Surene gesels Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Afrikaans, my taal!
Ek is lief vir Afrikaans, al het ek soms die neiging om ‘n bietjie te skryf soos ek praat – nie so suiwer nie. Daar is vir my net niks lekkerder as lekker Afrikaanse woorde nie. Niks lekkerder om ‘n boodskap ordentlik uit te skryf nie. Toe my seun in laerskool was, was Mixit en hulle manier van skryf vreeslik gewild. Hy het egter geweet – as hy verwag dat Mamma moet hom antwoord, dan moet hy in volsinne skryf.

Mens kry vandag nog volwassenes wat in Mixit afkortings skryf – dit irriteer die hel uit my uit!!

Skryf tog al jou woorde mooi uit vir my!

Gaan volg gerus Afrikaans 100 op Facebook en neem deel aan hulle kompetisies tot aanloop van Afrikaans se 100ste verjaardag as een van Suid-Afrika se amptelike tale.

The post Afrikaans, my taal! appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

My liefde vir Afrikaans
Dit voel of my liefde vir Afrikaans maar van altyd af daar was, maar ek onthou spesifiek hoe ek elke boek wat ek my hande kon oplê verslind het van ‘n baie jong ouderdom af.

In laerskool het ek alles (in Afrikaans) gelees wat beskikbaar was in die skoolbiblioteek. My ma het my destyds by ‘n boekklub aangesluit waar ek darem twee boeke per maand kon kry. (Ek dink dit was iets soos Daan Retief Uitgewers – ek kan nie werklik onthou nie.) Helaas, was dit nie genoeg nie. My ma was geforseer om my na die plaaslike munisipale biblioteek te neem om aan te sluit. Ek het gereeld saam met die buurtannie biblioteek toe gegaan, want sy was net so ‘n vinnige leser soos ek.

My ma het ook gelees – sy het aan ‘n boekklub behoort, en later het sy deur Leserskring boeke bestel. Ek het natuurlik vroeg in hoërskool vir Ena Murray, Susanna M Lingua, en vele ander ontdek en so het ek stelselmatig my ma se boekrakke deurgewerk totdat ek alles gelees het.

So het my liefdesverhouding met Afrikaans begin.

Ek gaan julle oor die volgende jaar saam neem op my reis met Afrikaans en haar wonderlike skrywers. Ek sal egter weer ‘n besoek aan die biblioteek moet bring en kyk of van daardie eerste boeke wat ek gelees het wel nog beskikbaar is.

The post My liefde vir Afrikaans appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Afrikaans word 100 in 2025
Vandag is die inleiding na die feesvieringe om Afrikaans se 100 jaar te vier. Gaan kyk gerus op Afrikaans 100 se webtuiste en geniet al die lekker inligting oor Afrikaans.

Gaan lees hier waarvoor Afrikaans 100 staan.

Wens jou gunsteling woord in Afrikaans hier geluk en staan ‘n kans om ‘n Afrikaans 100 T-hemp te wen. Word deel van die pret om Afrikaans te vier.

Gaan volg gerus ook hulle Facebook blad en maak seker jy mis uit op niks nie.

Wil jy as ‘n gasskrywer ‘n skriffel of twee deel? Natuurlik moet dit iets wees oor ONS TAAL, AFRIKAANS. Stuur gerus ‘n vonkpos na info@surene.co.za.

Alle skriffels gaan ongelukkig nie gedeel kan word nie, maar indien dit nie kan werk nie, sal ek sê waarom. 😉

The post Afrikaans word 100 in 2025 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Plaaskombuisverlange
deur Nico Moolman 14/02/2005

Ek weet nie wie Nico Moolman is nie, maar ek het die aangehegte gekry by ‘n VLV oggend en die nostalgie loop dik na Mamma se kombuis en heerlike geregte en gebak wat sy kon optower.

Die Murasie staan grafsteen op die Ouplaas se werf.

Klitsgras strooi confetti wat die weeskinders erf.

‘n Dwarrel soek blare, maar dis jare te laat.

Net die aalwyn probeer om te groei sonder maat.

Kom maar in, daar is melktert en boontjiesop.

Bakoond brood met botter en makataan jêm op.

Lemoenstroop vir die kinders,

Vir die oues gemmerbier.

Kom nader kombuis toe, die stoof het nog vuur.

Uit die stiltes van skadu’s fluister perskekonfyt.

Koue koffieverlange onthou droë beskuit.

‘n Bondeltjie waaigras verdwaal waar dit lê

Dis so al of die noodlot dit onhoorbaar wil sê:

Kom maar in, daar is soesies,

Sjoe-sjoes met stroop.

Sjoklit koek met icing wat jy nêrens kan koop,

Varsgebrande koffie, souskluitjies met kaneel.

Roly-poly poeding en skuimpies te deel.

Hoe lank gelede is vaag en irrelevant.

Wat tel is die era van my grootjie genant.

Ou albums, stories, briewe van my ma.

Die antwoorde raai ek, al is daar nog vrae.

Kom maar in, stap deur kombuis toe,

Daar is heelwat te proe.

Kom binne, jy’s nog welkom hier.

Kom nader, kombuis toe, die stoof het nog vuur!!

