Jakkals en Wolf 2

Jakkals en Wolf 2 deur Wendy Maartens met illustrasies deur Gerda Smit, uitgegee deur Lapa Kinder- en Jeug.

Ek het so lekker gelees aan Jakkals en Wolf 2 dat ek skoon spyt is dat ek nie die eerste Jakkals en Wolf boek ook onder oë gehad het nie. Ek het so verlang na my pa, want hy het altyd vir ons Jakkals en Wolf stories vertel toe ons kinders was, want soos op die agterblad staan word Afrikaanse kinders al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf.

Ten spyte daarvan dat Jakkals en Wolf mekaar nog al die pad probeer uitoorlê, bly hulle steeds beste maats. Arme Wolf is nie heeltemal so slim soos Jakkals nie en trek baie kere aan die korste end.

Ek het heerlike gelag vir die avonture en streke van die twee maats.

Jakkals en Wolf 2 is ideaal vir kinders van 5 jaar en ouer. Mamma en Pappa sal ook die stories geniet en lekker nostalgies raak oor hulle kinderjare.