Ken jy ‘n draakvrug?

Ek weet nie van jou nie, maar ek ken dit as dragonfuit.

Waar in die wêreld kom ek nou aan ‘n draakvrug? In my soektog na ysterryke groente en vrugte het my pad met die van die draakvrug gekruis.

‘n Draakvrug is ‘n eksotiese vrug van verskeie spesies kaktusse. Die vrug is helderpienk met skubbe – die stekelrige skubbe het aanleiding gegee tot die naam: draakvrug.

Dit is inheems aan Sentraal- en Suid-Amerika, maar word ook in Asië en Noord-Australië verbou. Mens kry dit ook in Suid-Afrika te koop – ten duurste. Dit word in verskeie streke in Suid-Afrika verbou, Natalse Middelande, Kusstreke van KwaZulu Natal, Laeveld area vanaf Nelspruit tot Tzaneen, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Die grootste nuwe plantasies in Suid-Afrika is rondom Dendrom en Louis Trichardt in die Limpopo Provinsie.

Die draakvrug is nogals duur en verkoop tans vir so tussen R50 en R60 per kg.

Gebruike van die draakvrug

Dit word maklik afgeskil en die vrug kan vars, in slaaie en “smoothies” geëet word. Die vrug word ook geprosesseer in ‘n droë vrugte rol, vrugte stafies, roomys, konfyt, sap, as ‘n pulp en ook in joghurt.

Hoe om ‘n draakvrug te eet

Gesondheidswaarde van die draakvrug

Die draakvrug is hoog in vitamiene C and ander anti-oxidante en is dus baie goed vir die immuunstelsel. Dit kan beslis ook jou ystervlakke ‘n goeie “boost” gee. Yster is ongelooflik belangrik om suurstof deur jou liggaam te vervoer en om jou energie te gee. Die draakvrug is ryk aan yster. Die feit dat die draakvrug ook ryk is aan vitamiene C beteken dat die yster makliker deur jou liggaam absorbeer word.

Hoekom is die draakvrug so duur?

Dit is ‘n duur vrug omdat dit tropies is en dus nie in baie dele van die wêreld verbou word nie. Die meerderheid van die draakvrug word in Vietnam, Malaisië, Thailand en Mexico verbou.

Wanneer kan jy nié draakvrug eet nie?

Indien jy op medikasie is vir diabetes kan jy nie draakvrug eet nie. Die draakvrug verlaag jou bloedsuiker. Om dus draakvrug te eet saam met jou medikasie, kan jou bloedsuiker te laag laat raak.

Interessante smaak

Ek hou nogals van die smaak van die draakvrug wat ‘n kombinasie is tussen peer en kiwi vrug. En die bonus – dis ysterryk en dus baie goed vir ‘n mens.

PS: As jy kronies moeg raak, laat gerus jou hemoglobien check. ✔