deur Surene Esterhuizen
Ek weet nie of ek langer nuus wil lees of Facebook groepe volg nie. Elke dag raak ek net meer moedeloos oor hoe die regering sekere dinge hanteer. SEB word toegepas in ‘n noodtoestand. Kos word weggehou van mense wat die nodig het om te oorleef. Besef die regering nie dat daar baie sogenaamde wit maatskappye is wat aan swartes ook werk gee nie? Besef hulle nie, dat as hulle daardie sogenaamde wit maatskappye nie gaan help nie, daar nog meer swartmense gaan wees wat ook werkloos gaan wees?
Ek word vanoggend moeg wakker, want ek bekommer my selfs in my slaap oor die dag van môre. Ek word wakker met die gedagte van Psalm 121 en Psalm 125. Almal ken Ps 121 wat gaan oor my hulp kom van die Here. Maar wie ken Ps 125? Dit sê “Die Here beskerm sy volk”.
Kom aan, mense, al wat ons gaan red is ‘n volk op sy knieë voor Abba Vader. Een-een kan ons bid, maar as ‘n land se mense gaan ons die groter prentjie in geloof kan verander!
Gaan ons steeds tydens inperking ons bekommer oor die goed wat ons nie mág koop nie? Wat van die noodsaaklikhede wat jy later nie kán koop nie, want jou geld is op?
God belowe op verskeie plekke in Sy Woord dat Hy ons sal beskerm. Ons moet dit own, dit vir ons vat! Hy wíl Sy beskerming vir ons gee. Ons mág Hom elke dag aan Sy beloftes herinner! En ons móét elke dag ons deel doen om Sy genade en beskerming te verdien!
MAG DIE VREDE WAT ALLE VERSTAND TE BOWE GAAN, OOR ONS ALMAL KOM!
God is gister, vandag en môre dieselfde!
Waar staan ek nou na vanoggend? Rustiger? Ja, tog, want Vader sê ons moet Hom net vertrou!
PSALM 125:1-5 – AMPLIFIED
Those who trust in and rely on the Lord [with confident expectation] Are like Mount Zion, which cannot be moved but remains forever. As the mountains surround Jerusalem, So the Lord surrounds His people From this time forth and forever. For the scepter of wickedness shall not rest on the land of the righteous, So that the righteous will not reach out their hands to do wrong. Do good, O Lord , to those who are good And to those who are upright in their hearts. But as for those who turn aside to their crooked ways [in unresponsiveness to God], The Lord will lead them away with those who do evil. Peace be upon Israel.
PSALM 125:1-5 – DIE BOODSKAP
Iemand wat die Here vertrou, is soos ’n rots wat jy met geen hyskraan of koevoet kan beweeg nie. Hy staan vas sonder om te beweeg. Jerusalem word deur berge omring. Dit beskerm sy inwoners. Net so bewaar die Here diegene wat Hom vertrou. Hy hou sy oog oor hulle. Wees gerus, die Here beskerm die mense wat Hom liefhet. Slegte mense wat die Here nie dien nie, sal nie God se kinders kan mislei nie. Hulle sal nie sy kinders kan ompraat om kwaad te doen nie. Here, wees goed vir goeie mense. Hulle is opreg. God straf mense wat aanhou om verkeerde dinge te doen. Hulle verdien om saam met kwaaddoeners uitgeroei te word. Mag die Here sy vrede vir julle gee!