Dag 74 – 125 dae van dankbaarheid

deur Reneé Smit

Dankbaar vir…

Ek is baie lief vir diere. Inteendeel, soms spot ek dat ek liewer is vir diere as vir mense.

Ek is dankbaar vir die voorreg om diere te kan hê. Om lief te kan wees vir iets anders as myself, my familie, vriende.

Diere (en die natuur) maak iets wakker in my en laat my lig voel. Dit laat my van binne na buite glimlag. Wanneer ek in die middae by die huis kom na werk, blaf my Yorkie vreeslik. Dis nie ‘n aggresiewe blaf nie maar eerder ‘n verwelkomende blaf. ‘n Happy blaf wat sê ek is so bly jy is terug by die huis. Ek het jou gemis. ‘n Blaf vol liefde wat stert swaaiend voor die ingang vir jou wag. Wat altyd luister, jou onvoorwaardelik liefhet, jou aanvaar vir wie en wat jy is en wat nooit vir jou kwaad bly nie.

So ja, ek is dankbaar vir diere en vir die gevoel van happiness wat hul in my wakker maak.