deur Nicolene van der Mescht
La di da!
Vanoggend sing ek, my hart jubel en juig. Al slaap ek eintlik nog, ek sal my hart oortuig dat ek dankbaar is!
My oë is nog toe, die seisoen wat verander kan ek in my liggaam voel. Elkeen in my huis se slaap patrone verander sommer saam met die seisoen!
Ek dink my voëltjies in Goodwood is gebreek … hul begin dan al drie uur in die oggend te sing!?
Nee, laat hul vir my ‘n voorbeeld wees! Daars altyd iets om oor dankbaar te wees.
Dis net die Here wat ons tyd bepaal, Hy maak ons wakker elke oggend. ‘n Splinternuwe dag vol van nuwe hoop en genade van Hom.
Vandag is ek dankbaar vir oggend vars sonstrale. En die lied in my hart. Ek’s dankbaar vir die wysheid wat die Here my gee opnuut elke dag.