Dag 13 – Vroue-maand 2020

deur Surene Esterhuizen

Elke vrou is bietjie ek-tyd aan haarself verskuldig. Ek het die langnaweek wat verby is bietjie tyd vir myself gevat. Ek het beplan om baie te stap en te lees, maar ek het omtrent net baie geslaap en geëet! Dit was nie noodwendig sleg vir my menswees nie, net die skaal het geprotesteer.

Mens hoef egter nie weg te gaan om bietjie ek-tyd te vat nie. Jy kan sommer net vir jouself bederf deur jou hare te laat was en knip by ’n haarsalon, dalk so bietjie kleur by te sit. Of gaan sit rustig en laat jou naels doen.

Daardie dae wat jy af voel, probeer net so bietjie maskara en lipstiffie – dit sal sommer jou moraal ook lig. Of maak ’n koffie-afspraak met een van jou vriendinne! Jy sal weet watter daardie oomblik reg vir jou gemoed sal wees!

Ek-tyd is totaal en al underrated. Alle vroue ~ of jy nou iemand se Mamma is, iemand se vrou is of sterk staan in die korporatiewe wêreld ~ skuld dit vir hulself. Een ding wat ek elke maand vir myself doen, is ’n lekker bederf vir my naels!

Wat is jou perfekte ek-tyd-oomblik?