liefdesverhaal Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Om aan ŉ ster te raak – Frenette van Wyk
Om aan ŉ ster te raak deur Frenette van Wyk, ISBN 978-1-77987-035-3 Romanza ŉ druknaam van LAPA Uitgewers

Die jeep kantel weer en haar kop ruk eenkant toe, tref die kant van die deur met ŉ harde slag. Alles om haar raak swart. (9)

Shiloh word wakker in bevind haarself half begrawe in die sandduin. Sy wonder waar Yusuf en die res van die toerlede is. ŉ Ent weg sien sy vir Azalay opstaan. Hy kyk by haar verby en sy kyk om. Sy sien die klomp kamele met hulle ruiters nader kom.

Hulle ontmoet vir Nouvel en besef hulle het op ŉ onverklaarbare wyse in die Arabiese woestyn beland. Hulle besef ook dat hulle met hom in Aramees praat en kom agter hulle het duisende jare in tyd teruggereis. Toe hulle by Nouvel se karavaangeselskap aankom vind hulle mettertyd uit dat hulle hul moontlik bevind in die jaar van Jesus se geboorte.

Saam met die drie wyse manne volg hulle die Bethlehemster. Azalay is ŉ toegewyde Christen en is opgewonde oor waar hy hom bevind en hoop om antwoorde op sy vrae te kry, Shiloh is opstandig oor haar onlangse egskeiding en die rede wat daartoe gelei het en as gevolg daarvan glo sy nie meer nie. Hul omstandighede is uitdagend. Azalay wil Shiloh beskerm, maar sy is wispelturig oor wanneer sy sy hulp wil aanvaar of nie.

Azalay se droom is om saam met die Wyse Manne die ster te volg. Gaan Azalay sy antwoorde kry en homself vind? Gaan Shiloh weer begin glo? Gaan die liefde seëvier?

Hoe gaan hulle die vreemde reis oorleef en weer terugkom in die 21ste eeu?

Dit was ŉ heerlike verhaal om te lees. Boeke van Frenette wat ek onlangs gelees het is: Vlinderdraai, Wintersprokie, Geliefde rebel, Soene in ‘n sandkasteel, Sonvanger en In sonskyn en storms. Juis omdat ek hierdie verhale gelees het was ek nuuskierig oor hoe Om aan ŉ ster te raak sy verloop sou neem en was aangenaam verras. Ek was in 2022 in Israel en dieselfde gevoel van absolute verwondering wat ek in Jerusalem beleef het toe ek in Jesus se spore gestap het, het ek met die lees van hoofstuk 20 beleef. Die versugting in my hart: I wish I was there!

©Surene Esterhuizen

The post Om aan ŉ ster te raak – Frenette van Wyk appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

ŉ Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé
ŉ Huis vir altyd is een van Cecilia se 2020 liefdesverhale en ek het lekker op die Libby App gelees aan hierdie dik boek.

Milan is ons heldin wat na haar ontroue man se dood in ŉ vliegtuigongeluk, haar rykmanslewe vaarwel moet roep en platsak Vaalkrans toe moet vlug en besit neem van ŉ erg verwaarloosde huis van haar man se tante. Sy moet gewoond raak aan bure wat sommer net in stap by jou huis en op ŉ dorpie te woon waar almal anders meer weet van jou lewe as jyself.

Ons beleef hoe sy haarself weer uit die put moet kry en deel in haar lief en leed op haar nuwe dorp. Sy leer gou haar bure is nie net nuuskierig nie, maar gee om vir haar. Haar benarde finansiële situasie kry haar gelukkig nie onder nie. Sy sien potensiaal in tannie Corrie se huis en begin uiteindelik ŉ leefstylwinkel. Sy is kreatief en ontwikkel in ŉ sakevrou van formaat.

Kort voor lank bevind sy haar in ŉ onkonvensionele tweede huwelik met ŉ kits gesin van drie kinders. Sy sluit ŉ vriendskap met Marietjie, die dominee se vrou – iets wat sy nooit in die stad sou doen nie!

Die boek eindig vir my op ŉ totale antiklimaks – glad nie wat ek verwag het nie, maar ek is tog opgewonde toe ek sien daar is wel ‘n tweede boek.

ŉ Kans op vir altyd (2021) vertel hopelik nou die res van die storie soos ek dit in my kop wou hê, maar nou is die boek op my Libby waglys en ek moet geduldig wag.

PS: Gaan Sue-Ann en Estie ook elkeen ‘n storie kry?

The post ŉ Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.