Middernag Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Bloedsomer
indrukkompetisie

NB-Uitgewers/Publishers

Titel: Bloedsomer
Skrywer: Sidney Gilroy
Uitgewer: Human & Rousseau (2024)
ISBN: 9780798184212

Nog lank voordat Bloedsomer op die rak beland, trek sy voorblad onmiddellik my aandag – dis immers in my gunsteling kleur! Ek kon dus nie wag om die boekgesprek in Durbanville by te woon en my getekende kopie in my hand vas te hou nie!

Wie is my gunsteling skrywer/s? Dis eenvoudig – as jy in Afrikaans skryf, is jy my gunsteling. Ek lees redelik wyd oor verskeie genres, maar ek moet erken dat ek ‘n krimi verslaafde is. Natuurlik is dit ook nou so dat ek soos menige ander Suid-Afrikaners met Deon Meyer begin het. Daarna het ek Madelein Rust se boeke gelees vanaf die 13de Kaart tot by die onlangse Siembamba. Nou probeer ek my kloutjies op so veel as moontlik Afrikaanse krimi skrywers se boeke te lê as wat my begroting toelaat.

Wat trek my aan van Sidney Gilroy se boeke? Behalwe dat hy oor kleur- en kultuur grense in ‘n karakter se kop klim, het hy met Bloedsomer so wrintiewaar in ‘n vrou, Petunia Moraleng, se kop geklim. Hoe kry hy dit reg?

Lesers wat Vlam gelees het, sal onthou dat Petunia eintlik, kaptein Petunia Moraleng van Parys, Vrystaat was. Sy was daar in ‘n situasie waar sy eintlik afgedank moes word. Sy het egter gevra, nee gesmeek, vir ‘n oorplasing en degradering. Nou sit sy in Mooibaai, besig om te voet ‘n woonplek te soek en moet rapporteer aan speursersant JP Hendriks, wat op sy beurt weer wonder wat hy met die quitter van die Vrystaat moet doen.

Sidney se boeke word gekenmerk daaraan dat hy sosiale kwessies as ‘n sentrale tema het. Hier word ons gekonfronteer met haweloosheid, maar ook die les geleer dat ten spyte van hulle haweloosheid, haweloses se lewe ook waarde het, dat dit tel.

Hy bring Petunia Moraleng terug as ‘n konstabel, die “under dog” in die storie. Sy het skaars in Mooibaai aangekom, toe die oorskot van twee jong vroue ontdek word en sy as die hoofondersoeker in die raaiselagtige moordsake aangewys word. Soos wat die ondersoek verloop, begin Petunia om weer haar waardigheid stukkie vir stukkie terug te kry.

Tydens die boekgesprek vra iemand Sidney oor hoe hy besluit op die name van sy karakters? Ek wil nie in té veel detail hier ingaan nie, maar bv Albaster se naam dui op die feit dat dit bietjie aandui waar sy vandaan kom en natuurlik die al ewige albaster wat sy altyd by haar het. Natuurlik is ‘n albaster so half niks werd nie en dis amper hoe die samelewing die 18-jarige Albaster as hawelose sien.

Die ondersoek neem ons op ‘n regte “wild goose chase”. Wat het Die Clowns, die matriarg van die Heemstra-familie se testament en ‘n Russiese skeepskaptein met mekaar in gemeen? Hoe word die moorde daaraan gekoppel?

Om agter die kap van hierdie byl te kom, moet jy jouself die guns bewys en jou eie kopie van Bloedsomer aanskaf en begin lees. As jy nog nie ‘n Gilroy-fan is nie, sal jy baie vinnig een word en die eerste reeks ook aanskaf!

Bloedsomer vlieg so vinnig van die rakke af dat dit reeds in tweede druk is. Skaf Bloedsomer aan by Graffiti Books aanlyn en by jou naaste boekwinkel.

© Surene Esterhuizen

The post Bloedsomer appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Boeke klets saam met Sidney Gilroy
Ek was bevoorreg om ‘n boeke klets by te woon saam met skrywer Sidney Gilroy. Daar is so baie gesels in daardie 90 minute dat ek werklik nie oor alles kan skryf nie. Maar dit wat die meeste vir my uitgestaan het, was toe Sidney meer verduidelik het oor sy karakter ontwikkeling.

