LAPA UITGEWERS Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Jakkals en Wolf 2
Jakkals en Wolf 2 deur Wendy Maartens met illustrasies deur Gerda Smit, uitgegee deur Lapa Kinder- en Jeug.

Ek het so lekker gelees aan Jakkals en Wolf 2 dat ek skoon spyt is dat ek nie die eerste Jakkals en Wolf boek ook onder oë gehad het nie. Ek het so verlang na my pa, want hy het altyd vir ons Jakkals en Wolf stories vertel toe ons kinders was, want soos op die agterblad staan word Afrikaanse kinders al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf.

Ten spyte daarvan dat Jakkals en Wolf mekaar nog al die pad probeer uitoorlê, bly hulle steeds beste maats. Arme Wolf is nie heeltemal so slim soos Jakkals nie en trek baie kere aan die korste end.

Ek het heerlike gelag vir die avonture en streke van die twee maats.

Jakkals en Wolf 2 is ideaal vir kinders van 5 jaar en ouer. Mamma en Pappa sal ook die stories geniet en lekker nostalgies raak oor hulle kinderjare.

The post Jakkals en Wolf 2 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Lesersindruk – Lêplek vir die hart
Lêplek vir die hart deur Marilé Cloete, uitgegee deur Romanza, ‘n druknaam van LAPA Uitgewers, is ‘n lekker liefdesverhaal oor tweede kanse. (ISBN 9781779875341)

Iris Koopman keer met haar dogtertjie, Rosie, terug na Suid-Afrika, tot haar ouers se vreugde. Die eerste keer wat sy na haar terugkeer by vriende gaan kuier, loop sy  in haar eksman, Brandon, vas. Sy drinkery was die oorsaak vir hulle egskeiding en Iris se eerste prioriteit is om Rosie te beskerm. Rosie is egter dadelik mal oor haar pa en hy oor haar. Iris is huiwerig om vir Brandon ‘n tweede kans te gee en haar ouers is bang dat dit weer kan flop en dat Iris dan weer landuit sal vlug. Brandon nooi Iris saam op ‘n sakereis na Europa sodat sy vir haarself kan sien dat hy verander het.

Sy vind uit dat sy steeds lief is vir Brandon. Sal sy ‘n tweede kans met hom waag? Is geluk vir hulle beskore?

The post Lesersindruk  – Lêplek vir die hart appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

’n Trekker vir twee – ’n lesersindruk
’n Trekker vir twee deur Ilze Beukes

Ansone erf onverwags oom Simon se plaas. Sy is reeds verlief op die plaas met die rondawel, ooptes en berge. Milner, haar nuwe buurman wil graag die plaas koop, maar sy weier, want sy kan nie wag om haar droom om te boer te bewaarheid nie.

Sy kry ŉ onaangename verrassing toe sy op die plaas aankom en sy beland onbepaald op Milner se plaas.  Ansone moet planne maak vir die toekoms om haar plasie winsgewend te maak, want sy wil nie terug stad toe nie. Almal wat sy ontmoet is begeester met haar planne en almal help met idees. Sy verras Milner met haar ondernemingsgees en haar positiwiteit ten spyte van alles wat verkeerd loop.  Gaan Milner van sy planne met die plaas vergeet en haar ondersteun? Gaan die liefde oorwin?

’n Trekker vir twee is ’n heerlike liefdesverhaal, met ‘n goeie skoot positiwiteit van die heldin se kant wat mens sommer laat lekker voel. Lees gerus ook ’n Fiets vir twee (2021) en ’n Motorfiets vir twee (2023) deur dieselfde skrywer.

