Selma en Louise

Selma en Louise is al veertig jaar vriendinne. Maar selfs beste vriendinne weet nie alles van mekaar nie.  Die hartseer in Selma se lewe ruk haar voete so onder haar uit dat sy op die eerste, beste vliegtuig wil klim. Sy wil net wegkom en sy vlug Indië toe om haarself weer te vind.  Haar hartsvriendin volg haar om haar emosioneel by te staan, maar sy vind uit dat sy nie alles van Louise weet nie. En vergifnis? Is dit moontlik?

Soos al Susan se boeke skryf sy onderhoudend en só dat jy nie die boek kan of wil neersit nie.  Jy moet net aanhou lees. Die tema is so oud soos die berge … ’n vrou in haar liefde verraai, maar met ’n twist.  Sy doen selfondersoek; soek soos alle vroue die foute by haarself. Die karakter van die man is so far fetched dat mens wonder kan iemand werklik só ’n onderduimse karakter uitdink? Die teenvraag is scary verby:  Bestaan daar dalk werklik sulke mense soos hy?

Maar ek wil nie te veel weggee nie … dis ’n móét-lees boek! Susan Coetzer op haar beste.