Karakters

René onthou hoe iemand by ‘n vorige geleentheid vir Sidney gevra het om ‘n boek te teken  … nie as Sidney nie, maar as Solly. Hoekom sou Solly so ‘n indruk op ‘n leser gemaak het?

Sidney vertel waar kom Solly vandaan … soos hy sê niemand vra die vraag direk nie: Hoe durf jy as ‘n witman ‘n swart hoofkarakter kies?

Toe hy besluit het om krimis te skryf het hy ingeskryf vir ‘n kursus in speurwerk. Een van die dinge wat hy aangeraai is om te doen was om vriende te maak met regte polisiemanne. En dis presies wat hy toe gaan doen het. Vier was manlik en een vroulik. Drie was swart, een Indies en een wit. Op daardie stadium het hy nie geweet hoe lyk sy speurder nie. Gaan dit ‘n hy of ‘n sy wees? Gaan hy ‘n dwelmprobleem hê? Gaan hy ‘n drankprobleem hê? Gaan hy baie vloek? Daardie cliché – daar is altyd iets fout met die blêrrie polisieman. Sidney skryf baie op intuisie – hy doen navorsing en los dit dan dat dit in sy onderbewussyn amper soos ‘n maalkolk aangaan.  En dan eendag sal ‘n karakter na vore tree uit die waas uit en sê maar hier’s ek nou. Dit gebeur altyd so met sy goeie karakters … en Solly was so een.

Wat het Solly gemaak wie hy is?  Hy wou hê Solly moes normaal wees, mense moes van hom hou. As daar ‘n polisievan by jou verby ry met ‘n swart polisieman in en jy het Sidney se boeke gelees, moet jy kan dink: Hel, daai kan netsowel Solly wees. Hy moes werklik wees. Geloofwaardig wees. Waarom is hy swart? Want die realiteit is dat daar vandag minimaal wit, jong speurders is. Dis die realiteit van ons land en hy wou hê sy boeke moes die realiteit weerspieël.

Hoe is die res van Solly aanmekaar gesit?  Hy het by die polisiemanne gaan kuier aan huis. Hy wou weet wat sit tussen hom en die polisieman. En wat hy kan sê is: slegs ‘n blou uniform en Baretta 9mm. Dis die enigste verskil tussen ons wat hier sit en polisiemanne. Wanneer hulle huis toe gaan is hulle ma’s, hulle is pa’s. Hulle het dieselfde probleme as ons (ek en jy). Ons verwag net hulle moet hierdie super helde wees as hulle in die oggend in hulle Nissan NP200 klim wat tien teen een nuwe bande kort. Solly se menslikheid is wat mense na sy karakter aantrek.

René se terugvoer oor Solly is dat hy empatie wek. Hy dra so swaar aan alles wat hy ervaar, maar tog moet hy ook mense help.

Sidney het baie respek vir polisiemanne. Ons is gatvol van misdaad en ons is moeg van korrupsie en hoe strukture en dinge uit mekaar uit val, maar soms kyk ons nie verby die fasade om die mens agter die polisieman raak te sien nie. Daar is darem nog polisiemanne en -vroue is vir wie dit ‘n roeping is om in die polisie te wees.

René wil net graag vir Solly kos maak. Sy kry hom so jammer – as hy darem nog ‘n pie moet eet.

Hoekom is krimi-boeke so gewild?  As jy gaan kyk na die top verkopers op bv Amazon: is dit gewoonlik misdaadboeke of romanses. Hoekom? Want mense wil óf verlief wees óf hulle wil lees oor moord en doodslag. Hoekom? Sidney dink mense wil veilig voel. En dankbaar dat daardie dinge nie met hulle gebeur nie.

Dit dan oor karakters … volgende keer bietjie meer oor Sidney se kom vandaan

Website:  Sidney Gilroy

The post Boeke klets saam met Sidney Gilroy appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.