Dag 2 – Vroue-maand 2020

deur Surene Esterhuizen

Vandag bring ek hulde aan die ander vroue in my lewe: vriendinne.

Elkeen het ‘n spesiale plekkie in ons lewens en harte. Sommige het op ‘n stadium ‘n eerste dag êrens vir jou bearable gemaak. ‘n Ander een was al die skouer waarop jy huil na ‘n verbreekte verhouding, of na die loss van ‘n geliefde.

Mens het net soveel vriendinne as wat mens belangstellings het, want elke persoon vul jou aan op ‘n ander vlak van jou mens-wees. Ek het boek/lees-vriendinne, stap-vriendinne, craft-vriendinne, gesels-vriendinne, skryf-vriendinne, spesiale sussie-vriendinne – daai wie ek so lief het soos ek ‘n suster sou hê, en dan het ek my Sussas: my geestelike vriendinne! En dan vul sommige vriendinne my aan in meer as een area van my lewe! Dankie, Abba, vir almal met wie U my pad laat kruis!

My wens in Vroue-maand aan elke vrou is: embrace jou vriendin-skap! Wees ‘n vriendin soos die een wat jý wil hê.

L♡VE always, ook aan dié vroue wat elkeen op ‘n ander manier my lewe raak!