Vriendin Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Dag 31 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Ek het nou vir ‘n paar dae niks  geskryf nie, maar dit was nodig om ‘n bietjie terug te staan en net dinge so ‘n bietjie te evalueer. Vroue-maand van 2020 dink ek het ‘n bietjie meer uit ons almal gevat as wat ons werklik gehad het om te gee, maar tog het ons dit êrens uit ons reserwes gehaal.

Behalwe dat ek seker die meeste geskryf het hierdie maand, het ek ook ‘n bietjie uit my gemaksone geklim en nie een nie, maar twee kort videos gemaak wat op sosiale media gedeel is. Dit is mos anders wanneer mens na jouself kyk op film of wanneer jy selfs net na ‘n stem opname van jouself luister. Mens voel nooit ooit goed genoeg nie, maar die besef dat mense in elk geval dit van my sien of hoor elke dag, het daardie barrier vir my afgebreek.

My laaste video het ek gevra wat wil ek vir JOU, vrou van 2020, sê: Wees JY die een wat jou vriendinne bemoedig, wat sê wanneer sy ‘n stunning rok aan het, wanneer haar glimlag jou dag ophelder. Wanneer sy drome het wat vir jou ridiculously impossible lyk, dan sê jy vir haar: Ja, jy kan!! Hoekom, vrou van 2020? Want JY kan hierdie jaar iemand se inspirasie-vrou wees: because YOU can!!!

Laat ons dan nou Augustus 2020 se vroue-maand afsluit met ‘n nuwe gewoonte wat die res van jou, jou vriendinne en enige ander vrou wat ooit jou pad mag kruis, se lewens sal verander!!

JY IS ‘N INSPIRASIE VROU, OMDAT JY KAN!!

The post Dag 31 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 3 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuzien

Vandag bring ek hulde aan een van favourite boeke: Koeke en terte, uitgegee deur Lux Verbi en geskryf deur Susan Coetzer – skrywer en motiveringspreker van formaat. Verlede jaar, Oktober, kry ek by ŉ ander Susan ŉ paar boeke vir my verjaardag.  Een van die present-boeke is Koeke en Terte. Ek het dit uiteindelik hierdie naweek klaar gelees. As julle weet hoe my bedkassie lyk, sal julle weet daar lê ten minste so tussen 8 tot 12 boeke wat elkeen wag om ŉ beurt te kry.

Foto: NB Uitgewers webtuiste

Eerste ding wat ek lees is die agterblad wat begin met: Skou koek, tipsy tert of gevulde pannekoek. Onmiddellik wonder ek: Watter een sal ek wees? Ek love gevulde pannekoeke en suurlemoentert.  Ek  mag dalk later in die boek verras wees oor presies wie en wat die outjies is.

Maar die res van haar agterblad sê duidelik dat ons vroue almal van mekaar verskil soos koeke en terte in ŉ tuisnywerheid.  Susan moedig vroue op ŉ humoristiese manier aan uit te vind presies waar pas jy in en om uit te rys tot die beste weergawe van jouself. Of jy nou koekerig, terterig of iets tussen in is … nie een van ons is volmaak nie, daar is altyd ruimte vir groei. Veral in naaste liefde, deernis en aanvaarding.

Die boek is baie interessant saamgestel. Susan het nie net geskryf oor koeke en terte nie. Sy het 30 hoofstukke waarin sy eetgoed gebruik het om vroue mee te beskryf. Elke hoofstuk begin met ŉ beskrywing bv. hoe lyk  ŉ skuimpie? Watter tipe vrou is dit? Of hoe lyk ŉ skou koek?  Daar is bemoediging en wenke. Daar is ŉ slypskool. Die slypskool gedeelte is vrae waarvan jy die antwoorde in jou joernaal kan neerskryf en bietjie jou gedagtes kan laat gaan. Pas ek hier in; ja of nee? Dan is daar Skrif vir daardie spesifieke koek of tert. Stilwordtyd met vrae en nog meer in diepte dink oor wie en wat die persoon is. Vir die outjies wat saamreis, is daar ook ŉ slypskool in die boek, asook stilte tyd en Skrif. Bv. as ek saam met ŉ skuimpie bly, hoe deal ek met daardie skuimpie?

Ek is beslis nie ‘n gevulde pannekoek nie. Sy sê ŉ gevulde pannekoek is daardie vroue wat met styl, gasvryheid en goeie maniere ander mense beïndruk. Hulle kan 5-ster verblyf en 5-ster kos verskaf.  Ek is een van daardie mense wat eerder on the spur of the moment iets sal wil doen en sal dan regkom met wat beskikbaar is.  Alhoewel ek soms hou van my lysies wanneer ek goed moet pak vir ŉ vakansie wat lankal beplan is.  ŉ Tipsy tert is weer voor op die wa, en hardloop op hoë hak skoene die hele wêreld vol. Dis beslis ook nie ek nie. Ystervarkies is die onskuldige soetgoed wat onder harde klapper skuil.  Skou koek is ook nie ek nie:  hulle dien weer op al wat ŉ vereniging is.

Wat ek wel gaan sê is:  Ek kan so hier en daar ŉ eienskap vir myself vat by verskillende koeke en terte. Maar as ek al daardie bestanddele bymekaar gaan gooi, gaan dit beslis sorg vir iets baie interessants.

Ek wil nie te veel weggee nie … die boek is ŉ absolute moet-lees boek. Daar is geen twyfel daaroor nie. Jy gaan meer raaksien as jouself. Jy gaan jou vriendinne en familie raaksien.

Jy gaan die boek wil lees en weer lees en wéér lees. Doen jouself die guns en gaan koop Koeke en terte van Susan Coetzer. Dit gaan ŉ openbaring wees, maar dit gaan beslis ook sorg vir baie binne-pret!

The post Dag 3 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 2 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Vandag bring ek hulde aan die ander vroue in my lewe: vriendinne.

Elkeen het ‘n spesiale plekkie in ons lewens en harte. Sommige het op ‘n stadium ‘n eerste dag êrens vir jou  bearable gemaak.  ‘n Ander een was al die skouer waarop jy huil na ‘n verbreekte verhouding, of na die loss van ‘n geliefde.

Mens het net soveel vriendinne as wat mens belangstellings het, want elke persoon vul jou aan op ‘n ander vlak van jou mens-wees.  Ek het boek/lees-vriendinne, stap-vriendinne, craft-vriendinne, gesels-vriendinne, skryf-vriendinne, spesiale sussie-vriendinne – daai wie ek so lief het soos ek ‘n suster sou hê, en dan het ek my Sussas: my geestelike vriendinne! En dan vul sommige vriendinne my aan in meer as een area van my lewe!  Dankie, Abba,  vir almal met wie U my pad laat kruis!

My wens in Vroue-maand aan elke vrou is: embrace jou vriendin-skap! Wees ‘n vriendin soos die een wat jý wil hê.

L♡VE always, ook aan dié vroue wat elkeen op ‘n ander manier my lewe raak!

The post Dag 2 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.