Die Kaapse Camino is eintlik bekend as die Cape Camino en word vanaf Wellington gestap en mens kan sommer dae aaneen stap. Die oorspronklike roete is vanaf Wellington tot by Aurora en van daar is die stappers vervoer na Constantia waar hulle dan verder gestap het tot by Tafelberg, met ‘n opsionele laaste dag stap na Kampsbaai.
Die Weskus roete is nou verleng vanaf Aurora tot in Velddrif en die roete word gestap oor 7 dae. Volg gerus die skakel van die Weskus Roete om te sien waar hulle orals stap en oor bly.

Behalwe die oorspronklike roete en die Weskus-roete is daar ook ander roetes. Volg gerus die skakel na die pakkette en beplan jou eerste stap. Ek oorweeg dit sterk om voor die einde van 2021 ‘n 2-dag stap in te pas.
Nou het ek gewonder … sal dit nie fantasties wees as die Camino vanaf Velddrif verleng word tot by die prentjie-mooi Yzerfontein nie? Just a thought …