verlig stres Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Ontvlug jy ook in romanses?
Ek is totaal en al verslaaf aan lees en ’n lekker romanse is maar net eenvoudig lekker!  Het jy geweet binne elke Romanza-titel van LAPA is daar ’n Het jy geweet? … no pun intended!! 😉

Het jy geweet dat wanneer jy ’n romanse lees, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel?

Het jy geweet dat wanneer jy ’n romanse lees, dit jou stres verlig op ’n natuurlike manier?

Het jy geweet dat wanneer jy ’n romanse lees, jy ’n gevoel kry van emosionele versorging omdat die held die heldin se diepste behoeftes verstaan?

Het jy geweet dat die jongste lesers is tieners en die oudstes is in hulle 90’s?

En daar is nog ’n hele paar Het jy geweet-vrae binne in elke boekie.

Waarheen ontvlug jy in jou romanses? Ek hoop op ’n werklikheid van ’n plekkie in die bos of by die see … sonder dat ek my oor finansies van die wegbreek hoef te bekommer. Ek hoop op iemand wat my sielsgenoot kan wees … iemand wat my stilstes en my siel kan verstaan. Iemand wat my kan laat lag … diep uit my maag uit.  Iemand wat rustig saam kan kuier om ’n lekker kampvuur met ’n heerlike glas wyn en sommer kan gesels oor alles en nog wat … of dit sin maak of nie. Ek hoop op iemand wat verby my minder mooi uiterlike sal kyk en my model-mooi innerlike sal raaksien. Ek hoop op iemand wat verby my Oros-lyfie sal kyk. Ek hoop op iemand wat verby my stekelrigheid sal kyk en die juweel wat ek vir spesiale mense wegsteek sal ontdek.

Ek koop myself bankrot aan romanses. Hoekom? Want diep binne in ons is ons almal opsoek na daardie perfekte maat wat ons sal aanvul. Daardie perfekte maat wat jou gaan aanvaar presies soos wat jy is … terwyl hy wil hê jy hom ook presies so moet aanvaar. (Die realiteit op die dating sites is egter iets heeltemal anders, maar meer daaroor later.)

Ek leen my boekies uit aan uitgesoekte mense … want dit moet mense wees wat boeke met dieselfde respek behandel as wat ek dit doen.  Een van my mensies, tannie Bie, is 80 jaar jonk. Ek leen soms ander tipe boeke soos ’n goeie speurverhaal ook aan haar. Met my laaste besoek aan haar sê sy vir my om maar net liefdesverhale te bring, asb. “Ek hou nie van moord en doodslag nie. Die held moet die heldin gryp, warm vry en hulle moet vir altyd gelukkig wees,” sê sy. Ek het so lekker gelag, want ai … wil ons dit nie maar almal hê nie? Daardie happily ever after?

Een van die ander mense vir wie ek my slapbankboekies leen, is vriend Kobus (67) en hy verslind behoorlik hierdie lekker liefdesverhale. Ek dink hy lees baie meer as ek. 🙂  My laaste kuiertjie by hom en sy vrou, het hy baie ontsteld gesê dat hy nou uit boeke is en sy voriges moet begin oor lees.  Nota aan self: onthou om met my volgende kuier nog boeke saam te neem. 😀

Nou vra ek weer … ontvlug jy ook in romanses? Of lees jy skelm aan daardie slapbandboekies te bang ander sien dat jy soetsappige romanses lees?

Shhht!! As jy nie gaan sê nie, gaan ek ook nie. 😉

The post Ontvlug jy ook in romanses? appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.