Dag 10 – 125 dae van dankbaarheid

deur Didi Cooke

Dis vandag vir my verskriklik erg om tussen mense te wees wat baie negatief is, elke dag van hulle lewe, wat nooit die positiewe kan raaksien nie. Ek kan getuig dat die Here vir my ʼn hart kom gee het wat 90% van die kere die glas half vol sien en nie half leeg nie. Ek probeer altyd die silwer rand om die donker wolk raak te sien. Dit help my ook om eerder vir die positiewe in mense te soek as om net die negatiewe raak te sien, want as jy foute gaan soek gaan jy hordes kry. As jy die mooi gaan soek en raaksien, smelt die mooi al die negatiewe weg.

Ek is dankbaar dat ek altyd positief kan en wil wees. Ek challenge jou om vandag positiwiteit te kies omdat jy kan!