Foto: Appel en murgpampoenkonfyt – interessante kombinasie wat heerlik proe

Foto krediet: Surene Esterhuizen

The post Plaaskombuisverlange appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Waar my Vader is
Mense vra altyd waarom ek ~ wat maar eintlik ‘n stadskind grootgeword het ~ wil platteland toe. Dis waar ek Vader se teenwoordigheid langs my voel wanneer ek stap op die stofpaaie tussen plase of deur ‘n dorp. Dis waar ek Sy stem hoor in die geruis van die wind deur die bome se blare of in die rollende branders. Waar Vader deur ‘n wit veer op die strand sommer net vir my sê: Ek is hier!

Dis waar die sterre op hulle helderste skyn en nader voel. Dis waar die ruimte van die veld my hart met vreugde vul! Dis waar die voëls se gekwetter in die bome helderder is … veral vroegoggend. Dis waar ek die goggatjies in die sand van die stofpad sien, die nuwe blaartjies wat sommer so tussen êrens en nêrens uit kom en moedig deurbeur waar dit eintlik nie behoort te groei nie. ‘n Veer êrens op die sand! U is in elke sonopkoms, maar veral is U in elke sonsondergang, my gunstelingtyd van die dag saam met U.

Dis waar ek méér bewus is van ‘n goddelike teenwoordigheid in hierdie wêreld van ons. Dis waar ek kan werk en dit voel nie soos werk nie. Dis waar dieselfde 24 uur langer voel as in die stad. Dis waar daardie selfde 24 uur voel of ek baie meer tyd het en meer gedoen kry.

Ek wéét Vader het vir my ‘n plekkie êrens op die platteland, want Hy het dit beloof. Ek wag nog ~ nie so geduldig nie ~ om te hoor presies waar. Vader, U ken die versugtinge van my hart beter as ek self. U weet ook … ongeduld maak dat ek nuuskierig gewonder oor die volgende hoofstuk van my lewe. U is ook die enigste Een wat weet hoeveel tyd daar vir my is. Ek bid dat U die droom wat U in my hart gelê het, sal waar maak.  U is die enigste Waarmaker van drome. My gunsteling song is nie verniet Way Maker nie.

The post Waar my Vader is appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

as die kruis kon praat
as die kruis kon praat – © Surene Esterhuizen

ek sit met ‘n droom in my hart
om weer in Israel se strate in U voetspore te loop
om weer deur die tuin van Getsemané te stap
en te weet U voete het hier geloop
Here, dit was ongelooflik
om eeue later te weet: U was ook hiér
hier in die tuin van Getsemané
het U my ook gewys dat ek
verlos sal word van die
wêreldse dinge wat my gevange hou

om weer ‘n bootvaart te beleef
op die See van Galilea
en te weet: hiér het U die storm stilgemaak
soos U ook die storms in my hart stilmaak

om weer die Vallei van Ela te besoek
en te besef U is groter as
die Goliats in my lewe
my 5 klippies lê op my rakkie
om my te herinner

U, my Vader, is groter as groot

om weer die bad van Betesda te sien
en te weet U maak bemoeienis
met my, want hier het U vir my
‘n persoonlike boodskap gegee

om weer in die Wildernis van Judea
te staan, oor die woestyn te kyk
en te weet: hiér was U deur Satan versoek
en Here, hier het ek ‘n streep
in die sand getrek en gesê:
tot hier toe en nie verder nie

om weer Pilatus se verhoorsaal te besoek
en te besef: hier was U onskuldig verhoor,
gevange gehou, vasgebind, sonder kos en water
alleen . . . in ‘n donker diep gat

om weer in Israel op Golgota af te kyk
te weet hier het u aan ‘n kruis gehang
met die besef dat U dáár U
laaste asem uitgeblaas het … vir mý
as die kruis kon praat
sou ek besef dat dit nie
net ek is wat soms van
God verlate voel nie

sou ons hoor hoe U vra
my God, my God, waarom het U my verlaat?

as die kruis kon praat
sou ek my kop
in skaamte laat sak
soos die dag toe ek
U om vergifnis gesmeek het
en my hart onherroeplik aan U gegee het

as die kruis kon praat
sou ek weer hoor: jou skuld,
my kind, is vol betaal

© Surene Esterhuizen

The post as die kruis kon praat appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Ken jy ‘n draakvrug?
Ek weet nie van jou nie, maar ek ken dit as dragonfuit.

Waar in die wêreld kom ek nou aan ‘n draakvrug? In my soektog na ysterryke groente en vrugte het my pad met die van die draakvrug gekruis.

‘n Draakvrug is ‘n eksotiese vrug van verskeie spesies kaktusse. Die vrug is helderpienk met skubbe – die stekelrige skubbe het aanleiding gegee tot die naam: draakvrug.

Dit is inheems aan Sentraal- en Suid-Amerika, maar word ook in Asië en Noord-Australië verbou. Mens kry dit ook in Suid-Afrika te koop – ten duurste. Dit word in verskeie streke in Suid-Afrika verbou, Natalse Middelande, Kusstreke van KwaZulu Natal, Laeveld area vanaf Nelspruit tot Tzaneen, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Die grootste nuwe plantasies in Suid-Afrika is rondom Dendrom en Louis Trichardt in die Limpopo Provinsie.

Die draakvrug is nogals duur en verkoop tans vir so tussen R50 en R60 per kg.

Gebruike van die draakvrug

Dit word maklik afgeskil en die vrug kan vars, in slaaie en “smoothies” geëet word. Die vrug word ook geprosesseer in ‘n droë vrugte rol, vrugte stafies, roomys, konfyt, sap, as ‘n pulp en ook in joghurt.

