Vandag is die inleiding na die feesvieringe om Afrikaans se 100 jaar te vier. Gaan kyk gerus op Afrikaans 100 se webtuiste en geniet al die lekker inligting oor Afrikaans.
Gaan lees hier waarvoor Afrikaans 100 staan.
Wens jou gunsteling woord in Afrikaans hier geluk en staan ‘n kans om ‘n Afrikaans 100 T-hemp te wen. Word deel van die pret om Afrikaans te vier.
Gaan volg gerus ook hulle Facebook blad en maak seker jy mis uit op niks nie.
Wil jy as ‘n gasskrywer ‘n skriffel of twee deel? Natuurlik moet dit iets wees oor ONS TAAL, AFRIKAANS. Stuur gerus ‘n vonkpos na info@surene.co.za.
Alle skriffels gaan ongelukkig nie gedeel kan word nie, maar indien dit nie kan werk nie, sal ek sê waarom. 😉

