Ons stel bekend – skrywer Mary-Ann

Ek is Mary-Ann Wolstenholme-Prinsloo en as ek ’n titel vir my lewens storie moet gee sal dit wees – Kleurvolle Tapisserie – ek sien altyd my lewe in prentjies en woorde.  Die woorde wat in my hart opkom is Kaleidoskoop van kleure, geure, mense, ervarings en herinneringe fyn saam geweef en dit is die produk wat jy vandag sien wanneer jy na my lewe kyk.

Ek het letterlik al iets van als gedoen, soveel kere in my lewe getrek en gereis  dat ek kan sê ek is ’n Gipsy. Ek is gebore met ’n wanderlust spirit. My Duitse oupa en ouma wat hulle in SA kom vestig het, is definitief die oorsaak daarvoor. Al my kinders lei aan dieselfde sindroom, manlief ingesluit.

Ek het nog altyd ’n liefde vir skryf gehad en as klein dogtertjie alles neergeskryf op papiertjies en in boekies;  ek skryf nog steeds als neer – wat ek sien, hoor, dink, wanneer ek gelukkig is  en wanneer ek hartseer is – woorde is vir my soos musiek dit het ’n ritme en melodie – dit is salf vir my gees. Boeke is my beste vriende. As kind was dit my wêreld waarin ek kon verdwyn, my happy place. Gee my ’n mooi joernaal en ’n pen as ’n geskenk en ek smile soos ’n kat wat room gekry het.

Ek het my professionele lewe begin as ’n joernalis by Die Burger, bekende Kaapse dagblad in die tagtiger jare en het vinnig agter gekom om oor landbouskoue, skape, perde, veilings en die Burgermeester te skryf is nie vir my nie.  Ek het die korporatiewe wêreld betree en het baie draaie en swaaie geloop, verskeie posisies beklee in verskeie industrie.  Ek het van BA Kommunikasie, Bemarking, Projek Bestuur, Social Sience tot ’n MBA studeer en is ’n Stellies Alumni. Ek moet bieg,  ek het my hele lewe gedink om die sukses leer te klim is die belangrikste ding in my lewe naas my man en kinders, maar 10 jaar terug het ek my sukses soekende skoentjies of sal ek sê “ The Devil wears Prada stilleto’s”  verruil vir  die preekstoel.

Dalk was dit die vrees vir  40, die rat race, die feit  dat ons seun gesterf het op 18, of net my gees wat opsoek was na my purpose in life  wat my alles oorboord laat gooi het – insluitende sekuriteit en ‘n lekker salaris.  Ek het my man en kinders oortuig om alles op te pak en ons klere in ’n tas te gooi en te gaan sendingwerk doen. Ons het as ’n familie ‘n nomadiese bestaan gevoer, alles saamgedoen elke dag, ongelooflike mense ontmoet; lewens verander en glimlaggies op klein vuil gesiggies in klein rural villages gesit.  In die proses het ek teologie studeer en vandag 8 jaar later kan ek sê dit was die beste besluit ooit.

God moulded and shaped me for a time such as this.  Ek het ’n beweging vir vroue gestig – Sisterskeeper Movement en ons leer vrouens om teen die norm van competition and comparison te skop en in the gap for her sister te staan om te sê: “I will be your keeper when you feel like giving up”. Ons motto is “to empower, encourage, inspire and motivate women to step into her God-given purpose”, maar die belangrikste van alles om haar identiteit te vind en net haarself te wees, Authentic You!

Ek besig om te skryf aan my boek Turning Point – Success to Significance waar ek my lewe op papier sit en die ander boek is Mosaic Stories, ’n bundel van stories van vrouens wat dieselfde gedoen het – in die tweede helfte van hulle lewe heeltemal ’n 180 grade draai gemaak het en iets nuut aangepak het.

Ek het ook onlangs agter die mikrofoon ingeskuif as radio aanbieder by  Jou Stasie  en WOW ek geniet die radio, ’n droom wat ek gedink het nooit sal realiseer nie het God vir my gewys girl you are never too old and it is never too late to happen.

Ek is getroud met die beste gentleman in die wye wêreld, Francois. Hy ondersteun my in alles, al weet hy nie aldag wat ek aanvang nie – want mal perde saal ek gereeld op – soos om die derde keer ’n baba van 3 weke oud aan te neem. Ons is letterlik versprei tussen adult children wat op trou staan, teenagers, pre school and toddler wêrelde. Ons is ’n smartie box family ek het twee prinsesse en vier prinse – Rizelle (33), Waldo (23), Mighail (21), Kyle (12), Aleeha (6) en Kaleb 18 maande – en ons huis is soos ’n bottel sjampanje wat altyd bruis en borrel en loop van tyd tot tyd oor.  Ek is ’n familie mens en ’n betrokke Mamma in my kinders se lewens. Ons doen alles saam met ons kinders, hulle is my klankborde, raadgewers en grootste aanhangers. Die Here het my gebless met ’n ongelooflike close-knit familie wat gevul is met liefde, lag en geluk.

Ek is ’n aktivis vir adoption, want ek glo elke kind verdien ’n gelukkige familie en lewe, ek is uitgesproke oor vroue bemagtiging en vroue regte en staan vir “The Gospel of Love of Jesus Christ

Ek sal elke dag braai en is mal oor die reuk van vuur en braaivleis, hou van kook en is verlief op lees. Ek hou van reis en vakansie hou, om nuwe plekke te ontdek en die mense van die plek te ontmoet – die kultuur te leer en ’n kykie in hulle harte te kry – ek is altyd opsoek na die mooi in die lewe. My ultimate is ’n glasie Franse sjampanje, maar moet maar tevrede wees met ’n MCC – ek en my dogter soek altyd na iets om te celebrate.

Hierdie saam-skryf is ’n wonderlike ervaring – vrouens met verskillende uitkyke, agtergronde en ondervinding word saamgegooi om een boek te skryf – ek glo dit gaan ’n wenner wees, nie net omdat ek bias  is nie, maar omdat dit uitsonderlik en uniek gaan wees.

My grootste doel op aarde is om ’n erfenis na te laat vir die volgende geslag – “to impact and influence the world around me, to encourage and inspire others to make this world a better place, I believe God puts a new fresh message in my heart, that people can relate to. Ek het ’n hart soos ’n taxi: altyd plek vir nog en regoor Afrika noem hulle my mama – dit maak my hart so warm.

Every day we have one chance and one opportunity – what are we doing with it – do we waste it  only on our own selfish desires or do we invest it into the lives of others – I choose to invest it!