Hoe om ‘n draakvrug te eet

Gesondheidswaarde van die draakvrug

Die draakvrug is hoog in vitamiene C and ander anti-oxidante en is dus baie goed vir die immuunstelsel. Dit kan beslis ook jou ystervlakke ‘n goeie “boost” gee. Yster is ongelooflik belangrik om suurstof deur jou liggaam te vervoer en om jou energie te gee. Die draakvrug is ryk aan yster. Die feit dat die draakvrug ook ryk is aan vitamiene C beteken dat die yster makliker deur jou liggaam absorbeer word.

Hoekom is die draakvrug so duur?

Dit is ‘n duur vrug omdat dit tropies is en dus nie in baie dele van die wêreld verbou word nie. Die meerderheid van die draakvrug word in Vietnam, Malaisië, Thailand en Mexico verbou.

Wanneer kan jy nié draakvrug eet nie?

Indien jy op medikasie is vir diabetes kan jy nie draakvrug eet nie. Die draakvrug verlaag jou bloedsuiker. Om dus draakvrug te eet saam met jou medikasie, kan jou bloedsuiker te laag laat raak.

Interessante smaak

Ek hou nogals van die smaak van die draakvrug wat ‘n kombinasie is tussen peer en kiwi vrug. En die bonus – dis ysterryk en dus baie goed vir ‘n mens.

PS:  As jy kronies moeg raak, laat gerus jou hemoglobien check.  ✔

The post Ken jy ‘n draakvrug? appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Moenie die dooswyn vergeet nie!
Gisteraand woon ek die boekbekendstelling by van die nuutste boek, Marinda kook met blikkies en
pakkies, van die kleurvolle en flambojante Marinda Engelbrecht. Ons is heerlik vermaak deur hierdie
kleuryke vrou en haar ongelooflike humorsin en die lyn wat ons die hardste laat lag het was: Moenie
die dooswyn vergeet nie!!! Duidelik val dooswyn as ‘n kookwyn onder blikkies en pakkies.

Die gesprek word gelei deur een van Marinda se hartsmense, Ingrid Jones, en Ingrid vra lekker vrae
sodat vrae-tyd na die tyd amper-amper oorbodig is. Ek deel ‘n paar van die vrae wat ek interessant
gevind het.

Almal luister aandagtig

IJ: Jy het verwag hier gaan 10 mense wees en nou is hier ‘n 100? Hoekom dink jy kom mense?
ME: Ek dink hulle kom luister na my, want hulle kan nie kook nie. Saam met loadshedding is dit
seker die beste manier kos te maak.

IJ: Ek kyk nou een van jou vorige boeke: Maklik met Marinda. Dink jy dat mense boeke te
gekompliseerd maak en dat joune verkoop omdat dit so maklik is?
ME: Ek is nie op die A-list van publieke figure nie. Hoekom nie? Want my mark is die man in die
straat: die man wat by Checkers en ander kettingwinkels koop, die man wat Huisgenoot en die Kuier
tydskrif lees en wat saam met my in die Vallei rondloop. My aspirasie is nooit om gesofistikeerde kos
met produkte te skep wat jy by Takealot moet bestel nie. My produkte waarmee ek kook moet
beskikbaar wees in jou kas en maklik verkrygbaar by die plaaslike supermark. Ek dink my boeke is
toeganklik vir die deursnee massa-mark wat kook en eet soos normale mense.

Marinda & Surene

IJ: Hoe het jy besluit wat gaan hier in jou boek wees?
ME: Wat die boek interessant maak dink ek, is … normaalweg het jy ‘n boek met voorgeregte,
hoofgeregte en nageregte (en by the way daar agter staan ‘n nagereg: Hasiepoep. Het julle al
hasiepoep geeeet? Lekker, ne?) Ek het nie ‘n boek met daardie indeling gemaak nie. Ek het dit so
gemaak dat as jy jou kas oopmaak en sien jy het baked beans, dan gaan jy en kyk wat kan ek maak
met die blikkie in my kas, bv. Baked beans, kondensmelk, ens.

IJ: Wat moet ek koop of aanhou om my spens vol te hou met die basiese goed wat mens nodig
het?
ME: Voor in die boek is ‘n hoofstuk waar ek aanbeveel wat die basiese goed is wat jy moet
aanhou in jou spens.

“Mense het ook die idee dat blikkies en pakkies is vaal kos. Ek het spesifiek die boek gemaak om te
wys dat blikkies en pakkies kan fleurig wees en dat jy vir iemand ‘n mossel sop voorsit – vir van die
grandste mense.” – Marinda Engelbrecht

Reeds nr 1 by Exclusive books

IJ: In die beplanning van jou boek, het jy gaan kyk na hierdie goed soos MSG, gluten en al daai
goeters?
ME: Glad nie. Nee, dit was vir my glad belangrik nie, want die meeste geblikte voedsel het dit nie
in nie. Ek dink die meeste mense lees nooit wat op hulle pakkie staan nie. Die goed wat in ‘n blikkie
in is, kan ek jou waarborg is net so gesond soos vars produkte. Wanneer daar goed soos voedsel
kleursel bykom soos jellie, koeldrank, lekkers ens dan moet jy jou labels lees.

