Lesersindruk: Wanneer die krieke stil word

Lesersindruk: Hierdie boek moes ek twee maal lees, want ek wou seker maak ek neem alles in. Ek is seker ek sal dit op ‘n later geleentheid weer lees. Wanneer die krieke stil word uitgegee deur Naledi Uitgewers , geskryf deur Petro Kotze-Odendaal is ‘n sielsboek. ‘n Boek wat jou sal laat besef hoeveel jy het om voor dankbaar te wees. Jy mag dalk wens dat jy Read More

Dag 72 – 125 dae van dankbaarheid

deur Reneé Smit Dankbaarheid – dit bly ‘n woord gevul met soveel diepte. ‘n Woord wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. ‘n Woord wat maklik gesê word, maar soms min oor gedink word. Soms wanneer ek wakker word is ek soooo moeg dat ek my kop net onder die komberse wil indruk… En dan wil ek net wees… En Read More

Dag 71 – 125 dae van dankbaarheid

deur Surene Esterhuizen Op 8 September 2020 het ek baie entoesiasties my eerste skriffel gedeel oor dankbaarheid … saam met ses ander dames. Ek het gedink dit gaan maklik wees as elkeen van ons slegs een keer ‘n week ietsie gaan deel waarvoor ons dankbaar is en dat ons dan sommer tjoef-tjaf op 10 Januarie 2021 ons 125ste skriffel sou Read More

Dag 45 – 125 dae van dankbaarheid

deur Surene Esterhuizen Dis ‘n baie moeilike bietjie meer as twee weke wat verby is, maar vandag wil ek DANKIE, VADER sê vir my ondersteuningsnetwerk wat Vader my gegee het! Sonder dít sou ek gevou het! DANKIE dat ek dit steeds het, want die moeilike tyd is nog nie verby nie, maar met U krag kán ek!!

Dag 44 – 125 dae van dankbaarheid

deur Surene Esterhuizen My 50ste verjaardag het ek vir myself heel anders voorgestel! Believe it or not … ek het actually daarna uitgesien om 50 te word. Nie hieroor of qdaaroor nie, maar omdat ek ‘n gesonde lewe kan vier! Omdat dit vandag ‘n voorreg is om ouer te word. Ek het nie gedink dat ek vandag my Boeta van Read More

Dag 40 – 125 dae van dankbaarheid

deur Surene Esterhuizen Dankie Jesus vir my wonderlike seun, Sean Lee. U het my beyond measure geseën die dag toe U hom vir my gegee het. Ek is so trots om sy ma te mag wees. Dankie dat U my met hom vertrou het. Mag hy altyd ‘n blessing vir my bly en mag hy al daardie profesieë wat al Read More

Dag 29 – 125 dae van dankbaarheid

deur Reneé Smit Gemeenskap van gelowiges … Samesyn van vriende … Gister was weer sulke tyd. Vanwee die gewraakte C-woord kan daar nie naweek retreats gedoen word nie. Maar niks verhoed ‘n klomp vroue om bymekaar te kom nie. Dis ‘n dag retreat! Die dinge word vinnig gereël en Saterdag oggend vroeg ry ons deur Stellenbosch toe. Ek en ‘n Read More

Dag 28 – 125 dae van dankbaarheid

deur Leoné Mostert Ah. Vandag is ek dankbaar vir my werk. Ek het hier in die middel van die hard lockdown besluit om my eie besigheid te laat registreer.  Eerstens, is ek dankbaar vir my Pa wat jare gelede ’n beslotekorporasie vir my eenkant gehou het, sodat ek iets daarmee kon doen as ek sou wou. Mens kry mos nie Read More

Dag 27 – 125 dae van dankbaarheid

deur Marinda van Wyk Ek is ewig dankbaar vir julle vroue, sussies in Jesus, hartsvriendinne, geesgenote in Christus, omgee vriendinne, met wie ek my kan vereenselwig, mee kan identitifiseer, en wie met my kan identitifiseer. Gister was daar onverwags ‘n plekkie vir my by ‘n dag retreat, en dadelik het my suster my gekontak: kom saam.  ‘n Vriendin het beaam, Read More

Dag 26 – 125 dae van dankbaarheid

deur Surene Esterhuizen Dis vandag dag 191 sedert inperking begin het. Ek is so dankbaar dat al kan ons nie ons jaarlikse naweek retreat hou nie, kan ons wel vandag ’n dag retreat hê saam met ons sussies, bekend en onbekend! Vandag mis ek ’n hele paar dames hier, maar ek GLO dat volgende jaar dié tyd hou ons weer Read More

Dag 23 – 125 dae van dankbaarheid

deur Leoné Mostert Vandag is ek dankbaar vir my geloof. Ek sit nie elke Sondag voor in die kerk nie. Ek is nie iemand wat Jesus voor en agter nie, want ek het in ‘n gemeente grootgeword waar dáárdie mense die ergste mense was. Goeie voorbeeld: die oom wat voor Sondagskool voor in die kerk gestaan en vir ons gesing Read More

Dag 20 – 125 dae van dankbaarheid

deur Surene Esterhuizen Vandag is ek dankbaar dat ek ‘n heerlike naweek van rus agter die rug het en dat ek heerlik kon kuier saam met vriende wat op dieselfde golf lengte as ek is. Kobus wat ons vier vrouens vermaak met die heerlikste staaltjies van hulle reise van hoe hulle verdwaal tot hoe Vader ingryp! WOW oomblikke. Onbevange gelag Read More

Dag 19 – 125 dae van dankbaarheid

deur Leoné Mostert Op die 16de September sit en heeldag angstig en wag vir my doktersafspraak. Man, jy kon met my toor. Ek was bitter nervous.  Ek scroll vir die 300ste keer deur Facebook en Instagram en woeps, lui my foon. “Carley”. Carley? Hoekom bel sy my? Ons het jare laas gesels en mekaar nog meer jare laas gesien. Carley Read More

Dag 15 – 125 dae van dankbaarheid

deur Leoné Mostert Weet jy wat is dankbaar? The real deal, diep dankbaar? Vandag ervaar ek dit in soveel oorvloed dat ek eintlik voel asof ek afblaas. Asof die berg wat op my skouers was, weg is. So dankbaar is ek, dat ek eintlik net wil tjank. Na my diagnose met my long storie vroeër hierdie jaar, was ek baie Read More

Dag 13 – 125 dae van dankbaarheid

deur Marinda van Wyk Die Bybel sê: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van ons verwag. (1 Tes 5:18) Vandag is ek dankbaar vir dinge wat mens soms so vanselfsprekend aanneem, daardie dinge wat jou eers ontneem moet word voor jy regtig dit waardeer.Ek is dankbaar vir elke nag van soete slaap, dat Read More