silwerfontein hiking trail Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Silwerfontein staproete – ja of nee?
deur Vicky Pieters

Ons het ‘n hiking trip gereël omdat ons Julie die Vis gaan stap. Die een klomp het Vrydagaand op die plaas in ‘n ou bus gaan slaap (base camp) en 3 van ons het Saterdagoggend baie opgewonde om 6h00 vertrek om by hulle aan te sluit. Foto’s is geneem van ons 13 wat gaan hike. Ons het goed begin, maar toe raak dit bebos. Daar is orals land marks wat ons moet volg . Ons is oppad na ‘n grot toe waar ons gaan oorslaap en dit is so 7km. Ek vra toe wat doen ons dan vir die res van die dag in die berg?

READ MORE Silwerfontein Hiking Trail

Hiermee dus die res van die dag …

Wel, ons het begin berg en kranse klim. Muriel herstel van ‘n enkel operasie.  René het hoogte vrees en ‘n hart kondisie. Ek deel later pilletjies uit, want almal is in ‘n toestand.  Teen 12h00 het ons nog net 2.5 km gedoen en ons klim en klouter net al hoër. Selfs ek wil nie eens teen die nou randjies af kyk nie.

Toe begin die wind waai wat voel soos 500km ‘n uur. Jy gryp aan takke en bosse om nie af gewaai te word. Nou en dan gil iemand. Nêrens is daar ‘n plat stuk waar ons kan sit en rus om te eet nie. Ons het een maal almal teen ‘n skuinste gesit en eet toe energy bars.

Toe besluit die gesoute hikers ons is te stadig en loop vir ons weg. Die een couple het soms op seker punte vir ons gewag om te kyk of ons vyf stadiges okay is en dan is hulle weer vort. 15h00 kom ons by ‘n spot waar ons nie ‘n idee het waarheen nie en die wind slinger ons rond.

Toe bel Angelo die resque om ‘n helikopter te stuur, maar die wind was te erg en hy kan nêrens land nie. Hulle wil toe ‘n 4×4 stuur, maar hulle kan nie daar ry nie. Toe sê hulle ons moet aansukkel grot toe – die grot wat ons nie kry nie. Na ‘n paar oproepe na die ander klomp kry ons teen omtrent 18h00 die grot.

Raai wie kom ontmoet ons daar?! Die resque team het besluit hulle kom kyk of ons okay is. Hulle het van waar hulle parkeer het 40 min geklim. Ons sê toe ons gaan saam met hulle terug. Ons moes gou maak, want die son begin sak. Ons het 1 ½ uur lank afgeklim met ongelooflike support en liefde van die resque team. Dit was 2 uur se ry terug na die base camp waar ons karre is. Elke spier is seer en ek is uit mekaar gekrap.

Needless to say – NOOIT OOIT WEER NIE. Ek het Julie se Vis stap gekanselleer!

NABETRAGTING – Vir baie van ons groep was die stap ‘n eerste ervaring en dit het die meeste van ons afgesit om weer te gaan stap. Die stap word geadverteer, maar daar is geen verdere leiding gegee oor die roete en wat ons alles benodig nie. Al wat voor die stap vir ons gesê was is dat die takke ons gaan krap. Die ervare stappers het ook die res van ons agtergelaat en ek persoonlik dink dit was uiters onverantwoordelik hanteer.

Dit lyk na ‘n lieflike staproete, maar soos wat ons gesukkel het was dit glad nie genotvol vir ons nie en ons het niks van die mooi scenery gesien nie.

The post Silwerfontein staproete – ja of nee? appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.