Marinda teken boeke

“Mense vra gewoonlik hoe skryf ek ‘n resep? Ek vat letterlik bv ‘n blikkie tamatiesmoor uit die kas. Dan kyk ek nou vir haar so. Dan dink ek wat gaan ek nou met jou maak? Ek dink drie-dimensioneel en sien hoe dit sou lyk as dit klaar is en dan skryf ek die resep met wat ek dink daar in moet wees. Ek kan al in my kop dink hoe dit kan proe. Ek erken nou vanaand: ek het al resepte geskryf wat ek nog nooit gemaak het nie. My resepte gaan na iemand toe wat dit alles uittoets en ek proe tot ek dink dit proe reg. Elke resep in my boek is duidelik geproe en beproef.” – Marinda Engelbrecht

IJ: Blikkies en pakkies – kook jy met wyn? Want dan moet dooswyn hier in kom.
ME: In die Voorwoord staan daar duidelik: Moenie van dooswyn vergeet nie. Weet julle, mense trek hulle neus op vir dooswyn, maar na die tweede glas proe alles dieselfde. Ek kook graag met wyn. Die grootste fout wat mense maak as dat hulle nie die wyn laat uitkook nie. Daai alkohol, sterk wyn smaak moet uitkook. By the way, ouens, die lekkerste oxtail wat ek al gemaak het, was met ‘n bottel Old Brown Sherry, wat ek van die begin af ingegooi het. Dus, gaan groot met dooswyn!

Toe Ingrid haar vra of sy dink die pad na ‘n man se hart loop deur sy ma, sê sy onomwonde: “Is jy mal? Dis veel laer!”

Dit was ‘n heerlike aand gevul met humor en lag wat mens moeilik op papier kan uitdruk. Mens moes maar self daar gewees het om die samehorigheid en die atmosfeer te kon beleef.  There is just
no words to make you feel what I felt last night!!

Marinda kook met blikkies en pakkies is die ideale boek vir studente en mense wat kampeer. Al haar
resepte kan op ‘n stoof, en ook in ‘n mikrogolf of airfryer gemaak word.
Die wonderboek is uitgegee deur NB Uitgewers en soos Marinda Engelbrecht tereg sê: hulle is haar
mense en sy wil haar boek by niemand anders uitgee nie!!

Marinda kook met blikkies en pakkies (ISBN 9780798182966) is te koop by: Exclusive Books en Bargain Books, asook aanlyn by Takealot en Loot.
Dankie aan NB Uitgewers en Exclusive Books Tygervallei vir die uitnodiging na Marinda kook met blikkies
en pakkies se bekendstelling.

Foto krediete: Eben Pienaar, Bemarking, NB Uitgewers

The post Moenie die dooswyn vergeet nie! appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Watter ou boeke treasure jy?
Oom Willem is seker so rondom 85 jaar oud en hy maak huis skoon. Daar het twee bokse met boeke by my aangekom via kollega Mandia en daar is blykbaar nog ’n boks op pad.

Nou kyk mooi na die twee boeke op die foto: dis nie oorspronklike uitgawes nie, maar die eerste een van Twee vir ’n stuiwer deur W.A. Hickey is in 1965 uitgegee deur Perskor-Uitgewery. Die Wind van die See af deur Audrey Blignaut is oorspronklik in 1972 uitgegee deur Tafelberg Uitgewers.

WOW! Ek voel skatryk!

Op die agterblad van Audrey se boek staan daar geskryf: “Om ’n boek op te tel, is om ’n wêreld tussen jou hande te hou – ’n wêreld wat jou eie wêreld en lewe ryker kan maak, voller, wat jou ’n groter insig in die mens en sy bestaan kan gee.”  Dit is die rede waarom ek lees, mense! Omdat jou onmiddellike wêreld soveel vergroot word daardeur!

Ek kan nie wag om binnekort hierdie twee boeke te begin lees nie.

Watter ou boeke treasure jy op jou boekrak?

The post Watter ou boeke treasure jy? appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Ek het geleer … of dalk het ek nie …
Diegene wat jou nie opsoek nie, mis jou nie.

En wie jou nie mis nie, hou nie van jou nie.

Die lewe besluit wie in jou lewe kom, maar jy besluit wie daar moet bly.  (Glo my, dis bevrydend om die bande te knip.)

Die waarheid maak net eenkeer seer, maar die leuen maak altyd seer.

Daarom gee meer aandag aan die wat dit aan jou gee, en nie aan diegene vir wie jy slegs ŉ opsie is nie.

Wie jou seermaak, maak jou sterker.

Wie jou kritiseer of van jou skinder, maak jou belangriker.  (Imagine, hulle neem tyd om jou te bespreek.)

Wie jou beny, maak jou interessanter.

En baie keer is dit interessant om te weet dat … diegene wat vir jou die slegste in die lewe toewens, sal moet aanvaar dat die beste met jou sal gebeur. (Karma is ŉ bitch.)

Jy hoef nie mense in jou lewe toe te laat net omdat dit (dalk) goeie maniere is nie. Maak jou keuse vandag. Ek het gister al gekies.

The post Ek het geleer … of dalk het ek nie … appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Woordkuns was … offline
Woordkuns was off line for a few days due to a SSL certificate that expired. Apparently it was installed on my machine 3 months ago, and when it expired the links to posts didn’t work and visitors got a message indicating that woordkuns is an unsafe site to visit. Havoc, if you ask me!!!

Stock photo: Dreamstime

Just the night before all this havoc started, I scheduled about 8 posts. What was my first thought? I thought there was infected photos that I loaded with my posts and this caused the problem. I deleted it all – gladly there was no infected photos, but now I have to put it all back on the site again.