ISBN 978-1-77987-034-6, Romanza: Plaas

© Surene Esterhuizen

#LAPA #Romanza

The post ’n Trekker vir twee – ’n lesersindruk appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Om aan ŉ ster te raak – Frenette van Wyk
Om aan ŉ ster te raak deur Frenette van Wyk, ISBN 978-1-77987-035-3 Romanza ŉ druknaam van LAPA Uitgewers

Die jeep kantel weer en haar kop ruk eenkant toe, tref die kant van die deur met ŉ harde slag. Alles om haar raak swart. (9)

Shiloh word wakker in bevind haarself half begrawe in die sandduin. Sy wonder waar Yusuf en die res van die toerlede is. ŉ Ent weg sien sy vir Azalay opstaan. Hy kyk by haar verby en sy kyk om. Sy sien die klomp kamele met hulle ruiters nader kom.

Hulle ontmoet vir Nouvel en besef hulle het op ŉ onverklaarbare wyse in die Arabiese woestyn beland. Hulle besef ook dat hulle met hom in Aramees praat en kom agter hulle het duisende jare in tyd teruggereis. Toe hulle by Nouvel se karavaangeselskap aankom vind hulle mettertyd uit dat hulle hul moontlik bevind in die jaar van Jesus se geboorte.

Saam met die drie wyse manne volg hulle die Bethlehemster. Azalay is ŉ toegewyde Christen en is opgewonde oor waar hy hom bevind en hoop om antwoorde op sy vrae te kry, Shiloh is opstandig oor haar onlangse egskeiding en die rede wat daartoe gelei het en as gevolg daarvan glo sy nie meer nie. Hul omstandighede is uitdagend. Azalay wil Shiloh beskerm, maar sy is wispelturig oor wanneer sy sy hulp wil aanvaar of nie.

Azalay se droom is om saam met die Wyse Manne die ster te volg. Gaan Azalay sy antwoorde kry en homself vind? Gaan Shiloh weer begin glo? Gaan die liefde seëvier?

Hoe gaan hulle die vreemde reis oorleef en weer terugkom in die 21ste eeu?

Dit was ŉ heerlike verhaal om te lees. Boeke van Frenette wat ek onlangs gelees het is: Vlinderdraai, Wintersprokie, Geliefde rebel, Soene in ‘n sandkasteel, Sonvanger en In sonskyn en storms. Juis omdat ek hierdie verhale gelees het was ek nuuskierig oor hoe Om aan ŉ ster te raak sy verloop sou neem en was aangenaam verras. Ek was in 2022 in Israel en dieselfde gevoel van absolute verwondering wat ek in Jerusalem beleef het toe ek in Jesus se spore gestap het, het ek met die lees van hoofstuk 20 beleef. Die versugting in my hart: I wish I was there!

©Surene Esterhuizen

The post Om aan ŉ ster te raak – Frenette van Wyk appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

ŉ Kans op vir altyd deur Cecilia Nortjé
ŉ Kans op vir altyd (2021) is die opvolg op ŉ Huis vir altyd (2020) en dis vyf jaar na Milan en Herk se egskeiding. Sy het nog steeds ŉ goeie verhouding met die seuns, maar Jessica is steeds verbitterd na haar pa en Milan se egskeiding.

ŉ Kans op vir altyd vertel die verhale van Milan en haar stiefdogter, Estie, maar ook van Jessica, Estie se ma. Milan is bekommerd oor Estie se eetversteuring en wil graag weer hulle verhouding herstel. Onverwags ontmoet sy vir Jessica en leer haar bietjie ken. Sy is ook steeds lief vir Herk.

Dinge gebeur en bring die drie vroue en Herk bymekaar. Sal Herk vir Jessica en Milan kan vergewe? Gaan Jessica gesond word? Gaan Milan se liefde beantwoord word?

Durf hulle almal hoop op ŉ kans op geluk, vir altyd?

Ek het beide ŉ Huis vir altyd en ŉ Kans op vir altyd baie geniet en beveel beide boeke aan.

Beide is uitgegee deur LAPA Uitgewers.

The post ŉ Kans op vir altyd deur Cecilia Nortjé appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

ŉ Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé
ŉ Huis vir altyd is een van Cecilia se 2020 liefdesverhale en ek het lekker op die Libby App gelees aan hierdie dik boek.

