13 Dinge wat geestelike sterk mense nie doen nie

In 2013 nadat Amy Morin se man op 26 jarige ouderdom aan ʼn hartaanval oorlede is en sy self deur nog emosionele trauma gegaan het nadat haar ma ook oorlede is, besef sy dat sy met haar sielkundige agtergrond al die tools het om te sorg dat sy nie in ʼn donker gat beland nie. Sy skryf dus vir haarself ʼn lysie van 13 dinge wat geestelike sterk mense nie doen nie en post dit  ~ sonder dat sy daaroor dink ~ op haar blog. Die post gaan viral en word 50 miljoen keer gelees. Dit was ook die post wat die meeste gelees was op forbes.com.  Sy word deur verskeie uitgewers gekontak om ʼn boek te skryf.  In ʼn onderhoud noem sy dat sy die boek kon skryf deur te sê wat nodig is om geestelik sterk te wees, maar dat sy as ʼn ingeligte persoon ook met hierdie 13 dinge struggle.

Sy skryf in haar boek “13 Things Mentally Strong People Don’t Do” dat die ontwikkeling van geestelike krag ʼn drie-ledige benadering het, nl.  beheer oor jou gedagtes, gedrag en emosies.

Net kortliks, 13 dinge wat geestelike sterk mense nie doen nie:

by Amy Morin
  1. Mors nie tyd met selfbejammering nie.
  2. Hulle gee nie hulle “power” weg nie.
  3. Hulle is nie bang vir verandering nie.
  4. Hulle fokus nie op dinge buite hulle beheer nie.
  5. Hulle is nie “people pleasers” nie.
  6. Hulle is nie bang om berekende risiko’s te neem nie.
  7. Hulle leef nie in die verlede nie.
  8. Hulle maak nie dieselfde foute oor en oor nie.
  9. Hulle misgun nie ander mense hulle sukses nie.
  10. Hulle gee nie op na die eerste mislukking nie.
  11. Hulle is nie bang vir alleen wees nie.
  12. Hulle voel nie dat die wêreld hulle iets skuld nie.
  13. Hulle verwag nie onmiddellike resultate nie.

Nou as jy nie geestelik sterk is nie, is jy dan geestelik swak? Amy Morin sê nee, almal is in ʼn mate geestelik sterk en deur dus nie die 13 dinge te doen nie, word jy geestelik sterker.

Nou ja, dis nogal scary om deur die lysie van 13 dinge te lees en te besef dat sommige van daardie dinge soms tog in jou agterkop is. Soms kan mens deur ʼn lekker depro gaan en dan is jy tog so jammer vir jouself en voel dat dit tog so onregverdig is dat dit met Kosie, Pietie en Sannie baie beter gaan as met jou. Hulle het hul droom werk, ry hulle droom motor en woon in jou droom huis!  O ja, moet asseblief tog net nie hulle droom vakansies vergeet nie!

En dan vergeet mens die belangrikste van als … ons is nooit ooit alleen nie. Wanneer ons Vader erken in ons lewens en ons lewens in Sy hande plaas en Hom daarmee vertrou, dan begin dinge vir ons gebeur. So, wat gaan jy daaraan doen?  Wat is binne jou bereik? Beslis nie Kosie, Pietie of Sannie se werk, motor, huis of vakansie nie!

Ek het heelwat om oor te dink veral met nommers 1 en 2: mens kan so maklik in die slaggat trap om jouself jammer te kry omdat jy nie het wat ander het nie. En deur hierdie gedagtes van selfbejammering toe te laat, gee mens ook jou “power” weg. Wil jy regtig jou “power” gee aan dit wat jou gedagtes oorheers? En natuurlik nommer 4: mens is so geneig om jou te bekommer oor wat buite jou beheer lê … en dis nie altyd dinge nie, maar ook mense.

Die verbasende ding is dat mens soms so onvergenoegd is met jou lewe en dan is daar ander wat jou lewe as ʼn droomlewe beskou. What an eye opener!

Volg gerus die skakel na die artikel

Besoek gerus Amy Morin se  webtuiste