Back to the SSL certificate … apparently this is something that is part of what you get for your website from your service provider. It took a few days to fix, but hell … I’ve learnt something in the process too.

We are back online and you are welcome to read some of our past posts in the meantime.  I cannot wait to share all the new content with you all. I will also like to have some feedback on what you would like to read more about.  We currently have our Inspiration women section and we have an upcoming series about interesting people of the West Coast of South Africa.

I will have the first posts released later this evening and early tomorrow morning.

Looking forward to entertain you with some interesting topics …

Annette chats with Le Lue

The post Woordkuns was … offline appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Ontvlug jy ook in romanses?
Ek is totaal en al verslaaf aan lees en ’n lekker romanse is maar net eenvoudig lekker!  Het jy geweet binne elke Romanza-titel van LAPA is daar ’n Het jy geweet? … no pun intended!! 😉

Het jy geweet dat wanneer jy ’n romanse lees, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel?

Het jy geweet dat wanneer jy ’n romanse lees, dit jou stres verlig op ’n natuurlike manier?

Het jy geweet dat wanneer jy ’n romanse lees, jy ’n gevoel kry van emosionele versorging omdat die held die heldin se diepste behoeftes verstaan?

Het jy geweet dat die jongste lesers is tieners en die oudstes is in hulle 90’s?

En daar is nog ’n hele paar Het jy geweet-vrae binne in elke boekie.

Waarheen ontvlug jy in jou romanses? Ek hoop op ’n werklikheid van ’n plekkie in die bos of by die see … sonder dat ek my oor finansies van die wegbreek hoef te bekommer. Ek hoop op iemand wat my sielsgenoot kan wees … iemand wat my stilstes en my siel kan verstaan. Iemand wat my kan laat lag … diep uit my maag uit.  Iemand wat rustig saam kan kuier om ’n lekker kampvuur met ’n heerlike glas wyn en sommer kan gesels oor alles en nog wat … of dit sin maak of nie. Ek hoop op iemand wat verby my minder mooi uiterlike sal kyk en my model-mooi innerlike sal raaksien. Ek hoop op iemand wat verby my Oros-lyfie sal kyk. Ek hoop op iemand wat verby my stekelrigheid sal kyk en die juweel wat ek vir spesiale mense wegsteek sal ontdek.

Ek koop myself bankrot aan romanses. Hoekom? Want diep binne in ons is ons almal opsoek na daardie perfekte maat wat ons sal aanvul. Daardie perfekte maat wat jou gaan aanvaar presies soos wat jy is … terwyl hy wil hê jy hom ook presies so moet aanvaar. (Die realiteit op die dating sites is egter iets heeltemal anders, maar meer daaroor later.)

Ek leen my boekies uit aan uitgesoekte mense … want dit moet mense wees wat boeke met dieselfde respek behandel as wat ek dit doen.  Een van my mensies, tannie Bie, is 80 jaar jonk. Ek leen soms ander tipe boeke soos ’n goeie speurverhaal ook aan haar. Met my laaste besoek aan haar sê sy vir my om maar net liefdesverhale te bring, asb. “Ek hou nie van moord en doodslag nie. Die held moet die heldin gryp, warm vry en hulle moet vir altyd gelukkig wees,” sê sy. Ek het so lekker gelag, want ai … wil ons dit nie maar almal hê nie? Daardie happily ever after?

Een van die ander mense vir wie ek my slapbankboekies leen, is vriend Kobus (67) en hy verslind behoorlik hierdie lekker liefdesverhale. Ek dink hy lees baie meer as ek. 🙂  My laaste kuiertjie by hom en sy vrou, het hy baie ontsteld gesê dat hy nou uit boeke is en sy voriges moet begin oor lees.  Nota aan self: onthou om met my volgende kuier nog boeke saam te neem. 😀

Nou vra ek weer … ontvlug jy ook in romanses? Of lees jy skelm aan daardie slapbandboekies te bang ander sien dat jy soetsappige romanses lees?

Shhht!! As jy nie gaan sê nie, gaan ek ook nie. 😉

The post Ontvlug jy ook in romanses? appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Nooi jy Vader in jou “space” in?
Foto krediet: Surene – Sonsondergang, 24 April 2021, Yzerfontein

Soms wonder ons waarom God ons sekere dinge nie gee of help waar ons hulp nodig het in ons lewens nie … ons dink daaroor, dis ‘n versugting in ons hart en ons sê dalk dis wat ons wil hê.
MAAR vra ons ooit vir Hom? Heilige Gees is ‘n ware gentleman … Hy wag dat ons Hom in nooi in ons situasie in. Ons kan nie sommer net aanvaar dat Hy gaan hulp verleen nie. Hy wag vir ons om te vra … om Hom in te nooi in ons space.
Jakobus 1:6 sê ons moet gelowig bid en nie twyfel nie.
(Joyce Meyer – gesels met God elke oggend)

En dan wil ek ook sê: as jy dalk besluit om Jakobus te gaan lees (net 6 kort hoofstukkies), lees sommer ook Ps 127 & 128 daarmee saam.
Duideliker kan God dit nie stel nie: leef en soek God se wil en jy sal blessings ontvang uit Sy hand: (1) genieting van die vrug van jou arbeid, (2) gelukkige gesinslewe, (3) ‘n lang lewe en (4) om jou nageslag (kinders se kinders) as deel van jou lewe te hê.

KAN GELD EN FISIESE RYKDOM DAAI 4 DINGE KOOP?

God is good – ALWAYS!!

