Moeksie Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Dag 1 ~ Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Op hierdie eerste dag van Vroue-maand wil ek hulde bring aan die eerste
vrou in my lewe: my Moeksie.

My ma was ’n streng ma, en ja, as kind het ek dit baie kere gehaat wanneer maats baie meer vryheid gehad het as ek. As ek dink aan die situasies waarin sommige van hulle hul bevind het, is ek bly oor die beperkings wat daar vir my was.

Vandag, self ’n ma, weet ek dit was goed. Dit het die fondasie gelê vir hoe ek my seun groot gemaak het. Ek en Sean het altyd gesprekke gehad oor waarom ek sekere dinge toegelaat of nie toegelaat het nie. Vandag sal ons steeds gesprekke hê wanneer ek wil hê dat hy nog ‘n keer moet dink voordat hy iets doen, omdat alles wat ons doen ‘n invloed gaan hê in ons lewens. Vandag is ek dankbaar om te sê: my seun is baie gebalanseerd en ek is trots daarop om te kan sê dat hy kan uitgaan en homself geniet sonder om uit te haak. En dit was die eerste gift van my ma wat ek kon oordra aan my kind. Dankie, Moeksie!

Nog voordat ek begin skoolgaan het, het sy my al geleer brei en naaldwerk
doen. Ek kon vroeg al self vir my poppe klere maak. Soos ek ouer geword het,
het sy my meer ingewikkelde dinge geleer van brei en naaldwerk. Ek onthou ook
toe ek nog in laerskool was, het ek vir myself tops en rokkies gemaak … my
eie patrone op koerantpapier uitgesny en deur Vader se genade het daardie
kledingstukke elke keer perfek gepas.

My ma was ook my grootse ondersteuner / bewonderaar. Sy kon maar te lekker spog met haar dogter by almal wat ore het om te hoor: my eerste kledingstuk wat ek van ‘n patroon af gemaak het ~ nogals ‘n lang grys jas, my eerste pakkie (romp en baadjie ~ dit was pienk van alle kleure), my eerste langbroek met ritssluiter en sakke, my eerste hekel lappie van ‘n ander ene af gehekel (nie eens ‘n patroon nie ~ dit was in my gunstelingkleur, rooi), my eerste lapverf lappie waarmee ek ‘n kinderkuns-kompetisie loshande sou verloor!! Sy het vir almal my (soms) power pogings gewys … met trots!!

Ai, liewe Moeks ~ hoe mis ek jou vandag in my lewe! Is trots dat juis JY my mams was, want JY het al hierdie dinge in my uitgebring deur my te challenge ~ my kind, jou hande is mos nie rond nie! Vandag mis ek die voorreg dat my kind jou as sy Ouma kon ken. Sjoe!! Hoe bevoorreg sou julle twee nie gewees het om mekaar te hê nie!

My ma was ’n bobaas-kok. Sy kon heerlik kook en bak. Ek kan darem nou al so ’n klein bietjie kook ~ nou nie op Mamma se vlak nie, maar daar is darem nie klagtes nie!

Ek wonder of my neefs, Bertus en Jaco, nog my eerste bak-poging kon onthou? Ek was net klaar met skool en het besluit toe die neefs kom kuier om ’n sjokolade koek te bak. Ek het gereken: hoe moeilik kan dit nou wees … mens volg mos net die instruksies. Nodeloos om te sê: mens kon iemand doodgooi met my poging. Moeksie se flop-vrye resep het ek geflop. Dieselfde met tannie Breggie se flop-vrye resep. Lynette het later opgedaag met ’n boks pre-mix … en selfs dit kon ek flop!

En Mamma – sy het die dag gered en ’n
eetbare sjololade koek gebak.  Dis nou 30
jaar later en steeds kan ek nie koek bak nie, maar ek kan ’n ordentlike
yskastert maak en selfs ’n malvatert poeding.

Mamma, dankie vir die vrou wie jy was
wat nie toegelaat het dat enige iets haar onderkry nie. Dankie vir die ma wat
jy vir ons was. Dankie Abba-Vader dat sy amper 29 jaar deel was van my lewe. Dankie
dat ek haar gene in my dra.

L♡VE you ALWAYS!

The post Dag 1 ~ Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.