Naledi Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Lesersindruk – sel ses
ISBN 978-1-991256-98-0, Naledi Uitgewers

Stefaans Coetzee se nuutste publikasie, sel ses, bestaan uit nege kortverhale – een vir elke jaar wat Stefaans al op parool is. Saam vertel hierdie nege kortverhale vir ons ŉ klein stukkie van Roux Steyn se storie en hoekom hy werklik daar sit.

Na drie en twintig jaar in die tronk het Roux Steyn nou ŉ kans op parool, maar hy moet een jaar sonder geweld teen hom hê voordat hy in aanmerking kom. Hoe hy dit gaan regkry weet hy nie, want hy het die Anger Management-kursus al drie keer gefaal, maar: “Hy kan skoon loop. Vir sy dogter kan hy ŉ jaar lank almal se kak opvreet.” (bl. 47)

Soos Roux se verhaal ontvou, besef mens dat die tronk is nie vir sissies nie. Saam met Roux kom ons ook agter dat alles nie altyd is soos wat dit lyk nie. Op ŉ stadium kyk die geharde tronkbendeleier vir die eerste keer in sy lewe op na bo en ons besef hy is ook net ŉ verlore mens. “’n Gil klief uit sy keel. Laat my vrek voor ek mal word.” (bl. 59)

Hy voer ŉ skrikbewind as bendeleier en dwelmsmous en het al genoeg vyande gemaak wat sy besigheid sal wil oorneem. Hy word van beide kante deur die bewaarders en die ander tronkbewoners uitgedaag om weer te faal. “Roux pluk die mes uit. Kong struikel, val. Gil. Roux troon oor hom uit; klap die mes op die tafel neer.” (bl. 61)

Ek het hom werklik jammer gekry. Die tronklewe het hom in ŉ monster verander, maar binne elke monster skuil ook ŉ mens, ŉ man, ŉ broer en ŉ pa. Lees gerus sel ses en maak jou hart oop vir die Rouxs en die oom Blesse van die lewe. Moet ook nie vergeet van Babyface en Queen Africa nie – dit laat mens voel daar is minder veiligheid binne die tronkmure as daarbuite.

Die einde is verrassend, en bevestig net dit wat jy reeds raakgelees het en vul jou met dankbaarheid … vir die buitekant van die vierhoeke.

Bestel jou kopie aanlyn by Naledi Uitgewers, Graffiti Books of direk by Stefaans Coetzee. Die boek se prys is R260, koerier koste is addisioneel.

The post Lesersindruk – sel ses appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Resensie: Barmhartigheid aan duisende
Titel: Barmhartigheid aan duisende
Skrywer: Beatrix Kotzé
Uitgewer: Naledi
ISBN: 978-1-928530-04-6

Casey se gedagtes is by die veelbesproke karakter, Casanova, wat baie vrouens liefgehad het, maar hulle net gebruik het. Sy besef: sy is soos hy – al is sy ‘n vrou!

Foto krediet: Naledi

Barmhartigheid aan duisende is die debuut-roman van Beatrix Kotzé wat oor vier geslagte strek tot 2020. Casey Olivier is ‘n boorling van Velddrif in die Sandveld en het alles: ‘n goeie man, twee suksesvolle seuns en ‘n goeie werk by die munisipaliteit. Van haar vroegste tienerjare smag sy na dit wat sy nie mag hê nie en dit grens vir ander selfs aan onsedelikheid. Dis nie asof sy doelbewus haar man wil verneuk nie, dit gebeur net. Dit is in haar gene.

Die roman vat ons terug na 1861 na Casey se ontugtige oumagrootjie, Anna Smit – die eerste vrou in hulle familie wat ontrou aan haar man was en twéé buite-egtelike kinders gehad het. Mens sien hoe dinge daardie tyd toegesmeer was en hoe maklik ‘n kind net aan ander familielede weggegee is om groot te maak.

Die wit-bruin aspekte kom ook sterk deur in die roman, veral in die vroeëre deel van die verhaal. Later, ontmoet Casey ‘n bruinvrou, Cornelia Slingers en haar 3-jarige kleindogter, Sandy, in ‘n park. Hulle deel ‘n koeldrank en Casey dink daaraan dat sy nooit sou dink dat sy ‘n koeldrank uit dieselfde bottel as ‘n anderskleurige sou drink nie.

Die boek eindig op ‘n verrassende manier. Mens moet deurgaans fokus en mooi tussen die lyne lees, want Beatrix spel nie alles vir die leser uit nie.

Beharmtigheid aan duisende het ook ‘n geestelike aanslag, alhoewel dit nie baie sterk deurkom nie. Beatrix het ‘n lekker skryf-styl en die boek lees lekker maklik en mens wil dit nie sommer neersit nie.

ooOoo

Ek het die voorreg gehad om Beatrix te ontmoet op 28 Desember 2022. My ma is self ‘n Sandveldse-nooi en ek het Beatrix se manier van storie vertel baie geniet. Sy het so ‘n oulike sê-ding wat ek geweldig baie geniet het: Uitvind lê nog vir haar voor.

So lê uitvind vir ons almal voor, want niemand weet wat die dag van môre gaan behels nie.

Barmhartigheid aan duisende is verkrygbaar by Naledi teen R200 per boek. Kontak Tertia Swart by 078 648 8616. Hulle sal boeke versend teen ‘n geringe fooi. Ek is seker jy kan ook jou naaste boekwinkel vra om dit vir jou te bestel.

Lees ook gerus Danie Botha se onderhoud met Beatrix op Litnet.

The post Resensie: Barmhartigheid aan duisende appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.