Ek is Annette Havenga en ek dra meer as een hoed: in my regte werk dra ek ‘n wit jassie en berei jou voorskrif medisyne voor, maar my passie lê in die media-wêreld waar ek my self behoorlik kan uitleef. Blogger, skrywer, aktrise, radio omroeper en gasspreker – my stokperdjies en passie!

Ek sou graag meer wou reis en droom daarvan om New York te besoek.
Tuis ondersteun manlief Johan, my liefling-dogter Chanté en ons vier-potige kinders, Tyson en Codi my onvoorwaardelik!

In die laaste paar maande het ek meer betrokke geraak in die entertainment deel van joernalistiek en ek geniet elke oomblik daarvan. Ek love skryf! Soos die meeste ander aspirant-skrywers wil ek ook ‘n lekker roman skryf – een met skop! Nou saam met Elsa Winckler en ‘n span ander skrywers, kry ek die geleentheid.
In 2019 het nog ‘n droom waar geword – ek het die hoofkarakter vertolk in ‘n toneelstuk! En daar is nog sulke dinge in die pyplyn vir 2020.
Watch this space! Watch this girl!