Ek het geleer … of dalk het ek nie …

Diegene wat jou nie opsoek nie, mis jou nie.

En wie jou nie mis nie, hou nie van jou nie.

Die lewe besluit wie in jou lewe kom, maar jy besluit wie daar moet bly. (Glo my, dis bevrydend om die bande te knip.)

Die waarheid maak net eenkeer seer, maar die leuen maak altyd seer.

Daarom gee meer aandag aan die wat dit aan jou gee, en nie aan diegene vir wie jy slegs ʼn opsie is nie.

Wie jou seermaak, maak jou sterker.

Wie jou kritiseer of van jou skinder, maak jou belangriker. (Imagine, hulle neem tyd om jou te bespreek.)

Wie jou beny, maak jou interessanter.

En baie keer is dit interessant om te weet dat … diegene wat vir jou die slegste in die lewe toewens, sal moet aanvaar dat die beste met jou sal gebeur. (Karma is ʼn bitch.)

Jy hoef nie mense in jou lewe toe te laat net omdat dit (dalk) goeie maniere is nie. Maak jou keuse vandag. Ek het gister al gekies.