Die Bewonderaar Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Salemstraat deur Erla Diedericks
Hóé goed ken jy jou bure?  Kén jy hulle regtig?

Dis soos enige straat in enige voorstad van Kaapstad … getroude paartjies met of sonder kinders, dalk ’n huisvroutjie of twee, een wat ’n salon van die huis af bedryf en dan natuurlik om alles net ’n bietjie spice te gee: die seksbom … die een wat deur byna elke vrou in die straat beny word … óf vir haar lyf óf vir haar onafhanklikheid!

Twee skote klap in die stil oggendure! Die skok-nuus: Emilee het haar man, ML geskiet! Was dit ’n beplande moord? Was dit selfverdediging? Skielik loop die stories oor die oënskynlik gelukkige paartjie. Het ML rondgeloop? Het hy Emilee geslaan? Stefaans glo natuurlik glad nie dat ML ooit sy hand vir Emilee sou lig nie. Die Russiese seksbom met wie ML ’n verhouding gehad het, het op hulle laaste aand saam vir die eerste keer ML se humeur ervaar … en sy wonder?

Die inwoners van Salemstraat is in twee kampe: vír Emilee en téén Emilee. Dié wie die merke op Emilee se lyf gesien het, het simpatie met haar. Die manne wat saam met ML gekuier het, kan nie glo dat hy Emilee sou slaan nie. Al het hy ‘n voorliefde gehad vir rowwe pornografie wat hy graag vir die manne aangestuur het op WhatsApp en wat hulle self vinnig van hulle fone afgevee het. Emilee voel bedreig deur die oud weermagman, Stefaans. (Ek self was lus om hom ’n klap of twee te gee!)

Een van die eerste persone op die toneel is Riaan, die joernalis. Hy het suburbs toe getrek vir ’n rustiger lewe en wat kry hy? Die voorblad scoop van sy lewe op sy nuwe voorstoep!

Wat is die waarheid? Daar is Liz, die prokureur met die voorliefde vir sake waaraan niemand anders wil raak nie, en Ann, die afgetrede psigiater, wat agter die waarheid probeer kom. Hoe dieper hulle grawe, hoe meer geraamtes tuimel uit die kaste en hulle vind uit dat die verlede nie noodwendig iets is wat in die verlede bly nie.

Die einde het ’n onverwagse twist en dáárvoor, liewe leser, moet jy jou kopie van Salemstraat, uitgegee deur LAPA Uitgewers, aanlyn bestel by Graffiti Boeke. Anders vra jou naaste boekwinkel om joune vir jou te bestel.

Hoe vergelyk Salemstraat met Dominique en Die Bewonderaar?  Net soos die eerste twee boeke, is dit uitstekend geskryf. Ek sal egter twee keer dink voordat ek Salemstraat ook as ‘n riller klassifiseer soos die eerste twee boeke. Salemstraat is vir my meer ‘n mystery as ‘n riller. My nuuskierigheid om agter die kap van die byl te kom is baie meer geprikkel as wat ek ‘n angstigheid ervaar het soos bv met Die Bewonderaar.

Ek gee Salemstraat 5 sterre. Dit lees maklik, geen vervelige dele wat jy wil oorslaan nie en my nuuskierigheid was geprikkel tot op die einde.

The post Salemstraat deur Erla Diedericks appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Boekverslag: Die Bewonderaar
Titel: Die Bewonderaar

Skrywer: Erla-Mari Diedericks

Uitgewer:  Wenkbrou, ‘n druknaam van LAPA Uitgewers

ISBN: 978-1-7763-5508-2

I am not what happened to me, I am what I choose to become

Dominique du Randt, in die sekswerkerskring beter bekend as Courtesan,  word in hegtenis geneem vir die wrede moord op haar ma, Tess.

Dominique beland in die Molenberg-Psigiatriese Hospitaal, waar alle pasiënte as psigopate bestempel word. Alle bewyse wys direk na haar en niemand glo in haar onskuld nie.  Niemand glo ook dat sy deur ’n man agtervolg is wat homself Die Bewonderaar noem nie.

Behalwe miskien haar sielkundige, Martin, met sy eie eienaardighede. Hy besluit daarom om sy eie speurwerk te doen. Hy kry antwoorde wat hom stomslaan. In die proses hoor hy dinge van mense wat hy gedink het hy ken.  Hy ontdek die Ophelia-klub. ’n Plek waar donker fantasieë en vergrype uitgeleef word.

Tydens Dominique se verblyf in die Molenberg-Psigiatriese kliniek ontdek sy goedjies in haar kamer wat haar laat dink Die Bewonderaar hou haar dop. Net om later te ontdek dis weg. Die leser twyfel op hierdie stadium self in Dominique se onskuld. Wat as sy regtig ’n psigopaat is?

Dr Ann, die psigiater wat haar in Molenberg evalueer, is ’n anderste karakter wat beslis alle sielkundige reëlboeke weggooi met haar benadering tot haar pasiënte. Dit skemer wel effens deur dat sy nie aan Dominique dink as skuldig aan moord nie. Sy besluit ook op kunsterapie wat Dominique se behandeling beslis ’n hupstoot gee.

Een van die vroulike pasiënte verdwyn uit die Molenberg-Psigiatriese Hospitaal en dit oortuig Dominique nog meer dat Die Bewonderaar weet waar sy haar bevind.

Intussen soos wat Martin se ondersoek vorder vind daar nog ‘n paar moorde plaas, wat mens tog laat wonder of hy nie warm op die skuldige se spoor is nie. Hy word ook gedreig om op te hou snuffel. Hy kry nog verstommende leidrade wat teruglei na Dominique se kinderjare.

Terselfdertyd verdwyn Dominique en Martin vind uit waar sy is.

Word Dominique betyds gevind? Bestaan Die Bewonderaar? Wie het vir Tess du Randt vermoor en waarom?

Koop Die Bewonderaar en vind uit!! Die Bewonderaar sal jou nie die hele tyd net op die punt van jou stoel hou nie, want daarvoor sorg ‘n paar anderste karakters wat jou beslis met ’n glimlag aan hulle sal laat terugdink.

Dis nie die eerste boek van Erla-Mari Diedericks wat ek lees nie, maar haar eerste in dié genre. En Erla maak beslis haar merk hier tussen ander baie bekende en gewilde skrywers. Sy gaan hulle beslis “a run for their money” gee. Ek sal beslis meer van haar wil lees in dié genre.

The post Boekverslag: Die Bewonderaar appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.