deur Leoné Mostert
Ah. Vandag is ek dankbaar vir my werk. Ek het hier in die middel van die hard lockdown besluit om my eie besigheid te laat registreer.
Eerstens, is ek dankbaar vir my Pa wat jare gelede ’n beslotekorporasie vir my eenkant gehou het, sodat ek iets daarmee kon doen as ek sou wou. Mens kry mos nie meer BK’s nie, tensy jy een besit van way back. Vir regsdoeleindes, is ’n BK ’n heerlike ding om te hê.
Wat ek doen vir ’n lewe is complicated en ek gaan jou verveel as ek nou daaroor moet skryf, maar ek doen dit al amper 10 jaar vir my ouers se besigheid. Ek het net gevoel die tyd is nou reg om hierdie ding voluit te vat. Lockdown het my oorgenoeg tyd gegee om die ding heeltemal aanmekaar te slaan op die regte manier. En daar gebeur dit. Die besigheid kry kliënte. Die werk begin in stroom.
Ek is so dankbaar dat ek van die huis kan werk en steeds alles kan doen vir my dogtertjie. Om vir jouself te werk beteken dat jy baie selfdissipline moet hê, want dis maklik om dinge vir ’n ander dag te los. Ek is dankbaar vir die toegewydheid wat iewers in my ingeprent is as kind. Ek is verskriklik dankbaar vir Heini wat die website ontwerp en verfyn het en die besigheid super proffesioneel laat lyk. Ook is ek dankbaar dat hy my elke dag met alles uithelp. Ek is dankbaar vir elke persoon wat die besigheid help bemark het, want word of mouth is maar die beste manier.
Ek is eintlik net só dankbaar dat ek ’n werk het! Iets wat ek baie lank begeer het, waarvan ek ontneem was, maar nou die geleentheid het om volstoom ’n sukses van my lewe te maak en daardie voorbeeld vir my dogtertjie te stel … net soos my ouers dit vir my gedoen het.