Milan is ons heldin wat na haar ontroue man se dood in ŉ vliegtuigongeluk, haar rykmanslewe vaarwel moet roep en platsak Vaalkrans toe moet vlug en besit neem van ŉ erg verwaarloosde huis van haar man se tante. Sy moet gewoond raak aan bure wat sommer net in stap by jou huis en op ŉ dorpie te woon waar almal anders meer weet van jou lewe as jyself.

Ons beleef hoe sy haarself weer uit die put moet kry en deel in haar lief en leed op haar nuwe dorp. Sy leer gou haar bure is nie net nuuskierig nie, maar gee om vir haar. Haar benarde finansiële situasie kry haar gelukkig nie onder nie. Sy sien potensiaal in tannie Corrie se huis en begin uiteindelik ŉ leefstylwinkel. Sy is kreatief en ontwikkel in ŉ sakevrou van formaat.

Kort voor lank bevind sy haar in ŉ onkonvensionele tweede huwelik met ŉ kits gesin van drie kinders. Sy sluit ŉ vriendskap met Marietjie, die dominee se vrou – iets wat sy nooit in die stad sou doen nie!

Die boek eindig vir my op ŉ totale antiklimaks – glad nie wat ek verwag het nie, maar ek is tog opgewonde toe ek sien daar is wel ‘n tweede boek.

ŉ Kans op vir altyd (2021) vertel hopelik nou die res van die storie soos ek dit in my kop wou hê, maar nou is die boek op my Libby waglys en ek moet geduldig wag.

PS: Gaan Sue-Ann en Estie ook elkeen ‘n storie kry?

The post ŉ Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Anoniem deur Chanette Paul
Uitgegee deur LAPA Uitgewers

Anoniem, uitgegee deur LAPA Uitgewers is Chanette Paul se 50ste roman. Vir my is Chanette ŉ absolute ikoon – min mense kan haar dit nadoen om boeke van 400+ bladsye en sommige selfs oor die 600 bladsye te skryf, om nie eens te praat van die navorsing wat in haar werk ingaan nie … en sy laat die leser beslis nie een oomblik verveeld nie.

Ek het proe-proe gelees aan Anoniem… ek wou nie hê die lekker moes opraak nie. Hier is my leeservaring van Anoniem.

Kan jy vlug van wie jy werklik is? Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ŉ Nuwe lewe, ŉ nuwe dorp, ŉ nuwe naam. Anoniem.

Is dit nie maar wat sommige mense wens nie? Ek weet ek het al! Dalk nou nie ŉ nuwe naam nie – ek hou immers van die naam wat my ma my gegee het. Maar dalk sal ek weer die identiteit wat ek êrens langs die pad verloor het – in dit wat ons die lewe noem – weer wil terugkry. Dalk wil ek myself net in ŉ posisie sit waar ek my nuwe drome gestalte kan gee.

Gebeure in Dr Lula Prins se lewe laat haar soek vir ŉ plekkie waar sy kan wegraak. Dit vind sy in Heydendal. Sy moet natuurlik eers die verwaarloosde plek vir haarself leefbaar maak. Vier jaar later is sy steeds op Heydendal. En dit lyk of haar verlede haar gaan inhaal. “Die vrees dat sy ontmasker kan word, haar daad aan die lig sal kom en sy die gevolge sal moet dra, is versmorend.” (Bl. 78)

Lula werk vir Belletrie Uitgewers op ŉ vryskutbasis as keurder en manuskripontwikkelaar. Sy bied skryfskole aan. Sy skryf ook liefdesverhale onder die skuilnaam Tallie Lategan. Chanette gee ons ŉ kykie agter die skerms van hoe ŉ paar dinge in die uitgewersbedryf werk. (Wanneer ek net dink aan die keurderverslag, dan dink ek my storie moet maar eerder in my kop bly.)

