Ag, flok tog!

Na my post oor geduld of die gebrek aan geduld ‘n paar dae gelede, is hierdie nou so soort van ʼn opvolg.

Fibre is uiteindelik tot binne in my huis gebring. Toe wag ek vir my modem en natuurlik om gekonnekteer te word.  What a disaster!! Ek kan steeds slange vang soos ek hier sit en is nog ver van afgekoel wees!

Ek sit al van vanmiddag 16:20 af tot nou so net na 20:00 en sukkel om gekonnekteer te kom.  Ek is nie stupid nie. In fact, ek het al verskeie kere in my lewe internet self gekonnekteer … ek wéét mos darem hoe om instruksies te volg.  Na verskeie oproepe na my ISP en waar ek elke keer vir hulle sê dat my fibre verskaffer sê dat die VT-nommer wat ek gekry het, moet ge-link word aan my rekening by my ISP, hoe meer vertel hulle my dat dit net ʼn verwysingsnommer is sodat hulle kan sien wie my fibre verskaf.

Frustration

Eventually, besluit hulle om ʼn fout te rapporteer wat ek op daardie stadium glo by hulle eie tegniese afdeling gaan wees.  Net om 5 minute later ʼn oproep te kry van my fibre verskaffer wat toe ook maar baie skepties klink, omdat die ISP vir hulle gesê het dat dit hulle boksie is wat nie reg werk nie. Die dame vra my toe om so ʼn ding of twee te doen sodat sy kan sien hoe my fibre boksie op hulle sisteem reageer. Ons kom tot die slotsom dat daar nie fout is met die fibre boksie nie.

Ek vra haar toe oor die VT-nommer en of ek reg verstaan het dat my ISP daardie nommer moet link na my rekening by hulle. Sy sê toe ja, beslis! As hulle dit gekoppel het aan my rekening by hulle, dan sou sy gesien het presies wat my pakket is en so meer.  Toe moet ek omtrent vasbyt of ek vloek lelik!! Weereens, geduld is nie een van my sterkpunte nie!!!

Ek skakel toe die ISP terug en praat toe met konsultant nommer 4 of 5 (ek het telling verloor). Ek verduidelik toe sommer dadelik van die VT-nommer en die mannetjie sê toe dat ek reg is daaroor, maar die afdeling wat dit kan doen het reeds 17:00 opgehou werk vir die dag en is eers weer môreoggend 8:00 beskikbaar.  Nou ja, mense! Ek voel of ek teen die mure kan uitklim!!

Fudge se tande werk

Intussen is ek dankbaar die ADSL werk darem nog, want Fudge het my Vodacom modem opgekou vanmiddag!  😊

 

Môre sal ek maar voortgaan met my fibre saga!