Koekeloer & Koffiemoer – Aurora, Weskus

Jy kan nie Aurora toe gaan en nie by Koekeloer & Koffiemoer gaan inloer nie.

Op Saterdag, 20 Maart 2021, het ek die voorreg gehad om te gaan inloer by Koekeloer & Koekemoer op Aurora tydens die bekendstelling van ‘n nuwe staproete wat deel vorm van die Cape Camino.

Foto: Ançoisè Horner


Dis ‘n spik-splinternuwe koffiewinkel – Afrikaans met ‘n tikkie Franse flair. Die decòr is iets anders en ek is mal daaroor. Die eetgoed … wel, dis moeilik om in Afrikaans te sê, maar dit was to die for.

Wie is agter Koekeloer? Die pragtige, Ançoisè Horner … en sy nooi jou hartlik uit na:

“Koekeloer & Koffiemoer ons pragtige koffieshop, met ‘n tikkie Franse flair word amptelik 7 April 2021 om 10h00 geopen deur Minister Anroux Marais van die Wes Kaap. Aurora gaan nooit weer dieselfde wees nie. In die middel tussen Velddrif en Piketberg is ons juweel koffiewinkeltjie geleë. Kom koekeloer gerus en geniet ‘n glasie sjampanje met ons opening by 10 Kerkstraat, Aurora , 7325”

Koffie word bedien in ‘n een-koppie-plunger en die eetgoed gaan jy nie sommer maklik op ‘n ander plek kry nie. Dis nou werklik pikant!

Die mees dekadente eetgoed was op die tafel … Picasso Fudge, Wortelkoek, Chocolate Brownies, Secret hearts (sjokolade koek met fugde binne), Lizzy’s Sjokolade melktert, Suurlemoen kaaskoek met lemoenkoek met ‘n maaskaas en kondensmelk bo oor.

DEKADENTE SOET EETGOED … to die for