Lees ook gerus my Engelse skriffel met vrae en antwoorde rondom Lyndenstyd hier.
Hierdie idee het ek ‘n paar jaar gelede gesien en gedink dis nogals ‘n baie oulike idee om te volg tydens Lyndenstyd.
Sit elke dag iets in die sak wat jy nie meer gebruik nie en wat nog deur iemand anders gebruik kan word. En aan die einde van die Lydenstyd gee jy dit af by ‘n organisasie wat hierdie tipe goed uitdeel aan mense wat dit kan gebruik.
Die iets kan nou klere, ornamente, boeke, kombuis goed, ens. wees … en dan kan jy dit afgee by ‘n liefdadigheidswinkel (hospice, charity shop) naby jou.
