
Soms wonder ons waarom God ons sekere dinge nie gee of help waar ons hulp nodig het in ons lewens nie … ons dink daaroor, dis ‘n versugting in ons hart en ons sê dalk dis wat ons wil hê.
MAAR vra ons ooit vir Hom? Heilige Gees is ‘n ware gentleman … Hy wag dat ons Hom in nooi in ons situasie in. Ons kan nie sommer net aanvaar dat Hy gaan hulp verleen nie. Hy wag vir ons om te vra … om Hom in te nooi in ons space.
Jakobus 1:6 sê ons moet gelowig bid en nie twyfel nie.
(Joyce Meyer – gesels met God elke oggend)
En dan wil ek ook sê: as jy dalk besluit om Jakobus te gaan lees (net 6 kort hoofstukkies), lees sommer ook Ps 127 & 128 daarmee saam.
Duideliker kan God dit nie stel nie: leef en soek God se wil en jy sal blessings ontvang uit Sy hand: (1) genieting van die vrug van jou arbeid, (2) gelukkige gesinslewe, (3) ‘n lang lewe en (4) om jou nageslag (kinders se kinders) as deel van jou lewe te hê.
KAN GELD EN FISIESE RYKDOM DAAI 4 DINGE KOOP?
God is good – ALWAYS!!