
Oom Willem is seker so rondom 85 jaar oud en hy maak huis skoon. Daar het twee bokse met boeke by my aangekom via kollega Mandia en daar is blykbaar nog ’n boks op pad.

Nou kyk mooi na die twee boeke op die foto: dis nie oorspronklike uitgawes nie, maar die eerste een van Twee vir ’n stuiwer deur W.A. Hickey is in 1965 uitgegee deur Perskor-Uitgewery. Die Wind van die See af deur Audrey Blignaut is oorspronklik in 1972 uitgegee deur Tafelberg Uitgewers.
WOW! Ek voel skatryk!

Op die agterblad van Audrey se boek staan daar geskryf: “Om ’n boek op te tel, is om ’n wêreld tussen jou hande te hou – ’n wêreld wat jou eie wêreld en lewe ryker kan maak, voller, wat jou ’n groter insig in die mens en sy bestaan kan gee.” Dit is die rede waarom ek lees, mense! Omdat jou onmiddellike wêreld soveel vergroot word daardeur!
Ek kan nie wag om binnekort hierdie twee boeke te begin lees nie.
Watter ou boeke treasure jy op jou boekrak?