deur Surene Esterhuizen
Wanneer laas het jy iets vir die eerste keer gedoen? Sowat twee jaar gelede het ek vir die eerste gewaag om ‘n motorfiets ‘n ry. Nogals ‘n bietjie vreesaanjaend gewees.
Sowat ‘n week gelede is ek gechallenge om ‘n video clip te maak oor “Vrouwees in uitdagende tye”. Nou ja, net die versoek alleen het my die bewerasies laat kry. Maar uiteindelik was my 177ste poging die mees suksesvolle van die lot en ek moes dit vinnig stuur voordat ek van plan kon verander. 🤭 Vandag is dus ‘n eerste vir my om ‘n video te post!
Ek deel hieronder ‘n paar skakels van my Sussies wat ook almal hulle stukkies oor “Vrouwees in uitdagende tye” op ons kerk se Facebook blad gedeel het. Volg gerus die skakels en verkwik jou siel.
God sal jou dra – Annette Muller Die lammetjie en die leeu – Lorraine Cilliers Fokus op Jesus – Zoë Grobler
Verskeie kante van vrouwees – Jenny Strydom Vrouwees is soos dinamiet – Adri Beneke God ken jou naam – Surene Esterhuizen Psalm 91 … elke dag – Seline Kasner
When life gives you lemons, make lemonade – Marinda van Wyk Vat mekaar se hande – Philna Marsh Ons kan uitdagende tye oorwin – Sonja de Vries