vroue-maand Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Dag 31 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Ek het nou vir ‘n paar dae niks  geskryf nie, maar dit was nodig om ‘n bietjie terug te staan en net dinge so ‘n bietjie te evalueer. Vroue-maand van 2020 dink ek het ‘n bietjie meer uit ons almal gevat as wat ons werklik gehad het om te gee, maar tog het ons dit êrens uit ons reserwes gehaal.

Behalwe dat ek seker die meeste geskryf het hierdie maand, het ek ook ‘n bietjie uit my gemaksone geklim en nie een nie, maar twee kort videos gemaak wat op sosiale media gedeel is. Dit is mos anders wanneer mens na jouself kyk op film of wanneer jy selfs net na ‘n stem opname van jouself luister. Mens voel nooit ooit goed genoeg nie, maar die besef dat mense in elk geval dit van my sien of hoor elke dag, het daardie barrier vir my afgebreek.

My laaste video het ek gevra wat wil ek vir JOU, vrou van 2020, sê: Wees JY die een wat jou vriendinne bemoedig, wat sê wanneer sy ‘n stunning rok aan het, wanneer haar glimlag jou dag ophelder. Wanneer sy drome het wat vir jou ridiculously impossible lyk, dan sê jy vir haar: Ja, jy kan!! Hoekom, vrou van 2020? Want JY kan hierdie jaar iemand se inspirasie-vrou wees: because YOU can!!!

Laat ons dan nou Augustus 2020 se vroue-maand afsluit met ‘n nuwe gewoonte wat die res van jou, jou vriendinne en enige ander vrou wat ooit jou pad mag kruis, se lewens sal verander!!

JY IS ‘N INSPIRASIE VROU, OMDAT JY KAN!!

The post Dag 31 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 21 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Wanneer laas het jy iets vir die eerste keer gedoen? Sowat twee jaar gelede het ek vir die eerste gewaag om ‘n motorfiets ‘n ry. Nogals ‘n bietjie vreesaanjaend gewees.

Sowat ‘n week gelede is ek gechallenge om ‘n video clip te maak oor “Vrouwees in uitdagende tye”. Nou ja, net die versoek alleen het my die bewerasies laat kry.  Maar uiteindelik was my 177ste poging die mees suksesvolle van die lot en ek moes dit vinnig stuur voordat ek van plan kon verander. 🤭 Vandag is dus ‘n eerste vir my om ‘n video te post!

Ek deel hieronder ‘n paar skakels van my Sussies wat ook almal hulle stukkies oor “Vrouwees in uitdagende tye” op ons kerk se Facebook blad gedeel het. Volg gerus die skakels en verkwik jou siel.

God sal jou dra – Annette Muller    Die lammetjie en die leeu – Lorraine Cilliers   Fokus op Jesus – Zoë Grobler

Verskeie kante van vrouwees – Jenny Strydom   Vrouwees is soos dinamiet – Adri Beneke  God ken jou naam – Surene Esterhuizen  Psalm 91 … elke dag – Seline Kasner

When life gives you lemons, make lemonade – Marinda van Wyk   Vat mekaar se hande – Philna Marsh  Ons kan uitdagende tye oorwin – Sonja de Vries

The post Dag 21 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 20 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

‘n Jaar gelede het ek iets op Facebook gedeel wat ek vandag so ‘n bietjie gaan aanpas met my eie gedagtes daarby:

Wat sê jou pryskaartjie?

Die oorspronklike skrywer hiervan is onbekend aan my,  maar dis ‘n powerful statement!

As jy nie met liefde en respek behandel word nie, kyk dan na jou pryskaartjie.  Wat sê jou pryskaartjie? Het jy jouself dalk afgemerk?

Dit is JY wat mense vertel wat jy werd is deur die dinge wat jy aanvaar. Wanneer jy aanvaar hoe ander met jou praat of jou behandel, sê jy vir hulle dis maar reg om jou so te behandel. Jy is ver meer werd as dit wat jy toelaat – jy is ‘n uitverkore kind van die Hemelse Vader.

Klim af van die uitverkoping rak en gaan klim in die glaskas waar hulle die waardevolle artikels hou !!
God dink so baie van jou: He thinks you were worth dying for!!

Photo credit: somewhere from the world wide web

Kortom: waardeer jouself meer!!! As jy dit nie doen nie, sal niemand anders nie!

The post Dag 20 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 19 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Trotse ma-oomblike is ‘n gróót voorreg! Vanaand het my hart se punt vir homself protein pancakes  gemaak. Die maklikste resep denkbaar:

4 eiers, 2 scoops whey protein, 2 teelepels bakpoeier en bietjie melk om die beslag lekker te meng. En walla!! Dan bak jy dit.

Hy het dit bedien met grondboontjiebotter op elkeen, bloubessies tussen elke laag,  bo op piesangs gesny met stroop bo oor. Dit lyk yummy!

And it smelled divine

Volg gerus die skakel na die resep!

The post Dag 19 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 18 – Vroue-maand 2020
Vrouwees in uitdagende tye … om vrouwees te oorleef is slegs moontlik deur ’n verhouding met jou Vader te hê. Dit het nog nooit deur al die eeue verander nie. Ek deel graag vandag met julle Korinthiër 4:9b.

Ja, al word ek onderstebo geloop, sal ek deur God se krag en genade, nie bly lê nie EN weer (en weer en weer en weer) opstaan.

Mag jou dag gevul wees met Abba Vader se guns en genade!

The post Dag 18 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 17 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Ek het nou Dag 13 laas iets geskryf, maar het besluit ek gaan nou nie my polse afkou omdat ek 3 dae gemis het nie. Ek was besig met navorsing vir daai skriffel oor wanneer laas het jy iets vir die eerste keer gedoen.

Intussen … kom ek vergas julle met …

Foto krediet – die uwe!

… my gunsteling dis se resep – brokkoli-hoender gereg! Wanneer ek hierdie resep maak sal ek altyd dink aan tannie Regina, by wie ek die eerste keer die resep gekry het in 1994, en Ilzé, haar dogter en destyds my woonstelmaat.

Ek gebruik
gewoonlik ’n resep as basis wanneer ek iets vir die eerste keer maak. Maar
daarna is dit tickets … dan word alle
bestanddele by benadering – of soos wat ek lus is vir dit – gebruik.

Nou eers hoe
ek dit doen. Ek sal onder aan die blad ek ’n skakel invoeg van die resep wat die
naaste is aan die een wat ek gebruik.

Na gelang van
die groote van die bak wat jy gaan gebruik, benodig jy gaar, gevlokte hoender,
gaar broccoli en gaar rys. Ek braai ook uie en sampioene apart, wat ek
gewoonlik meng met die gevlokte hoender. Hierdie word in lae gepak: eers rys,
dan hoender-mengsel en laaste die brokkoli.

Ek maak my sous
met die volgende bestanddele – ek meng als sommer in ’n groterige maatbeker:

1 pakkie sampioensop

Ongeveer 500ml melk

Ongeveer 500 ml mayonnaise

Kerrie na smaak (ek proe aan die sous
tot dit reg is)

40 ml suurlemoensap (ook na smaak,
sommige mense hou nie van te suur nie)

sout en peper na smaak

Die sousie word dan oor die kos in
die bak gegooi, met baie kaas bo-oor gestrooi. Ek bak dit dan vir 40 min teen
180°C.

Praat van ’n salige, heerlike
bederf!! https://marindakook.co.za/broccolihoender-my-kinders-se-gunsteling/

The post Dag 17 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 13 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Elke vrou is bietjie ek-tyd aan haarself verskuldig. Ek het die langnaweek wat verby is bietjie tyd vir myself gevat. Ek het beplan om baie te stap en te lees, maar ek het omtrent net baie geslaap en geëet! Dit was nie noodwendig sleg vir my menswees nie, net die skaal het geprotesteer.

Mens hoef egter nie weg te gaan om bietjie ek-tyd te vat nie. Jy kan sommer net vir jouself bederf deur jou hare te laat was en knip by ’n haarsalon, dalk so bietjie kleur by te sit. Of gaan sit rustig en laat jou naels doen.

Daardie dae wat jy af voel, probeer net so bietjie maskara en lipstiffie – dit sal sommer jou moraal ook lig. Of maak ’n koffie-afspraak met een van jou vriendinne! Jy sal weet watter daardie oomblik reg vir jou gemoed sal wees!

