Te koop by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Ek het myne op Libby raakgelees!
Ná ‘n liefdesteleurstelling vlug Rozette Skotland toe en gaan werk as ‘n tai-chi instrukteur in Edinburgh. Twee jaar later keer sy terug na SA en op haar eerste dag terug loop sy haar eks raak en om die kroon te span is haar ma klaar besig om vir haar man te soek. Sy besluit om so gou moontlik by haar tant Abelia te gaan kuier.
Rozette is nie van plan om gou weer verlief te raak nie. Sy wil nou daarop fokus om weer ‘n vriendekring op te bou … maar toe ontmoet sy vir Durandt.
Durandt is emosioneel en finansieël geknou na sy mislukte huwelik en dis vir hom ‘n slegte tyd om nou ‘n meisie soos Rozette te ontmoet.
Tipies klein dorpie is daar ‘n bemoeisieke tante of twee wat alles probeer om dié twee by mekaar te kry. En genoeg skinderbekke wat ‘n speek of twee in die wiele van die ontluikende liefdesverhaal wil steek.
Gaan Durandt en Rozette se harte mekaar vind?
Ek het elke oomblik van dié liefdesverhaal geniet, want ek is nou op Rozette se ‘vriende maak’ stadium. Nee, ek het nog nie my Durandt ontmoet nie. 😉
#romanza #RomanzaKlub
#ekleeslapa #sureneleeswyd