Dan hoor sy van Dian Kruger se selfdood nadat sy manuskrip waaraan hy vele jare gewerk het afgekeur is. Dié keer finaal afgekeur. Alhoewel keuring anoniem plaasvind, kom sy tog agter dis een van dié wat sy onder oë gehad het.

By sy begrafnis ontmoet sy Dian se ouer broer, Kriek en hul eksentrieke tante, Lillibet. Sy stel haarself voor as Tallie. Soos die storie verloop probeer Kriek agter die rede vir sy broer se selfdood kom en wie hom daartoe gedryf het. Hy wonder oor die manuskrip en of dit werklik so sleg was. Mens kom ook agter dat Kriek en Dian saam aan die storie gewerk het. Hy en Dian het die storie-idee deurgepraat en Dian het dit geskryf. Kriek het die rare Irlen-sindroom, wat die rede is waarom hy nie by die skryf-proses betrokke was nie. Dit is vir Kriek belangrik dat Dian se boek wel gepubliseer word. Hy word so deur Tallie aangetrek dat hy haar oorreed om aan die herskryf van Dian se boek te werk.

“Wat is dit aan Tallie wat hom so na haar aantrek? . . . Wanneer laas het hy ŉ vrou ontmoet wat nie ŉ agenda het nie? Wat nie ŉ rol in ŉ film wil beding nie. Wat nie daarop uit is om baat te vind by wat hy kan bied nie. Wat nie bloot agter seks of geld of roem of wat ook al aan is nie. Net is wie sy is.” (Bl. 106)

Tallie se lewe raak verstrengel in dié van Kriek, Lillibet en die mense van Heydendal. Dis ŉ moet-lees boek – sodat jy self proe-proe die intriges kan ontrafel. Daar is sommer lekker baie intriges – ŉ paar storielyne, wat later almal sin maak in die groter prentjie van die verhaal. Sekere storielyne word al vroeg in die boek aan die leser bekendgemaak, terwyl ander eers later vir die leser duidelik word. Die lekkerte van Anoniem is dat jy beslis nie deur vervelige omgewingsbeskrywings hoef te worstel om deur die boek te kom nie. Elke woord tel, elke woord het ŉ doel in hierdie verhaal.

Ek het die Vyver-vroue gelees en heelwat van haar Romanzas. Die eintlike rede waarom ek nié ŉ vergelyking wil maak nie is omdat Anoniem in ŉ klas van haar eie is. Anoniem is immers boek nommer 50 wat Chanette drie keer heeltemal oorgeskryf het en ŉ vierde keer streng geredigeer het! Ons is gewoond aan die kwaliteit skryfwerk wat ons van Chanette Paul kry, dat mens verstom staan dat sy ŉ nóg beter manuskrip die lig laat sien het.

Anoniem is ook een van daardie boeke wat ŉ permanente plek op my boekrak het. Een wat ek beslis weer sal lees en bitter suinig sal wees om uit te leen.

Beslis ŉ vyfster boek!

© Surene Esterhuizen

#sureneleeswyd   #LapaUitgewers

The post Anoniem deur Chanette Paul appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

In die naam van liefde
deur Frenette van Wyk, Romanza, LAPA Uitgewers, Feb 2022.

Ek is nie ‘n groot aanhanger van fantasie-verhale nie, maar ek het nou al ‘n hele paar gelees in die laaste paar maand en ek sal dit beslis aan beveel.

Ná tien jaar daag Romain weer op by Kleinroosboom, die plaas waar Fleur met haar stiefma en twee stiefsusters, Danica en Nikita bly. Fleur is steeds verlief op hom, maar Romain wil skynbaar net die magiese bos hê waar Fleur nou al jare bly, en hy is bereid om enigeen van die drie dogters te trou om dit te kry.

Met die hulp van ’n towerstaf wat haar pa lank gelede vir haar gegee het, steek Fleur letterlik ‘n stokkie voor die planne.