The post Nooi jy Vader in jou “space” in? appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Wie is ek?
Ek is ŉ aktiewe leser en lees bykans enige iets van kinderboeke tot niefiksie, maar ek sit maklik ŉ vervelige boek neer. Tyd is te kosbaar om te mors.  Ek droom al jare oor my eie blog met geen idee waaroor ek werklik wil skryf nie. My eerste domein (woordkuns) was al meer as 10 jaar gelede geregistreer. Intussen het daar ‘n klompie dinge gebeur en het ek hierdie domain in 2022 geregistreer. En so probeer ek maar weer blog … en ja, dis seker nooit te laat om te begin nie.

Ek het eers saam met ŉ maatjie of drie geskryf, maar so het almal maar weer met hulle eie dinge besig geraak of dalk het hulle besef hier gaan hulle nie famous raak nie … nou skryf ek weer alleen.

Dis dalk presies hoe dit moes wees reg van die begin af toe ek hierdie domein geregistreer het. Ek hoop julle sal my skriffels geniet. Ek is hart en siel Afrikaans, maar ek gaan skryf soos ek praat en hoop julle sal dit nie steurend vind nie. Daar sal ook skriffels in Engels verskyn … net oor dit so móét wees. Ek het mos darem Engelse maatjies regoor die wêreld.

Bietjie meer oor myself … ek werk al sedert 1989 in finansiële afdelings in verskillende bedrywe:  van bemarking, tydskrifte, uitgewers, motorbedryf, landbou, klere, sekuriteit, ingenieurs, opleiding, versekering tot by konstruksie.  Ek het selfs al in ŉ oomblik van desperaatheid ~ of was dit waansin ~ om my inkomste tuis te genereer hof tikwerk gedoen. Dis baie alleen … jy werk in doodse stilte en al wat jy hoor is hierdie stem in jou ore wat jy op papier moet vaslê. Dis vreeslik interessant, maar depressing.

Ek is al sedert 2010 ŉ vryskut in die uitgewersbedryf en geniet elke oomblik daarvan.  Ek is betrokke by e-publikasies en oudioboeke. Wat ŉ interessante wêreld gaan vir ŉ mens oop!

Ek is ook ŉ baie aktiewe crafter en kan enige iets doen van decoupage, lapverf, mosaïek, naaldwerk, hekel, juwele maak, en so meer.  Dis geweldig duur om ŉ crafter te wees … mens koop sommer goed net oor dit mooi is en dan het jy nog geen idee wat jy daarmee gaan maak nie! Ek het al die kuns vervolmaak om voorraad te koop sonder dat my (gewese) huismaats weet.  My motor se kattebak is gróót!

In 2020 het die Corono-virus vir ons ŉ behoorlike curve ball gegooi … en ek het 50 geword!! What now, what next? Is daar nog tyd om my soul mate te ontmoet of nie? Bestaan daar werklik so iets soos dat ons elkeen ‘n soul mate het? Gaan ek my drome kan bewaarheid om my goue jare aan die Weskus deur te bring en my passie uit te leef om te gesels, lees, skryf en elke dag saam met my prins hand aan hand langs die see te stap. Net die tyd sal leer!

Intussen probeer ek weer blog, sit met ‘n kortverhaal of drie in my kop en hopelik sal hierdie jaar my skryfjaar wees.

Ek hoop julle geniet my skriffels!

Sue

The post Wie is ek? appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Die 10 gebooie van die lewe
Skrywer onbekend aan my, gevind op die wêreld wye web!

Die 10 gebooie wat ‘n mens in jou lewe behoort te volg:

1) ‘n Gebed is nie soos ‘n “spaarwiel” wat ‘n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou “stuurwiel” wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.
2) Het jy al gedink hoekom het ‘n voertuig so groot WINDSKERM en slegs ‘n klein truspieël? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So kyk vorentoe en beweeg aan.
3) Vriendskap is soos ‘n BOEK. Dit neem ‘n paar sekondes om ‘n boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.
4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan, moenie bekommer nie want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.
5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy ‘n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om te set.
6) Soms wanneer ‘n mens hoop verloor dink jy dit is die einde, GOD glimlag dan daar Bo en sê, “Kalmeer, my geliefde, dis slegs ‘n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!”
7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.
8) ‘n Blinde vra op ‘n dag vir Paulus “Is daar iets erger as om jou sig te verloor?” Paulus Antwoord “Ja, om jou visie in die lewe te verloor.”
9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.
10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

The post Die 10 gebooie van die lewe appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

