Naledi Uitgewers Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Lesersindruk: Wanneer die krieke stil word
Lesersindruk: Hierdie boek moes ek twee maal lees, want ek wou seker maak ek neem alles in. Ek is seker ek sal dit op ‘n later geleentheid weer lees.

Wanneer die krieke stil word uitgegee deur Naledi Uitgewers , geskryf deur Petro Kotze-Odendaal is ‘n sielsboek. ‘n Boek wat jou sal laat besef hoeveel jy het om voor dankbaar te wees. Jy mag dalk wens dat jy die innerlike krag en geloof kan hê wat Petro het. Jy mag dalk dink die gewese model en eienaar van ‘n modelskool is met ‘n goue lepel gebore, tot jy haar hele verhaal ken – dan mag jy dalk bly wees jy is nie modelmooi nie. Tog ervaar ek dat ons, haar liewe lesers net die puntjie van die ysberg sien.

Soos baie mense daar buite wat met ‘n glimlag op die gesig leef en die wêreld aandurf, het selfs ek ‘n paar mense en dinge wat gebeur het wat ek nie wil onthou nie. Wanneer jy ‘n boek soos die lees, is daar altyd iets wat van daardie dinge wat jy wil vergeet, trigger. Vir my persoonlik, was hier ‘n paar triggers – tog het ek volgehou en klaar gelees.

Petro word gereeld gevra waarom sy nie geloop het nie – as jy nog nooit self in ‘n verhouding was met ‘n narsis of ‘n abusive man nie, sal jy nooit ooit verstaan hoekom sommige vrouens nie kan loop nie. Sy was gelukkig dat die Here self haar verlossing bewerkstellig het.

Die eerste vyftien hoofstukke het ek gelees met ‘n effense onderliggende angstigheid in my, want ek het nie geweet wat om volgende te verwag nie. Hier vanaf hoofstuk sestien by die hoofstuk genaamd Nogtans waar nóg ‘n ramp Petro tref, ervaar ek ‘n onverwagse rustigheid. Ten spyte van die ramp wat haar tref, sien Petro steeds positiewe dinge tussen al die negatiewe raak. Sy bly steeds biddend in geloof … sy is immers ‘n gesalfde van God!

Deur die hele boek tot by die laaste hoofstuk, ervaar jy haar Daddy se goedheid en hoe elke belofte wat Hy deur haar lewe gemaak het een vir een nagekom word.

Dis nie net Petro se verhaal nie, dis ‘n geloofsreis wat elkeen van ons kan baat. Vergifnis is ‘n groot tema regdeur die boek – en vergifnis is iets waarmee baie mense sukkel.

As jy hou van biografiese boeke, kan jy maar gerus hierdie een nadertrek.

#sureneleeswyd   #vatnblaaskansmetsurene   #boekbeinvloeder

The post Lesersindruk: Wanneer die krieke stil word appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Resensie: Barmhartigheid aan duisende
Titel: Barmhartigheid aan duisende
Skrywer: Beatrix Kotzé
Uitgewer: Naledi
ISBN: 978-1-928530-04-6

Casey se gedagtes is by die veelbesproke karakter, Casanova, wat baie vrouens liefgehad het, maar hulle net gebruik het. Sy besef: sy is soos hy – al is sy ‘n vrou!

Foto krediet: Naledi

Barmhartigheid aan duisende is die debuut-roman van Beatrix Kotzé wat oor vier geslagte strek tot 2020. Casey Olivier is ‘n boorling van Velddrif in die Sandveld en het alles: ‘n goeie man, twee suksesvolle seuns en ‘n goeie werk by die munisipaliteit. Van haar vroegste tienerjare smag sy na dit wat sy nie mag hê nie en dit grens vir ander selfs aan onsedelikheid. Dis nie asof sy doelbewus haar man wil verneuk nie, dit gebeur net. Dit is in haar gene.

Die roman vat ons terug na 1861 na Casey se ontugtige oumagrootjie, Anna Smit – die eerste vrou in hulle familie wat ontrou aan haar man was en twéé buite-egtelike kinders gehad het. Mens sien hoe dinge daardie tyd toegesmeer was en hoe maklik ‘n kind net aan ander familielede weggegee is om groot te maak.

Die wit-bruin aspekte kom ook sterk deur in die roman, veral in die vroeëre deel van die verhaal. Later, ontmoet Casey ‘n bruinvrou, Cornelia Slingers en haar 3-jarige kleindogter, Sandy, in ‘n park. Hulle deel ‘n koeldrank en Casey dink daaraan dat sy nooit sou dink dat sy ‘n koeldrank uit dieselfde bottel as ‘n anderskleurige sou drink nie.

Die boek eindig op ‘n verrassende manier. Mens moet deurgaans fokus en mooi tussen die lyne lees, want Beatrix spel nie alles vir die leser uit nie.

Beharmtigheid aan duisende het ook ‘n geestelike aanslag, alhoewel dit nie baie sterk deurkom nie. Beatrix het ‘n lekker skryf-styl en die boek lees lekker maklik en mens wil dit nie sommer neersit nie.

ooOoo

Ek het die voorreg gehad om Beatrix te ontmoet op 28 Desember 2022. My ma is self ‘n Sandveldse-nooi en ek het Beatrix se manier van storie vertel baie geniet. Sy het so ‘n oulike sê-ding wat ek geweldig baie geniet het: Uitvind lê nog vir haar voor.

So lê uitvind vir ons almal voor, want niemand weet wat die dag van môre gaan behels nie.

Barmhartigheid aan duisende is verkrygbaar by Naledi teen R200 per boek. Kontak Tertia Swart by 078 648 8616. Hulle sal boeke versend teen ‘n geringe fooi. Ek is seker jy kan ook jou naaste boekwinkel vra om dit vir jou te bestel.

Lees ook gerus Danie Botha se onderhoud met Beatrix op Litnet.

The post Resensie: Barmhartigheid aan duisende appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.