ʼn Kans op vir altyd deur Cecilia Nortjé

ʼn Kans op vir altyd (2021) is die opvolg op ʼn Huis vir altyd (2020) en dis vyf jaar na Milan en Herk se egskeiding. Sy het nog steeds ʼn goeie verhouding met die seuns, maar Jessica is steeds verbitterd na haar pa en Milan se egskeiding.

ʼn Kans op vir altyd vertel die verhale van Milan en haar stiefdogter, Estie, maar ook van Jessica, Estie se ma. Milan is bekommerd oor Estie se eetversteuring en wil graag weer hulle verhouding herstel. Onverwags ontmoet sy vir Jessica en leer haar bietjie ken. Sy is ook steeds lief vir Herk.

Dinge gebeur en bring die drie vroue en Herk bymekaar. Sal Herk vir Jessica en Milan kan vergewe? Gaan Jessica gesond word? Gaan Milan se liefde beantwoord word?

Durf hulle almal hoop op ʼn kans op geluk, vir altyd?  

Ek het beide ʼn Huis vir altyd en ʼn Kans op vir altyd baie geniet en beveel beide boeke aan.

Beide is uitgegee deur LAPA Uitgewers.