deur Surene Esterhuizen
Wanneer mens duskant 50 is wonder mens of jy nog mag droom! Drome droom ook plekke waar jy nog altyd wou kom of dinge wat jy nog wou doen.
Een van my groot drome is om te reis – een MSC bootreis van 5 dae tel hopelik as ’n beginpunt! En iets wat ’n groter droom is as reis, maar wat eintlik ’n reis is op meer as een manier is om Israel te besoek.
Om te kan ervaar … te stap waar Jesus gestap het, die omgewing, die paaie te wandel, die plekke te sien, sy graf te besoek, waar die laaste Avondmaal was. Daar is so veel om op te noem … maar ek kan nie wag om dit te ervaar nie …

Ek het ’n geleentheid om later hierdie jaar te gaan … en nou vertrou ek volkome dat alles in plek sal val daarvoor soos wat net Vader dit kan toelaat om te gebeur … because He is in control! Always!