Dag 6 – Vroue-maand 2020

deur Surene Esterhuizen

Vandag wil ek fokus op jou gedagtes. In Spreuke 4:23 sê die wyse Salomo: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.”

Foto krediet: FaceBook positiewe denke

Elke keer wanneer ek ’n self-help boek koop of op YouTube gaan soek na sulke videos, is daar altyd iemand wat iets te sê het oor die mense wat geld maak uit mense soos ek en dat ons wat die boeke lees nie noodwendig alles toepas nie. Nee, ons pas nie alles toe nie, maar dit verryk ons baie beslis en soms deel jy iets met iemand anders wat vir hulle great werk! Dit maak dat ons met ander oë na dinge rondom ons kyk.  En back at the ranch … dit wat die meeste mense in hulle self-help boeke skryf is gebaseer op wat God op ’n hele paar plekke reeds in sy Woord gesê het.

Reeds in die Ou Testament het God deur middel van Salomo se wysheid die mensdom laat weet om hulle gedagtes te rig. As jy negatiewe gedagtes het, gaan jy voel of alles in jou lewe negatief is.  Selfs in die Nuwe Testament het God ook vir ons in Fillipense 4:13 gesê: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”  Ons staan nie alleen nie. Nooit!! Want God is altyd by ons.

Foto krediet: FaceBook

Fokus op die mooi in die lewe! Fokus op positiewe gedagtes! Fokus daarop om die beste jy te wees wat jy kan wees.  

Weereens – let op jou gedagtes, want selfs Henry Ford het nie verniet gesê: “As jy dink jy kan, is jy reg. As jy dink jy kan nie, is jy ook reg!”