Ek-tyd is totaal en al underrated. Alle vroue ~ of jy nou iemand se Mamma is, iemand se vrou is of sterk staan in die korporatiewe wêreld ~ skuld dit vir hulself. Een ding wat ek elke maand vir myself doen, is ’n lekker bederf vir my naels!

Wat is jou perfekte ek-tyd-oomblik?

The post Dag 13 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 12 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Tyd is die een kommoditeit waaraan jy absoluut niks kan verander nie.

Foto krediet: Pexels.com

Jy het 24 uur per
dag. Jy kan dit nie minder of meer maak nie. Jy kan dit nie vinniger of
stadiger laat verbygaan nie. Al is daar wêreldwyd heelwat lande wat nie
dieselfde minuut en uur beleef as ons nie, het ons steeds geen beheer oor tyd
nie. Tyd is ook die een ding waarvan ons meestal voel ons nooit genoeg kan kry
nie, maar tog mors baie van ons daardie kosbare tyd!

Wanneer ons
kinders klein is, voel dit of hulle in ’n oogwink skielik grootword. Skielik
eendag staan daar ’n jongman of jongdame voor jou met ’n attitude soos jou eie. Die een dag is jy 20 jaar oud en dink 50 lê
nog ver in die toekoms en dan skielik staan jy op die vooraand van jou 50ste
verjaardag.

Foto krediet: pexels.com

As ek jare gelede my tyd anders beplan het, wonder ek waar ek op hierdie oomblik sou wees? Beslis nie besig om hierdie blog te skryf nie. Waar sou jy wees? Waarmee sou jy besig wees? Wat gaan jy anders begin doen om meer waarde vir jou tyd te kry?

The post Dag 12 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 11 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

1 Pet 5:7 – Die Boodskap sê: “God is nie aan die kant van mense wat te veel van hulleself dink nie; Hy is goed vir mense wat tevrede met hulle self is sonder om windmakerig te wees.”

Hy sê ons is nie beter as ander omdat ons in Hom glo nie. Dan wonder ons hoekom die duiwel nie die “kinders van die Here” uit los nie … haal jou halo af, come back to earth!! Jesus het tussen mense geleef, wat maak jou beter?

The post Dag 11 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 10 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Dag 10 se post – wanneer julle die onderstaande lees, sal julle verstaan hoekom Dag 10 eers vandag gedeel word.
’n Tyd gelede het ek ’n blog geskryf oor ’n Afrikaanse sepie: Sonkring. Die program is êrens in die 90s geskiet en ek het veral opgelet na die feit dat daar nog nie selfone was nie. Jy kon niemand in die hande kry tensy hulle by hulle werk, huis of dalk selfs by ’n familie lid se huis was nie. Of jy moes wag tot jy hulle wel daar opdaag of jy hulle te siene gekry het. Dit klink onwerklik om terug te dink aan ’n tyd sonder selfone. Wat nog te sê van sonder al die ander tegnologie wat ons het om byvoorbeeld te Skype met ons vriende en familie wêreldwyd! Dit is vir my wonderlik dat mense nou met mekaar kan Skype of video call, veral met so baie ouers wie se kinders nou oorsee woon en werk.

Foto krediet: pexel.com

Wie het nog grootgeword met een van dié telefone? My seun sê sommer dadelik: old school!  Ek weet van iemand in hierdie huis wat beslis sy wifi geniet!

Die langnaweek wat verby is, het ek op Bonnievale
deurgebring. Daar was selfoonopvangs, maar jy het op sommige plekke dead spots gehad. Het ek gesê sommige
plekke? Nee, meeste plekke!

My WhatsApps het deurgekom, maar ek het gesukkel om aanhegsels oop te maak. Ek kon sien dinge gebeur op FaceBook, maar daar kon ek ook nie alles sien nie. En dit met gewone data en sosiale media data!!  Ek het maar gesukkel om my blog elke dag op te laai.

Wanneer het ons so afhanklik geraak van tegnologie én
sosiale media? Sjoe! En dan wonder ek hoe sommige mense net glad nie sosiale
media het nie.  Maar dan … you can’t miss something you’ve never done
or had before!

