Loot Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Katvis deur Annelie Botes
Penguin Random House SA R300.00 Publikasiedatum: Mei 2023

Te koop by: Takealot / Loot / Exclusive Books / Wordsworth Books / Graffiti Books

Die spreekwoord “haastige hond verbrand sy mond” was nog nooit waarder vir Marja as juis op hierdie tydstip van haar lewe nie.

Ná haar 12 jaar van hel saam met haar narsistiese patologiese leuenaar man, Gerhardus, skei sy hom uiteindelik. Sy doen oor die internet aansoek vir ’n pos as gastehuisbestuurder in die distrik Maclear. Sy besluit om vir niemand te sê waarheen sy gaan nie. Allermins haar ma, wat ontevrede is omdat sy van die skatryk Gerhardus geskei het. Sy vlug weg na ’n plek waar sy die stilte en natuur kan geniet, viool kan speel en haarself net weer vind.

Toe sy op die gasteplaas aankom, is die afgeleë plek en die verwelkoming allermins wat sy verwag het.

Sy is gekatvis! Sy merk elke dag af en wag haar kans af om te probeer ontsnap. Sy kan nie glo dat sy in die hande van ’n psigopaat beland het nie en sy moet die situasie met haar gebrekkige sielkunde kennis benader.

Sy besef die enigste manier om die foltering en aftakeling te oorleef is om haar ontvoerder te laat dink dat sy aan sy kant is, hom begin aanvaar. Haar herinneringe aan haar ma, haar viool en die mense van haar grootword-dorp hou haar staande en laat haar uithou. Onwillig leer ken sy haar ontvoerder en weet waarom hy doen wat hy doen, maar sy wil eintlik niks van hom weet nie.

Die einde is nie heeltemal wat mens verwag het nie, maar die leser aanvaar dit dankbaar saam met Marja, al is dit so stomp afgesluit.

Katvis spreek ’n baie moeilike onderwerp aan en dit sit nie in elke skrywer se broek om dié tameletjie aan te pak nie.

Die skrywer sê in haar skrywersnota dat ten spyte daarvan dat die verhaal lewensgetrou is, is enige ooreenkomste met die werklikheid bloot toevallig. Ek glo egter die skrywer moes intensief navorsing gedoen het hieroor en moontlik ook met iemand gepraat het wat in ’n soortgelyke situasie was.

Op sosiale media het dit lekker gegons oor Katvis. Woorde soos ongeloofwaardig, onaanvaarbare kru taal en so meer is geuiter.

Ongeloofwaardig? Ek wonder of die persone wat dit dink ooit ’n idee het presies wat alles gedek word deur die term ‘katvis’? Dis ’n wrede werklikheid wat bestaan.

Jy kan fisies in ’n Marja-situasie beland of selfs aanlyn ingekatrol word. Lees gerus die skrywer se “Waarskuwings dat jy gekatvis word”. Dit is beslis waardevolle inligting en kan beslis met enige iemand gebeur.

Kru-taal? Lesers kla gedurig hulle intelligensie moet nie onderskat word nie. Die skrywer het met kru-taal sekere karakters getrou aan hulle aard uitgebeeld. As sy dit nie gedoen het nie, sou daar beslis ook kommentaar oor ‘ongeloofwaardige karakters’ gewees het.

Ek het op ’n stadium bietjie navorsing gedoen oor katvissery. Ek het met verskeie vroue en mans gesels wat in so ’n situasie was waar hulle deur mense op afspraak-webtuistes gevang is.

Mense speel op ander se gevoelens en vroue wat eensaam is word bitter maklik gevang. Ek het in die begindae van Covid op die Scrabble-toep met iemand te doen gehad wat gedink het hy kan my met ’n slapriem vang … dit was waarom ek begin het met navorsing oor katvissery wat gelei het tot ’n openbarende drie-deel blog.

Steeds word mense daagliks keer op keer gevang, want net moontlik is die volgende persoon eerlik en die een.

’n Ander vorm van katvis is wanneer mense gevang word met sogenaamde beleggings moontlikhede en hulle word dan uit hulle swaarverdiende geld geswendel. Dis egter hartseer dat dieselfde persoon oor en oor met dieselfde beloftes van rykdom gevang word.

Onrealisties? Ongeloofwaardig? Gaan lees maar gerus eers self meer op oor hierdie tema voordat jy sommer net vir Katvis afskiet.

Ek beveel Katvis beslis aan omdat die tema iets is wat steeds daagliks gebeur. Jy mag dalk net met ’n bietjie meer binne-kennis iemand anders later kan help.

Ek lees wyd in verskeie genres en ek gee Katvis 5 sterre 🌟 vir ’n goeie en gewaagde storielyn.

#sureneleeswyd #penguinrandomhousesouthafrica  #katvis  #anneliebotes

The post Katvis deur Annelie Botes appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.