Danica en Nikita vlug behoorlik weg van hul oorheersende ma af en beide vind liefde in die proses. Al wat vir Fleur van belang is, is dat sy haar bos behou, en ook haar grootse geheime bewaar. Gaan sy dit regkry en ook Romain se liefde kan wen?

Ek weet nie of die boek nog by boekwinkels beskikbaar is nie, maar dis as eboek beskikbaar, asook op Libby.

The post In die naam van liefde appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Soos dans deur Thea Holland
Te koop by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Ek het myne op Libby raakgelees!

Ná ‘n liefdesteleurstelling vlug Rozette Skotland toe en gaan werk as ‘n tai-chi instrukteur in Edinburgh. Twee jaar later keer sy terug na SA en op haar eerste dag terug loop sy haar eks raak en om die kroon te span is haar ma klaar besig om vir haar man te soek. Sy besluit om so gou moontlik by haar tant Abelia te gaan kuier.

Rozette is nie van plan om gou weer verlief te raak nie. Sy wil nou daarop fokus om weer ‘n vriendekring op te bou … maar toe ontmoet sy vir Durandt.

Durandt is emosioneel en finansieël geknou na sy mislukte huwelik en dis vir hom ‘n slegte tyd om nou ‘n meisie soos Rozette te ontmoet.

Tipies klein dorpie is daar ‘n bemoeisieke tante of twee wat alles probeer om dié twee by mekaar te kry. En genoeg skinderbekke wat ‘n speek of twee in die wiele van die ontluikende liefdesverhaal wil steek.

Gaan Durandt en Rozette se harte mekaar vind?

Ek het elke oomblik van dié liefdesverhaal geniet, want ek is nou op Rozette se ‘vriende maak’ stadium. Nee, ek het nog nie my Durandt ontmoet nie. 😉

#romanza #RomanzaKlub

#ekleeslapa #sureneleeswyd

The post Soos dans deur Thea Holland appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Salemstraat deur Erla Diedericks
Hóé goed ken jy jou bure?  Kén jy hulle regtig?

Dis soos enige straat in enige voorstad van Kaapstad … getroude paartjies met of sonder kinders, dalk ’n huisvroutjie of twee, een wat ’n salon van die huis af bedryf en dan natuurlik om alles net ’n bietjie spice te gee: die seksbom … die een wat deur byna elke vrou in die straat beny word … óf vir haar lyf óf vir haar onafhanklikheid!

Twee skote klap in die stil oggendure! Die skok-nuus: Emilee het haar man, ML geskiet! Was dit ’n beplande moord? Was dit selfverdediging? Skielik loop die stories oor die oënskynlik gelukkige paartjie. Het ML rondgeloop? Het hy Emilee geslaan? Stefaans glo natuurlik glad nie dat ML ooit sy hand vir Emilee sou lig nie. Die Russiese seksbom met wie ML ’n verhouding gehad het, het op hulle laaste aand saam vir die eerste keer ML se humeur ervaar … en sy wonder?

Die inwoners van Salemstraat is in twee kampe: vír Emilee en téén Emilee. Dié wie die merke op Emilee se lyf gesien het, het simpatie met haar. Die manne wat saam met ML gekuier het, kan nie glo dat hy Emilee sou slaan nie. Al het hy ‘n voorliefde gehad vir rowwe pornografie wat hy graag vir die manne aangestuur het op WhatsApp en wat hulle self vinnig van hulle fone afgevee het. Emilee voel bedreig deur die oud weermagman, Stefaans. (Ek self was lus om hom ’n klap of twee te gee!)

Een van die eerste persone op die toneel is Riaan, die joernalis. Hy het suburbs toe getrek vir ’n rustiger lewe en wat kry hy? Die voorblad scoop van sy lewe op sy nuwe voorstoep!

Wat is die waarheid? Daar is Liz, die prokureur met die voorliefde vir sake waaraan niemand anders wil raak nie, en Ann, die afgetrede psigiater, wat agter die waarheid probeer kom. Hoe dieper hulle grawe, hoe meer geraamtes tuimel uit die kaste en hulle vind uit dat die verlede nie noodwendig iets is wat in die verlede bly nie.

