’n Nuwe generasie campers

deur Annette Havenga

’n Nuwe generasie campers is aan die vorm. Ons word nie meer tot karavane, tente en mobiele wonings beperk nie. Deesdae word busse en vragmotors omskep in volledige wonings en, nes ’n skilpad, kan jou huis ook saam met jou rond beweeg. In Europa en Amerika is dit glad nie ’n onbekende gesig nie, maar dit is stadig maar seker ook besig om hier in ons midde pos te vat.

Een so paartjie het ’n bus gekoop en is hard aan die werk om dit te omskep in hulle permanente woning. Binnekort sal vier kiddies, met Mamma Sonja en Pappa Rheinholdt die pad vat en die wiele Suid-Afrika vol laat rol. Hierdie twee onderwysers het groot planne vir hulle familie en bus-woning.

Die paartjie was nog altyd lief vir reis. Hulle moes vir eers hierdie liefde opsy gesit het totdat hulle jongste oud genoeg was om weer te toer. Na ’n Bali-vakansie het die gesin van vier ‘n verassings swangerskap gehad toe Sonja se “Bali-belly ’n tweeling verwelkom. Sonja het vinnig besef dat toer met vier kinders nie so maklik gaan wees nie. Nie onmoontlik nie, maar die idee om hulle vir sewe tot agt ure op vliegtuig besig te hou, was ’n nagmerrie gedagte. Tog het sy het dit gemis om te reis. Derhalwe het Sonja ander drome begin droom om hulle liefde vir toer te kan voortsit, met die kinders. Tydens haar kraamverlof het Sonja ander, soortgelyke reisigers se programme begin volg en verlief geraak op die idee. Spesifiek “Expidition Happiness” het Sonja ’n nuwe doelwit en droom gegee.

“ … ek blameer dit op Netflix!” Sonja

Aanvanklik moes Sonja die idee aan Rheinholdt verkoop.  Met hom aan boord was dit eerstens die soektog na die regte bus. Hulle het uiteindelik een op Gumtree opgespoor en ’n dubbel-decker busin nie-werkende toestand, teen ’n goeie prys aangekoop. Toe die vraag – waarheen met so massiewe projek? Dit moet iewers staan, en toeganklik wees om aan te werk.  Dit is immers ’n work in progress en iets wat tyd, arbeid, hope beplanning en geld in beslag neem.

Uiteindelik het die bus en die projek staanplek gekry in hulle lekker groot hoek erf. Sonja erken sy was effens bekommerd dat dit haar besigheid negatief sou beïnvloed

“… ons het net besluit to bite the bullit en voort te gaan. Hierdie is ’n droom vir ons … “

As Graad 1 onderwyseres het Sonja ’n kleuterskool by haar huis oopgemaak en skerts lekker dat sy die verkeer mis wanneer sy werk toe en terug gaan. Met die grootte bus in hulle midde het die werk begin en Sonja deel gereeld op Facebook hoe die proses vorder. Volg hulle gerus op Facebook – fourkidsandabus. Dit is inspirerend vir ander wie ook dieselfde droom het.

Sonja en Rheinholdt het hulself ’n jaar gegee om die projek te voltooi. Hulle maak voorsiening om totaal en al off the grid te leef sodra hulle in die bus begin woon. Van gasstoof tot solar panele op die bus se dak, sal die proses moontlik maak. Die bus sal ook compousting toilet geriewe bo en onder hê, wat badkamer besoeke in die nag sal vergemaklik. Wifi is ’n moet aangesien Sonja aanlyn sal werk. Sonja vertel dat iemand op die “Kampmal” Facebook groep ook raad gegee het oor satelliet opvangs waar Wifi ’n probleem kan wees.

“Die plan is om permanent op toer te wees en sover as moontlik te toer. Ons gaan dit uittoets vir ’n jaar. Ek hoop dat ons selfs Europa met behulp van ferries sal kan toer. Dit is groot drome, maar in die tussentyd vat ons dit maar stadig en geniet die tyd.”  Sonja

Hulle maak selfs voorsiening vir familie en vriende om te kom kuier met behulp van banke in die onderste deel van die bus wat in ’n bed omskep kan word.

Die groot vraag is natuurlik – hoe gemaak om inkomste te verdien en hoe gemaak met die kinders se skoolopvoeding? In Sonja en Rheinholdt se geval het hulle eiendom om uit te verhuur en sal dus hul huurinkomste kan gebruik vir befondsing. Sonja gaan ook aanlyn Engelse klasse aanbied. Daar is ander opsies ook om te ondersoek, soos Work Away, waar reisigers byvoorbeeld op plase werk en met kos en blyplek vergoed word. In hulle geval is die blyplek dan nie nodig nie. Plaaswerk of bouwerk, dit maak nie regtig vir hulle saak nie. Die ervaring gaan juis vir hulle daaroor om saam, as familie, nuwe dinge te ondervind en beleef. Die getroude paartjie, Sonja, 34 en die 37-jarge Reinold is beide onderwysers en ken mekaar al sedert hoërskool. Dit is vir hulle belangrik om soveel as moontlik tyd as gesin saam te spandeer.

En opvoeding vir hulle eie kroos? Sonja deel dat hulle dogtertjie van 5 jaar reeds op die Impact program is, dus sal hulle voortgaan met die tuisonderrig vir haar en die ander drie jonger kinders, wat onderskeidelik 3 en 1 jaar oud is.

Sonja hoop dat hierdie idee meer sal groei in Suid-Afrika en dat meer mense hulle drome sal uitleef. Dalk sien ons binnekort meer van hierdie permanente wonings op ons paaie! Sy hoop ook dat kampeerplekke toeganklik sal wees om mense soos hulle en hulle bus-woning te akkommodeer.

Het Sonja raad vir ander wie ook hierdie droom met haar en haar familie deel?

“Just go for it. Ons as mense soek so maklik verskonings. Ons is soms so bang, bang om anders te wees, bang om uit die boks te dink en bang oor wat ander mense van ons gaan dink. Vir ons was die begeerte om elke dag as familie saam te wees groter.”

Nie net in die movies ­en op TV nie! Dit kan gedoen word! Gaan loer ook gerus op Instagram by Tiny House en Freedom Wheels.

Toer-groete

Annette