Vanoggend sien ek Preline Swart (Vise President Grain SA/Graan SA) se status update op Facebook en ek haal haar met haar toestemming woord vir woord aan: “Ek delete nou mense wat nie comment of like op my goed nie. Eks regtig nie snaaks nie! Asook diesulkes wat sê ek volg maar jou lewe of fb, maar hou nie van comment nie. Ekskuus … my fb is geen koerant nie. Klomp wat nou seker sê wie dink die meit is sy met gesigte op nul …” Ek weet nie wat die “gesigte op nul” beteken nie …
Ek het my so effe vererg vir die arrogansie ( 😉 ek sê dit tong-in-die-kies) van haar stelling asof sy reken dat al 700+ van haar Facebook vriende haar posts móét raaksien en dan daarop móét reageer? Ek is taamlik gereeld op FB en wanneer ek met my foon of tablet op FB is, comment ek selde of ooit, want die auto correct op beide toestelle dryf my teen die mure uit! As ek dus iets sien waarop ek regtig wil reageer, moet ek maar saans uit my bed klim en na my laptop gaan en van daar af comment sodat ek darem ordentlik kan tik sonder enige steurnis.
Ek moet byvoeg, ek het lekker gelag oor ʼn paar comments wat sy gekry het, en die beste was: Preline Times; beter as Bold and Beautiful; Try jou luck ek gooi jou grond toe ken j vmy; Ai man wat gaan hulle nou het om te doen; Raak ontslae meisie. Hle wil net sien wat in jou lewe aangaan. En so gaan dit aan en aan en aan. (By the way, presies getik soos gecomment.)
Mense besef egter nie hoe die newsfeeds werk nie. Joune skuif sommer gou-gou af ondertoe op die feeds van jou vriende. Maar al jou vriende follow ook nie jou profiel nie en sien dus nie wanneer jy post tensy hulle jou profiel gaan soek om te gaan loer nie. Ek volg beslis nie almal nie, sommige mense se feeds neem so oor dat ek ander oulike posts misloop. 😉
Ek post soms baie op my blad, soms min. As al 431 vriende my post raaksien en daarop gaan reageer deur te like of comment, gaan my foon heeldag ping om te sê daar gebeur iets. Ek is dus ook baie versigtig om op posts te comment of like, want vir elke comment of like daarop van iemand anders af kry jy ʼn ping!! By the way, Preline, jy like of comment ook nie op al my (of jou ander vriende) se posts nie, moet ons jou dus unfriend, want jy doen nie op myne nie? 😉
Ek het so randomly ʼn paar opinies gevra spesifiek met die woorde soos in Preline se post en die volgende is wat ek gekry het:
Belinda: “Ek post maar min op my facebook, want ek wil nie hê mense moet veel weet van my lewe nie, maar nee wat dit sal my nie pla nie, almal het mos nie altyd iets om te sê nie.”
Ina stem saam en voeg by: “Weet jy, dit is inderdaad presies wat Facebook se styl nou is. Mense is nuuskierig oor jou lewe, maar hulle maak asof hulle nie is nie. Dit is een moerse Big Brother Game. Ek post eintlik al hoe minder privaat goedjies, want dit voel vir my as iemand omgee moet hulle kontak maak.”
Lucelle sê dit pla haar nie regtig as iemand nie comment nie, maar dit hang af wat sy post. As dit nie iets is waarop sy kommentaar verwag nie, pla dit haar die meeste van die tyd nie.
Tania: “Ek is maar min op Facebook … ek is te besig met ander dinge. Ek self post nie baie nie. Ek deel gewoonlik Christelike goed en verwag nie altyd kommentaar nie. Facebook vreet te veel data om te sit en wag vir kommentaar” 😊
Caitlin sê sy stem 100% saam met Preline se stelling. Al hoekom sy nog haar Facebook het, is vir werk doeleindes. Sy het egter net vriende op haar profiel met wie sy gereeld praat, want die ander wil net sien wat in haar lewe aangaan en sy weier om haarself so te ontbloot. Sy sê mens kan wel iets deel van jou persoonlike achievements en ook iets oor jou kinders met ʼn spesiale geleentheid, maar dat jou veiligheidstelling op Facebook so is dat slegs jou vriende jou posts kan sien. Sy noem ook dat mens maar versigtig moet wees met wat jy deel oor jou kinders. Vra jouself af: Gaan dit my kind in enige manier baat? En dít mense, kom van ʼn 18-jarige!
