakkie oopmaak, want jy leef voluit! Jy is wel moeg oor daai etiket, maar jy laat nogtans nie toe dat mense jou vreugde in jou Vader steel nie! Ek glimlag saam!

Liewe leser, doen jouself ‘n guns: lees Onbeskryflike genade en help Stefaans om daardie etiket af te hou. God het reeds!

Volg gerus die skakel as jy na Stefaans Coetzee se getuienis wil luister, want hy is nou klaar daarmee – God het hom immers ‘n nuwe lewe gegee!

Ek wag vir jou volgende volbloed fiksie boek, Stefaans. Dallk moet jy net eers julle liefdesverhaal skryf, voordat jy die krimi skryf! 😉

The post Stefaans Coetzee – Onbeskryflike genade appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.