WOW!
Oorspronklike skrywer onbekend

WOW!!!! DIT IS N TREFFENDE WAKE UP Call ‼️‼️‼️

Die werknemers van ‘n groot maatskappy het teruggekeer van hul ete breek en by die ingangs portaal van die kantore is hulle begroet deur ‘n kennisgewing wat lees:
“Die persoon wat jou die meeste verhinder het om te groei in die onderneming, is gister oorlede. Ons nooi jou uit na die roudiens en laaste eerbetoon wat in die gimnasium sal plaasvind vanmiddag om 16H00.”
Almal was eers vreeslik hartseer om te hoor dat een van hul kollegas afgesterwe het, maar na ‘n rukkie was almal baie nuuskierig om uit vind wie is die kollega wat oorlede is. 🤔
Die afwagting het gegroei soos wat die werknemers by die gimnasium opgedaag het om hul laaste eer te betoon aan die oorledene. Almal het gewonder wie is die persoon wat hulle die meeste verhinder het in hul groei in die onderneming en elke een het gespekuleer wie dit kan wees. Die meeste se gevoel was in elk geval, “Maak nie regtig saak wie dit is nie, ten minste is hy of sy nie meer daar nie !”
Een vir een het die werknemers nader gestaan aan die oop kis en wanneer hulle in die kis kyk was almal sprakeloos. Hulle was geskok, so asof iemand hul diepste wese aangeraak het.😱
Daar was ‘n spieël binne die kis en elkeen wat in kyk, kon sy eie refleksie in die kis bodem sien. ‘n Nota was langs die spieël aangebring wat as volg gelees het:
“Daar is slegs een persoon wat in staat is om beperkinge op jou groei te plaas: dit is JYSELF.”
Jy is die enigste een wat in staat is om jou lewe te verander. Die enigste persoon wat kan bepaal hoe gelukkig jy vandag gaan wees of hoe suksesvol. Jy is die enigste persoon wat jouself kan help of jouself belemmer om te groei.
Jou lewe verander nie as jou werkgewer verander, of jou vriende verander, of jou ouers verander, of jou lewensmaat verander of jou kinders verander nie.
Jou lewe verander slegs wanneer JY verander, wanneer jy verder strek as wat jy dink jy in staat is om te strek.
Wanneer jy glo dat jy tot alles in staat is, slegs dan eers sal jy werklik tot alles in staat wees.
Jy moet lief wees vir jouself en in jouself glo want hoe anders sal jy jou naaste kan liefhê of in jou naaste glo as jy nie in jouself glo nie.

Neem 1 skrif uit die Woord van God vandag… FIL. 4 VERS 13

JY IS TOT ALLES IN STAAT, ALLES ALLES ALLES…
DEUR JESUS CHRISTUS WAT JOU DIE KRAG GEE.

The post WOW! appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Kaapse Camino
Die Kaapse Camino is eintlik bekend as die Cape Camino en word vanaf Wellington gestap en mens kan sommer dae aaneen stap. Die oorspronklike roete is vanaf Wellington tot by Aurora en van daar is die stappers vervoer na Constantia waar hulle dan verder gestap het tot by Tafelberg, met ‘n opsionele laaste dag stap na Kampsbaai.

Die Weskus roete is nou verleng vanaf Aurora tot in Velddrif en die roete word gestap oor 7 dae. Volg gerus die skakel van die Weskus Roete om te sien waar hulle orals stap en oor bly.

Kaapse Camino kaart – vanaf Cape Camino webtuiste

Behalwe die oorspronklike roete en die Weskus-roete is daar ook ander roetes. Volg gerus die skakel na die pakkette en beplan jou eerste stap.  Ek oorweeg dit sterk om voor die einde van 2021 ‘n 2-dag stap in te pas.

Nou het ek gewonder … sal dit nie fantasties wees as die Camino vanaf Velddrif verleng word tot by die prentjie-mooi Yzerfontein nie? Just a thought …

The post Kaapse Camino appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Littekens … dag 17 van Lydenstyd 2021
EK WEET NIE WIE VIR DIE ONDERSTAANDE SKRIFFEL EN FOTO KREDIET MOET KRY NIE, maar op dag 17 van Lydenstyd 2021 sê Vader vir ons dat Hy ons nooit ooit sal laat los nie. Ek deel dit dus graag … in die hoop dat dit vir JOU iets sal beteken vandag.

‘n Paar jaar gelede, op ‘n warm somersdag in Florida, het ‘n klein seuntjie besluit om te gaan swem in die rivier agter die huis. Die rivier het so swempoel daar gevorm. In sy haas om in die koel heerlike water te kom trek hy by die agterdeur uit en jy sien net klere, skoene en kouse trek soos hy uittrek oppad water toe.

Hy duik in die water in en swem na die middel van die swempoel en sonder dat hy dit besef het die kaaiman hom opgemerk en was besig om na hom toe te swem. (Kaaiman is ‘n onderfamilie van die familie alligators en kaaimannen (Alligatoridae)

Sy ma was in die huis besig gewees en het vinnig deur die venster vir hom geloer. Met die merk sy die kaaiman wat oppad is na die seun toe. Wanhopig hardloop sy so vinnig na die water as wat sy kan en skree aan haar seun om uit die water te kom.

Met die wat hy sy ma se stem hoor besef hy daar is groot fout en hy draai om en swem so al wat hy kan na die wal toe waar sy ma is.Net toe hy sy ma bereik het die kaaiman hom ingehaal. Vanaf die boot landing gryp die ma haar klein seuntjie aan die arms net toe die kaaiman sy bene beetkry. Die was die begin van ‘n geweldige tou trekkery tussen die twee, ma aan die een kant en kaaiman aan die anderkant.

Die kaaiman was baie sterker as die ma, maar die ma was te lief vir haar kind om te los.

‘n Boer het per toeval verby gery toe hy die ma se geskree hoor. Hy het uit sy bakkie gestorm met sy geweer, aangelê en die kaaiman doodgeskiet..
Wonderbaarlik na weke en weke in die hospitaal het die klein seuntjie OORLEEF.
Sy bene het vreeslike litteken oorgehou van die aanval deur die kaaiman. Op sy arms was daar diep krapwonde waar sy moeder se naels in sy vlees ingegrou het in haar poging om vas te hou aan haar geliefde seun.

Die verslaggewer wat met die mannetjie ‘n onderhoud gevoer het, het na die onderhou gevra of hy hom sy litteken sal wys.

