deur Leoné Mostert
Weet jy wat is dankbaar? The real deal, diep dankbaar? Vandag ervaar ek dit in soveel oorvloed dat ek eintlik voel asof ek afblaas. Asof die berg wat op my skouers was, weg is. So dankbaar is ek, dat ek eintlik net wil tjank.
Na my diagnose met my long storie vroeër hierdie jaar, was ek baie ontsteld. Ek was bang en ek was so siek soos ’n hond. Ek sal eendag nog die hele verhaal vertel. Die spesialis het aan my verduidelik dat ek op hectic medikasie sal moet gaan vir ten minste ses maande. Dit was my idee van die hel. Dit was amper erger as die siekte self.
Hier sit ek vandag, ses maande later. Die dokter het gemik dat ek 80% longfunksie sal hê. Dit sou die ultimate prys wees na behandeling, maar tot almal se verbasing het ek 117% longfunksie (longkapasiteit if you will)! Ek voel of ek die flippen Lotto gewen het!
Ja, daar is permanente skade aan my longe en op die plate lyk dit freaky, maar ek is genees. Heeltemal. Totaal en al. My longe was in ’n oorlog, maar daar is nie ’n enkele verdere teken van die nare siekte self nie.
Ek is dankbaar vir elke liewe persoon se ondersteuning, hulp en moed inpraat. As ek name moet begin noem, gaan hierdie skriffel lank raak. Bo alles, dankie liewe Heer vir U ongelooflike genade en helende hand en dat ek betyds gehelp kon word. Anders sou ek nie nou hier kon sit en tik nie, maar daisies gepush het.
Dankie, dankie, dankie vir tweede kanse, liewe Vader en dat U vir my ’n fighting spirit gegee het. Dis die derde keer wat ek en die dood tango, maar ek oorwin elke keer.
My work here, is clearly not done.