Die einde het ’n onverwagse twist en dáárvoor, liewe leser, moet jy jou kopie van Salemstraat, uitgegee deur LAPA Uitgewers, aanlyn bestel by Graffiti Boeke. Anders vra jou naaste boekwinkel om joune vir jou te bestel.

Hoe vergelyk Salemstraat met Dominique en Die Bewonderaar?  Net soos die eerste twee boeke, is dit uitstekend geskryf. Ek sal egter twee keer dink voordat ek Salemstraat ook as ‘n riller klassifiseer soos die eerste twee boeke. Salemstraat is vir my meer ‘n mystery as ‘n riller. My nuuskierigheid om agter die kap van die byl te kom is baie meer geprikkel as wat ek ‘n angstigheid ervaar het soos bv met Die Bewonderaar.

Ek gee Salemstraat 5 sterre. Dit lees maklik, geen vervelige dele wat jy wil oorslaan nie en my nuuskierigheid was geprikkel tot op die einde.

The post Salemstraat deur Erla Diedericks appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Boekverslag: Die Bewonderaar
Titel: Die Bewonderaar

Skrywer: Erla-Mari Diedericks

Uitgewer:  Wenkbrou, ‘n druknaam van LAPA Uitgewers

ISBN: 978-1-7763-5508-2

I am not what happened to me, I am what I choose to become

Dominique du Randt, in die sekswerkerskring beter bekend as Courtesan,  word in hegtenis geneem vir die wrede moord op haar ma, Tess.

Dominique beland in die Molenberg-Psigiatriese Hospitaal, waar alle pasiënte as psigopate bestempel word. Alle bewyse wys direk na haar en niemand glo in haar onskuld nie.  Niemand glo ook dat sy deur ’n man agtervolg is wat homself Die Bewonderaar noem nie.

Behalwe miskien haar sielkundige, Martin, met sy eie eienaardighede. Hy besluit daarom om sy eie speurwerk te doen. Hy kry antwoorde wat hom stomslaan. In die proses hoor hy dinge van mense wat hy gedink het hy ken.  Hy ontdek die Ophelia-klub. ’n Plek waar donker fantasieë en vergrype uitgeleef word.

Tydens Dominique se verblyf in die Molenberg-Psigiatriese kliniek ontdek sy goedjies in haar kamer wat haar laat dink Die Bewonderaar hou haar dop. Net om later te ontdek dis weg. Die leser twyfel op hierdie stadium self in Dominique se onskuld. Wat as sy regtig ’n psigopaat is?

Dr Ann, die psigiater wat haar in Molenberg evalueer, is ’n anderste karakter wat beslis alle sielkundige reëlboeke weggooi met haar benadering tot haar pasiënte. Dit skemer wel effens deur dat sy nie aan Dominique dink as skuldig aan moord nie. Sy besluit ook op kunsterapie wat Dominique se behandeling beslis ’n hupstoot gee.

Een van die vroulike pasiënte verdwyn uit die Molenberg-Psigiatriese Hospitaal en dit oortuig Dominique nog meer dat Die Bewonderaar weet waar sy haar bevind.

Intussen soos wat Martin se ondersoek vorder vind daar nog ‘n paar moorde plaas, wat mens tog laat wonder of hy nie warm op die skuldige se spoor is nie. Hy word ook gedreig om op te hou snuffel. Hy kry nog verstommende leidrade wat teruglei na Dominique se kinderjare.

Terselfdertyd verdwyn Dominique en Martin vind uit waar sy is.

Word Dominique betyds gevind? Bestaan Die Bewonderaar? Wie het vir Tess du Randt vermoor en waarom?

Koop Die Bewonderaar en vind uit!! Die Bewonderaar sal jou nie die hele tyd net op die punt van jou stoel hou nie, want daarvoor sorg ‘n paar anderste karakters wat jou beslis met ’n glimlag aan hulle sal laat terugdink.