Die seuntjie het sy broekspype opgetrek. Maar toe, met grootse trots sê hy aan die verslaggewer, “Maar kyk na my arms. Ek het net sulke groot littekens op my arms ook. Hulle is daar omdat my ma geweier het om my te laat los.

Ek en jy kan identifiseer met die seuntjie.

Ons het ook littekens. Nee, nie van ‘n kaaiman nie, maar van ‘n pynlike verlede. Sommige van die littekens is baie onooglik en het aan ons diepe verdriet besorg. Maar, sommige van die wonde my vriend is omdat God geweier het om ons te los. Regdeur jou stryd was Hy daar en Hy het geweier om te los en jou vasgehou.

Die Skrif leer ons dat God ons liefhet.

Jy is ‘n kind van God. Hy wil jou beskerm en vir jou in alle opsigte voorsien. Maar soms, sal ons blindelings in ‘n gevaarlike situasie instorm sonder om te weet wat vir ons voorlê. Die swempoel van die lewe is vol gevare en ons vergeet dat die vyand wag om ons aan te val.
Dit is wanneer die tou trekkery begin.

As jy die littekens van Sy liefde op jou arms het wees dankbaar, baie, baie, dankbaar. Hy sal jou nooit laat los nie.

Moet nooit ‘n ander persoon se litteken veroordeel nie want jy weet nooit hoe hy dit opgedoen het nie.

The post Littekens … dag 17 van Lydenstyd 2021 appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Lydenstyd 2021 uitdaging
Lees ook gerus my Engelse skriffel met vrae en antwoorde rondom Lyndenstyd hier.

Hierdie idee het ek ‘n paar jaar gelede gesien en gedink dis nogals ‘n baie oulike idee om te volg tydens Lyndenstyd.

Sit elke dag iets in die sak wat jy nie meer gebruik nie en wat nog deur iemand anders gebruik kan word.  En aan die einde van die Lydenstyd gee jy dit af by ‘n organisasie wat hierdie tipe goed uitdeel aan mense wat dit kan gebruik.

Die iets kan nou klere, ornamente, boeke, kombuis goed, ens. wees … en dan kan jy dit afgee by ‘n liefdadigheidswinkel (hospice, charity shop) naby jou.

Foto krediet: Surene Esterhuizen

The post Lydenstyd 2021 uitdaging appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Tuisonderrig
Gedurende die laaste paar dae het daar op verskeie plekke op Facebook en ander sosiale media platforms gesprekke plaasgevind rondom tuisonderrig.

Sedert my seun in laerskool was, was daar verskeie mense van wie ek gehoor het wat hulle kinders tuisonderrig het. Op laerskool is dit seker makliker om dit te doen as op hoërskool, maar ek het nog nooit daarvoor kans gesien nie. Ek reken ek sou dit kon doen, maar geduld het ek beslis nie genoeg van om dit selfs te probeer nie.

Later het ek gehoor van heelwat hoërskool leerders wat dieselfde roete volg, maar wat dan saam met studieleiers (tutors) werk om seker te maak dat hulle darem al hulle werk verstaan.

Een van die redes waarom ek nooit so iets sou aanpak nie, is omdat ek en Wiskunde nie maats was op skool nie.  Eintlik was ek seker maar net te lui om Wiskunde te neem en het toe deur Biologie geworstel! Wat ek met Biologie sonder Wiskunde wou doen weet ek wraggies nie (dis te danke aan ‘n gebrek aan behoorlike leiding na moontlike studierigtings).

In elk geval, terug na die gesprekke rondom tuisonderrig:  Wat ontstellend is, was al die aanmerkings rondom onderwysers wat te lui is om hulle werk te doen, dat hulle kla terwyl hulle vier vakansie per jaar kry, dat hulle niks doen sedert inperking ingestel is nie. Daarmee kon ek darem nog saamleef, want daar was genoeg ouers wat opgekom het vir hulle kinders se onderwysers en die ware prentjie ingekleur het: lang ure se nasienwerk, ure se voorbereiding aan video materiaal vir aanlynklasse tydens inperking, voorbereiding vir klasse toe kinders vir korter periodes terug skooltoe is, en nog baie meer.

Die tweede ontstellende ding was die op/aanmerkings van ouers wat vermakerig vertel dat hulle maar liewers hulle eie kinders onderrig om verskeie bisarre redes, maar dan self nie behoorlik kan spel nie. O wee!! Daardie mense se kinders word deur hulle onderrig!! Hoe gaan hulle kinders deur tuisonderrig kom, sonder studieleiers, en behoorlik hulle grade deurkom as die hulp wat dan nou tuis is, nie self behoorlik opgelei is vir die taak nie?

My persoonlike mening is dat ouers wat hulle kinders tuisonderrig wil gee, ten minste self aan ‘n minimum skolastiese standaard moet voldoen voordat hulle toegelaat mag word om hulle kinders self tuis te onderrig. Indien ouers nie aan hierdie standaard voldoen nie en steeds die tuisonderrig roete wil loop, moet hulle verplig word om vir hulle kind(ers) ‘n gekwalifiseerde studieleier te kry saam met die tuisonderrig opsie wat hulle kies.

Wat help tuisonderrig jou kind as die standaard wat jy daar stel laer is as dit wat hulle in die formele skool sisteem sou kry?

Foto krediet / Photo credit: todaysparent.com

The post Tuisonderrig appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.