Nicci sê ook dat dit haar nie pla nie, behalwe as sy iets post oor iets wat sy gedoen het of iets wat gebeur het, sal sy graag kommentaar daarop wil sien. Anders as sy net gewone goed share, pla dit haar nie.
Anene stem ook beslis saam en hét al iemand delete en sy het al nommer twee ingedagte. Sy vind dit ook creepy dat iemand jou add as ʼn vriend, nooit comment of like nie, maar later hoor jy by iemand anders wat hulle sê jy post op jou Facebook. Dit is frickin creepy! So, ook die narcissist-agtige mense – hulle post als wat hulle doen, jy like, comment en als, maar hulle reageer glad nie eens daarop nie. Hulle gooi net selfies of check in waar hulle oral gallivant en wanneer jy dit met ʼn like acknowledge, ignoreer hulle jou asof hulle celebs is wat nie hoef te reply nie!! 😊 Nee, Anene, ek weet nie wie hulle dink hulle is nie, maar die celebs op my profiel antwoord nogals. 😊 (Is ek nou ook ʼn narsis? 😉)
Suzette sê: “Mens delete nie jou vriende nie. Soms wil jy ook nie hê iemand moet comment nie, netnou kom daar iets skurf uit?”
Marizanne sê: “O hel, ek val in die kategorie van ‘ek volg jou lewe op fb, maar hou nie van comment nie’. As iets my pla, praat ek met jouself of as jy bollie (nie haar woord nie 😉 ) praat in my oë vat ek jou aan. Ek’s ʼn swak Facebook communicator.” Marizanne … maar jy reply darem soms!
Reneé sê sy like ook Preline se stelling. “Hoekom wil mense op jou fb wees as hulle niks like of sê nie. Nuuskierig?”
Sean sê: “Net mense wat worry oor fame sal so wees, want dan wil hê dit moet besig lyk op hulle profiel en lyk of mense actually worry.” Ek is geneig om saam te stem dat soms wil mense hê hulle beuel moet geblaas word en dit lyk so bietjie sleg as jy dit self te veel en te hard blaas, dan wil jy hê ander moet dit vir jou doen. Maar almal is nie só nie … 😉
Annette, my mede-blogger sê: “Ek dink dat ons onsself blootstel wanneer ons op FB is. Dit is ʼn sosiale media platform en out there in cyberspace … ons maak die keuse om out there te wees. So bly en aanvaar of gly!”
My opinie … sosiale media is ʼn goudmyn wanneer dit kom by netwerk. Ek sien mos op die groepe van verskillende areas wanneer iemand se hond of kat wegraak, word daai post gedeel tot daai ou diertjie gevind word – om maar net een voorbeeld te noem. Dit werk ook wonderlik om jou besigheid te bemark of vir bewusmaking … as jy net wéét hoe dit eintlik moet werk, nie waar nie.
Ek gee nie regtig om of mense kommentaar lewer op wat ek sê of deel nie, maar soms is dit tog lekker wanneer jy sien wié kommentaar lewer en veral lekker wanneer dit like-minded mense is. Daar is drie tipe gesprekke wat ek probeer om nie op sosiale media te voer nie: politiek, godsdiens en rasse-kwessies. Maar soms word ek genoodsaak om kommentaar daaroor te lewer, maar ek sal nooit doelbewus iets sê wat my in die moeilikheid kan laat beland nie, maar sal beslis my eie standpunt verdedig wanneer dit nodig is.
Verder is my Facebook-page myne … as jy nie like wat ek post nie, hou verby … net soos ek verbyhou op ander se posts … want as dit my nie aangaan nie, hoekom móét ek kommentaar lewer of like? As daar ʼn unlike opsie was, het jy dalk van my gehoor. 😊
Hoe voel jy daaroor – wil jy raakgesien word of Facebook of is jy happy om jou page net vir jouself te hê waar jy lekker interessante dinge kan deel?
Lees bietjie oor Preline: Die voormalige haarkapster wat nou vise president is van Graan SA.