Dis nie die eerste boek van Erla-Mari Diedericks wat ek lees nie, maar haar eerste in dié genre. En Erla maak beslis haar merk hier tussen ander baie bekende en gewilde skrywers. Sy gaan hulle beslis “a run for their money” gee. Ek sal beslis meer van haar wil lees in dié genre.

The post Boekverslag: Die Bewonderaar appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Ontvlug jy ook in romanses?
Ek is totaal en al verslaaf aan lees en ’n lekker romanse is maar net eenvoudig lekker!  Het jy geweet binne elke Romanza-titel van LAPA is daar ’n Het jy geweet? … no pun intended!! 😉

Het jy geweet dat wanneer jy ’n romanse lees, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel?

Het jy geweet dat wanneer jy ’n romanse lees, dit jou stres verlig op ’n natuurlike manier?

Het jy geweet dat wanneer jy ’n romanse lees, jy ’n gevoel kry van emosionele versorging omdat die held die heldin se diepste behoeftes verstaan?

Het jy geweet dat die jongste lesers is tieners en die oudstes is in hulle 90’s?

En daar is nog ’n hele paar Het jy geweet-vrae binne in elke boekie.

Waarheen ontvlug jy in jou romanses? Ek hoop op ’n werklikheid van ’n plekkie in die bos of by die see … sonder dat ek my oor finansies van die wegbreek hoef te bekommer. Ek hoop op iemand wat my sielsgenoot kan wees … iemand wat my stilstes en my siel kan verstaan. Iemand wat my kan laat lag … diep uit my maag uit.  Iemand wat rustig saam kan kuier om ’n lekker kampvuur met ’n heerlike glas wyn en sommer kan gesels oor alles en nog wat … of dit sin maak of nie. Ek hoop op iemand wat verby my minder mooi uiterlike sal kyk en my model-mooi innerlike sal raaksien. Ek hoop op iemand wat verby my Oros-lyfie sal kyk. Ek hoop op iemand wat verby my stekelrigheid sal kyk en die juweel wat ek vir spesiale mense wegsteek sal ontdek.

Ek koop myself bankrot aan romanses. Hoekom? Want diep binne in ons is ons almal opsoek na daardie perfekte maat wat ons sal aanvul. Daardie perfekte maat wat jou gaan aanvaar presies soos wat jy is … terwyl hy wil hê jy hom ook presies so moet aanvaar. (Die realiteit op die dating sites is egter iets heeltemal anders, maar meer daaroor later.)

Ek leen my boekies uit aan uitgesoekte mense … want dit moet mense wees wat boeke met dieselfde respek behandel as wat ek dit doen.  Een van my mensies, tannie Bie, is 80 jaar jonk. Ek leen soms ander tipe boeke soos ’n goeie speurverhaal ook aan haar. Met my laaste besoek aan haar sê sy vir my om maar net liefdesverhale te bring, asb. “Ek hou nie van moord en doodslag nie. Die held moet die heldin gryp, warm vry en hulle moet vir altyd gelukkig wees,” sê sy. Ek het so lekker gelag, want ai … wil ons dit nie maar almal hê nie? Daardie happily ever after?

Een van die ander mense vir wie ek my slapbankboekies leen, is vriend Kobus (67) en hy verslind behoorlik hierdie lekker liefdesverhale. Ek dink hy lees baie meer as ek. 🙂  My laaste kuiertjie by hom en sy vrou, het hy baie ontsteld gesê dat hy nou uit boeke is en sy voriges moet begin oor lees.  Nota aan self: onthou om met my volgende kuier nog boeke saam te neem. 😀

Nou vra ek weer … ontvlug jy ook in romanses? Of lees jy skelm aan daardie slapbandboekies te bang ander sien dat jy soetsappige romanses lees?

Shhht!! As jy nie gaan sê nie, gaan ek ook nie. 😉

The post Ontvlug jy ook in romanses? appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.