deur Surene Esterhuizen
Vandag fokus ek op DANKBAARHEID … ek word vanoggend op Facebook herinner aan iets wat ek ’n paar jaar gelede daar gedeel het: Wat as jy vandag wakker geword het met slegs dit waarvoor jy God gister bedank het?

Sjoe! Die groot vraag is egter: het ek ooit gisteraand vir enige iets dankie gesê? Het ek dankie gesê vir die dak oor my kop, my so-oud-soos-die-berge-motortjie waarop ek nie ’n sent skuld nie en wat my 16km per liter gee, my werk waarheen ek die voorreg het om elke dag te gaan, vir die kos op my bord?
Wat as ek vergeet het om dankie te sê en Vader besluit Hy wat dit weg? Sjoe! Hoeveel van ons gaan iets oor hê?

In 1 Kronieke 16:34 word ons herinner: