Dag 29 – 125 dae van dankbaarheid

deur Reneé Smit

Gemeenskap van gelowiges … Samesyn van vriende …

Gister was weer sulke tyd. Vanwee die gewraakte C-woord kan daar nie naweek retreats gedoen word nie. Maar niks verhoed ‘n klomp vroue om bymekaar te kom nie.

Dis ‘n dag retreat! Die dinge word vinnig gereël en Saterdag oggend vroeg ry ons deur Stellenbosch toe. Ek en ‘n pel. My ander pellie kry ons daar. Die weer is heerlik en die son skyn. Toe ons by Simonsberg aankom kan ek nie gou genoeg uit die kar klim om te begin groet nie. Soveel dames wat ek lanklaas gesien het. Soveel praat om in te haal.

Daar is ‘n buzz tussen die girls en in die lug. Jy word verwelkom soos ‘n ou geliefde, jy voel tuis en jy voel veilig. Tevrede en gelukkig. Ek sien en voel die abundance en liefde tussen almal.