Dag 4 – Vroue-maand 2020

deur Surene Esterhuizen

Almal van ons het ’n happy place.  Dis daardie plek waarheen jy gaan om net weer te connect met jou siel. My happy place is altyd êrens in die natuur, maar my ultimate plek is by die see. Altyd met ’n sak vol boeke byderhand. Ek koop permanent boeke aan … en so het ek altyd iets nuuts om te lees wanneer ek weggaan vir ’n naweek of langer. En natuurlik gaan my laptop ook altyd saam sodat ek darem kan skryf ook.

Club Mykonos, Langebaan. Oktober 2015
Foto krediet: Surene

Die een is Struisbaai en die ander is enige Weskus-plek. Dit is waar my siel tot rus kan kom en ek net weer behoorlik kan recharge.

Struisbaai Hawe
Foto krediet: Surene

Waar is jou happy place? Waarheen gaan jy om net weer te herlaai? Waar kom jou siel tot rus?