Ek dink dit is soms net nodig om te kan afskakel en behoorlik te herlaai sonder sosiale media en net die stilte en alleen-wees geniet!

The post Dag 10 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 9 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Gelukkig Vroue-dag 2020! Mag jy vandag besef: jy is sterker as wat jy dink jy is!

Ek is vroeg wakker en soek op YouTube of Nuwe Lewe Familiekerk se diens al beskikbaar is, maar ek is te vroeg en ietsie pop op van Joyce Meyer (volg die skakel en kyk gerus na haar video) en ek besef baie mense, en meestal vroue, besef nie dat hulle sterker is as wat hulle dink hulle is nie.

‘n Groot eye-opener vir my is ‘n boek waaraan ek werk oor selfdood. Die bottom-line van die boek is mense wat nie dink hulle is sterk of goed genoeg nie. Die ander deel gaan oor mense wat dit nie raakgesien het nie. Hoe gemaak wanneer die tweede groep óók begin voel hulle is nie genoeg nie?  What a vicious circle!!

Vandag, op Vroue-dag 2020, wens ek vir jou om altyd te besef jy is GENOEG, meer as genoeg!!! Ek wens vir jou om raak te sien wanneer ander meer as genoeg is én om dit vir hulle te sê.

Hê ‘n ongelooflike Vroue-dag 2020!!

The post Dag 9 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 8 – Vroue-maand 2020
Deur Surene Esterhuizen

Sjoe! Vandag se post is bietjie laat, maar internet toegang is ‘n luukse hier waar ek nou is.

Foto krediet: een van die buddies

Vandag dedicate ek aan Ma-wees. Gister het my kind vir die dag uitgegaan en saam met vriende Tafelberg te voet opgegaan. Voordat ek werk toe is, het ek eers vir hom en sy vriende gebid vir beskerming. Maar nes ‘n ma is, was hy heeldag in my gedagtes en was ek eers gerus toe hy by die huis instap.

Intussen het hy ‘n wonderlike uitstappie gehad.

The post Dag 8 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 7 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen

Ek sien uit na die langnaweek en ’n heerlike roadtrip
na Bonnievale. Ek kan nie wag nie!! Dit gaan hopelik ’n siel verrykende
naweek wees en dan het ek nog twee boeke op my lys wat ek ook wil klaar lees. Ek
wil net slaap, gaan stap – hopelik speel die weer saam.

Hier is solank ’n voorsmakie van die mooi
uitsig wat ek gaan hê op pad.

Nou gaan julle vra: wat is daar op Bonnievale? Net mooi niks minder as ’n goeie vriendin wat aan die anderkant wag om my te bederf vir die naweek nie. Ek het darem vir haar ook ’n heerlike geskenk pakkie opgemaak en ek weet dit gaan vir haar vreugde bring.

Ek het een van daardie heavy uitgesproke vriendinne, maar gelukkig kan sy ook vat wat sy uitdeel.  Ek onthou ’n gesprek van so bietjie meer as ’n jaar gelede (wat ek nie hier kan deel nie), maar my vraag was: “Wat is vir jou belangriker? Die persoon se geluk of jou eie vooropgestelde opinie?” I wasn’t popular.

’n Paar dae later, skakel sy my eendag en sê: “Surenetjie, jy was reg. Daardie persoon se geluk is belangriker, want hy was lanklaas so gelukkig soos juis nou!”

Nou is my vraag aan jou vandag: Is jý en jou vooropgestelde idees / opinies belangriker as die mense rondom
jou se geluk? Jy is dalk nou in ’n situasie waar jy voel iemand anders verstaan
jou of dit wat jy wil doen vir jouself nie, maar het jy vir een oomblik gaan
dink aan hoe dit wat jy beplan om te doen die mense rondom jou beïnvloed? Hoe raak dit hulle?

Asking for a friend … Gaan jy dalk ’n prys moet betaal vir daardie droom kêrel / meisie? Vir
daardie droom werk? Vir fame?

Het jy die koste bereken van dit wat jy
eerstens vir jouself wil doen, maar wat soveel mense naby aan jou beïnvloed?

