Isolasie-dinge …

deur Annette Havenga

Hou jy ook sosiale media dop om te sien waarmee die res van Suid-Afrika hulself besig hou gedurende hierdie inperkings tyd? Net soos vele ander lande in die wêreld moet ons tuis bly en ons afstand van ander mense hou. Gesels en kuier kan jou siek maak. Nogal ‘n tall order vir ‘n braai-en-kuier-nasie.

My isolasie tyd het so paar dae na die res van my huisgesin begin, maar ek het dag een al besef ek gaan daadwerklike planne in plek moet hê om my sanity te behou. Kyk, ek hou van my huis en om tuis te wees. Dit is net effens anders wanneer jy dit uit ‘n bevel moet doen as uit vrye keuse.

So, alhoewel twee van hierdie afsonderings dae my in slaapklere gesien het, (ja die hele dag, no judgement, please), was dit darem voor my rekenaar aan die skryf en besig met tonne sosiale media werk. Dan het ek by ‘n Lockdown Movie Project aangesluit en dit bring elke dag se oudisies, self-opnames en lyne leer. Kry selfs ‘n traan of twee reg waar nodig, hoor!

Stills van ons nuwe kortfilm vir KykNet Silwerskermfees.

En dit doen ek tussen die hordes onbeplande stappies kombuis toe en selfs wanneer ek op my spin fiets is. Ek probeer ook my liggaam in allerhande vreemde yoga posisies, weer eens lyne naby.

Plank en lyne leer … multi tasking!

Mens sou dink die dae is lank en boring, maar tussen projekte, kaste regpak, garage uitsorteer en honde bad, is daar nie tyd vir wonder wat om te doen nie. Manlief en dogter moet ook hulle deel van aandag kry. Behalwe die kommer oor finansies, is dit eintlik nie so sleg om tuis te wees nie.

My een honde-kind, Tyson.

Ek probeer maar aan die silwer randjie dink en die stres oor die onbetaalde dae eers op die agtergrond skuif. Skielik is die lug blouer, die strande witter en rommel vry. Tyd is soveel meer en ons troeteldiere is super happy dat ons heel dag tuis is. Ek beplan beter, om onnodige ritte winkel toe te vermy en kan nogal by my lysie hou, eerstens as gevolg van die geld wat lank moet strek en tweedens – jy wil net in en uit.  Dink net, jy spaar petrol en koffie winkel kuiers. Ek moet egter erken dat ek na 16 April beslis gaan opvang op daardie verlore dates. Ons dink meer uit ons comfort zone en doen Skype partytjies en luister na kunstenaars se aanlyn shows. Ons leer om vriendskappe, familie en vryheid te waardeer.

Ek en my mede-aanbieder Didi,  en ander Happening-kollegas is aan die werk om ons brand te bou, ons werk aan inhoud en beplan dat die rook trek. Watch this space mense!

Isolasie en inperking laat my dus met gemengde gevoelens. Daar is die lekker van tuis wees en meer tyd op hande hê, maar daar is ook die realiteit van die situasie. Dat hierdie virus Suid-Afrika en die res van die wêreld op ons knieë gedwing het, is verseker. Dat die ekonomie groot skade gaan ly is onafwendbaar. Dat ek as vryskut werker onbetaald tuis is, wil-wil my asem wegslaan, maar dan sit my dogter ‘n koppie koffie voor my neer en vir ‘n rukkie is dit net die nou-oomblik wat saak maak.

Ek en my beautiful dogter!

Besig bly in isolasie groete

Annette