Hê ’n great vroue naweek!

The post Dag 7 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 3 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuzien

Vandag bring ek hulde aan een van favourite boeke: Koeke en terte, uitgegee deur Lux Verbi en geskryf deur Susan Coetzer – skrywer en motiveringspreker van formaat. Verlede jaar, Oktober, kry ek by ŉ ander Susan ŉ paar boeke vir my verjaardag.  Een van die present-boeke is Koeke en Terte. Ek het dit uiteindelik hierdie naweek klaar gelees. As julle weet hoe my bedkassie lyk, sal julle weet daar lê ten minste so tussen 8 tot 12 boeke wat elkeen wag om ŉ beurt te kry.

Foto: NB Uitgewers webtuiste

Eerste ding wat ek lees is die agterblad wat begin met: Skou koek, tipsy tert of gevulde pannekoek. Onmiddellik wonder ek: Watter een sal ek wees? Ek love gevulde pannekoeke en suurlemoentert.  Ek  mag dalk later in die boek verras wees oor presies wie en wat die outjies is.

Maar die res van haar agterblad sê duidelik dat ons vroue almal van mekaar verskil soos koeke en terte in ŉ tuisnywerheid.  Susan moedig vroue op ŉ humoristiese manier aan uit te vind presies waar pas jy in en om uit te rys tot die beste weergawe van jouself. Of jy nou koekerig, terterig of iets tussen in is … nie een van ons is volmaak nie, daar is altyd ruimte vir groei. Veral in naaste liefde, deernis en aanvaarding.

Die boek is baie interessant saamgestel. Susan het nie net geskryf oor koeke en terte nie. Sy het 30 hoofstukke waarin sy eetgoed gebruik het om vroue mee te beskryf. Elke hoofstuk begin met ŉ beskrywing bv. hoe lyk  ŉ skuimpie? Watter tipe vrou is dit? Of hoe lyk ŉ skou koek?  Daar is bemoediging en wenke. Daar is ŉ slypskool. Die slypskool gedeelte is vrae waarvan jy die antwoorde in jou joernaal kan neerskryf en bietjie jou gedagtes kan laat gaan. Pas ek hier in; ja of nee? Dan is daar Skrif vir daardie spesifieke koek of tert. Stilwordtyd met vrae en nog meer in diepte dink oor wie en wat die persoon is. Vir die outjies wat saamreis, is daar ook ŉ slypskool in die boek, asook stilte tyd en Skrif. Bv. as ek saam met ŉ skuimpie bly, hoe deal ek met daardie skuimpie?

Ek is beslis nie ‘n gevulde pannekoek nie. Sy sê ŉ gevulde pannekoek is daardie vroue wat met styl, gasvryheid en goeie maniere ander mense beïndruk. Hulle kan 5-ster verblyf en 5-ster kos verskaf.  Ek is een van daardie mense wat eerder on the spur of the moment iets sal wil doen en sal dan regkom met wat beskikbaar is.  Alhoewel ek soms hou van my lysies wanneer ek goed moet pak vir ŉ vakansie wat lankal beplan is.  ŉ Tipsy tert is weer voor op die wa, en hardloop op hoë hak skoene die hele wêreld vol. Dis beslis ook nie ek nie. Ystervarkies is die onskuldige soetgoed wat onder harde klapper skuil.  Skou koek is ook nie ek nie:  hulle dien weer op al wat ŉ vereniging is.

Wat ek wel gaan sê is:  Ek kan so hier en daar ŉ eienskap vir myself vat by verskillende koeke en terte. Maar as ek al daardie bestanddele bymekaar gaan gooi, gaan dit beslis sorg vir iets baie interessants.

Ek wil nie te veel weggee nie … die boek is ŉ absolute moet-lees boek. Daar is geen twyfel daaroor nie. Jy gaan meer raaksien as jouself. Jy gaan jou vriendinne en familie raaksien.

Jy gaan die boek wil lees en weer lees en wéér lees. Doen jouself die guns en gaan koop Koeke en terte van Susan Coetzer. Dit gaan ŉ openbaring wees, maar dit gaan beslis ook sorg vir baie binne-pret!

The post Dag 3 – Vroue-maand 2020 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.